Soera Al-Hadid — The Iron
Soera Al-Hadid (The Iron) — 57/114 · 29 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
سَبَّحَ لِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۖ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ
Wat daar ook al in die hemele en op aarde is, verheerlik Allah, en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse
Ayah 1لَهُۥ مُلۡكُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۖ يُحۡيِۦ وَيُمِيتُۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءࣲ قَدِيرٌ
Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy gee lewe en ook die dood; en Hy het mag oor alle dinge
Ayah 2هُوَ ٱلۡأَوَّلُ وَٱلۡأٓخِرُ وَٱلظَّٰهِرُ وَٱلۡبَاطِنُۖ وَهُوَ بِكُلِّ شَيۡءٍ عَلِيمٌ
Hy is die Eerse en die Laaste, die Openbaring en die Verbor- gene; Hy het kennis van alle dinge
Ayah 3هُوَ ٱلَّذِي خَلَقَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ فِي سِتَّةِ أَيَّامࣲ ثُمَّ ٱسۡتَوَىٰ عَلَى ٱلۡعَرۡشِۖ يَعۡلَمُ مَا يَلِجُ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَمَا يَخۡرُجُ مِنۡهَا وَمَا يَنزِلُ مِنَ ٱلسَّمَآءِ وَمَا يَعۡرُجُ فِيهَاۖ وَهُوَ مَعَكُمۡ أَيۡنَ مَا كُنتُمۡۚ وَٱللَّهُ بِمَا تَعۡمَلُونَ بَصِيرࣱ
Dit is Hy wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag bevestig. Hy weet wat in die aarde ingaan en wat daaruit voortkom, en wat uit die hemel afkom en wat daarnatoe opstyg. En Hy is saam met julle waar julle ook al mag wees. En Allah sien alles wat julle doen
Ayah 4لَّهُۥ مُلۡكُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ وَإِلَى ٱللَّهِ تُرۡجَعُ ٱلۡأُمُورُ
Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde; en na Allah word alle dinge teruggebring
Ayah 5يُولِجُ ٱلَّيۡلَ فِي ٱلنَّهَارِ وَيُولِجُ ٱلنَّهَارَ فِي ٱلَّيۡلِۚ وَهُوَ عَلِيمُۢ بِذَاتِ ٱلصُّدُورِ
Hy laat die nag in die dag oorgaan, en die dag in die nag. En Hy weet wat in die harte omgaan
Ayah 6ءَامِنُواْ بِٱللَّهِ وَرَسُولِهِۦ وَأَنفِقُواْ مِمَّا جَعَلَكُم مُّسۡتَخۡلَفِينَ فِيهِۖ فَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ مِنكُمۡ وَأَنفَقُواْ لَهُمۡ أَجۡرࣱ كَبِيرࣱ
Glo in Allah en Sy Boodskapper, en bestee van dít waarvan Hy julle erfgename gemaak het. Diegene van julle wat dan glo en bestee, vir julle is daar ’n groot beloning
Ayah 7وَمَا لَكُمۡ لَا تُؤۡمِنُونَ بِٱللَّهِ وَٱلرَّسُولُ يَدۡعُوكُمۡ لِتُؤۡمِنُواْ بِرَبِّكُمۡ وَقَدۡ أَخَذَ مِيثَٰقَكُمۡ إِن كُنتُم مُّؤۡمِنِينَ
Om watter rede wil julle nie in Allah glo nie? En die Bood- skapper nooi julle uit om in julle Heer te glo, en Hy het julle verbond inderdaad aangeneem, indien julle gelowiges is
Ayah 8هُوَ ٱلَّذِي يُنَزِّلُ عَلَىٰ عَبۡدِهِۦٓ ءَايَٰتِۭ بَيِّنَٰتࣲ لِّيُخۡرِجَكُم مِّنَ ٱلظُّلُمَٰتِ إِلَى ٱلنُّورِۚ وَإِنَّ ٱللَّهَ بِكُمۡ لَرَءُوفࣱ رَّحِيمࣱ
Dit is Hy wat duidelike tekens na Sy dienaar afstuur, sodat hy julle uit die duisternis in die lig mag bring. En waarlik, Allah is Liefderyk, Genadevol teenoor julle
Ayah 9وَمَا لَكُمۡ أَلَّا تُنفِقُواْ فِي سَبِيلِ ٱللَّهِ وَلِلَّهِ مِيرَٰثُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ لَا يَسۡتَوِي مِنكُم مَّنۡ أَنفَقَ مِن قَبۡلِ ٱلۡفَتۡحِ وَقَٰتَلَۚ أُوْلَٰٓئِكَ أَعۡظَمُ دَرَجَةࣰ مِّنَ ٱلَّذِينَ أَنفَقُواْ مِنۢ بَعۡدُ وَقَٰتَلُواْۚ وَكُلࣰّ ا وَعَدَ ٱللَّهُ ٱلۡحُسۡنَىٰۚ وَٱللَّهُ بِمَا تَعۡمَلُونَ خَبِيرࣱ
En wat makeer julle dan dat julle nie in die weg van Allah bestee nie? En aan Allah behoort die erfenis van die hemele en die aarde. Diegene van julle wat vóór die Oorwinning bestee het en geveg het, is nie gelyk nie, maar hoër in rang as hulle wat daarná bestee het en geveg het. En Allah het goed aan almal belowe. En Allah is Bewus van wat julle doen
Ayah 10مَّن ذَا ٱلَّذِي يُقۡرِضُ ٱللَّهَ قَرۡضًا حَسَنࣰ ا فَيُضَٰعِفَهُۥ لَهُۥ وَلَهُۥٓ أَجۡرࣱ كَرِيمࣱ
Wie sal vir Allah ’n goeie lening aanbied? ~ Hy sal dit dan vir hom verdubbel, en hy sal ’n voortreflike beloning kry
Ayah 11يَوۡمَ تَرَى ٱلۡمُؤۡمِنِينَ وَٱلۡمُؤۡمِنَٰتِ يَسۡعَىٰ نُورُهُم بَيۡنَ أَيۡدِيهِمۡ وَبِأَيۡمَٰنِهِمۖ بُشۡرَىٰكُمُ ٱلۡيَوۡمَ جَنَّٰتࣱ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ خَٰلِدِينَ فِيهَاۚ ذَٰلِكَ هُوَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡعَظِيمُ
Op daardie Dag sal u die gelowige mans en die gelowige vroue sien; hulle lig sal voor hulle en aan hulle regterhand uitstraal. Goeie nuus vir julle bring hierdie Dag: Tuine waardeur riviere vloei, waarin julle sal bly! Dít is die grootste sukses
Ayah 12يَوۡمَ يَقُولُ ٱلۡمُنَٰفِقُونَ وَٱلۡمُنَٰفِقَٰتُ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْ ٱنظُرُونَا نَقۡتَبِسۡ مِن نُّورِكُمۡ قِيلَ ٱرۡجِعُواْ وَرَآءَكُمۡ فَٱلۡتَمِسُواْ نُورࣰ اۖ فَضُرِبَ بَيۡنَهُم بِسُورࣲ لَّهُۥ بَابُۢ بَاطِنُهُۥ فِيهِ ٱلرَّحۡمَةُ وَظَٰهِرُهُۥ مِن قِبَلِهِ ٱلۡعَذَابُ
Op die Dag wanneer die huigelagtige mans en vroue aan die gelowiges sal sê: Wag op ons, sodat ons van julle lig kan leen, sal gesê word: Gaan terug en soek lig. Dan sal ’n muur met ’n deur daarin tussen hulle opgerig word. Aan die binnekant sal barmhartigheid wees, en aan die buitekant sal straf wees
Ayah 13يُنَادُونَهُمۡ أَلَمۡ نَكُن مَّعَكُمۡۖ قَالُواْ بَلَىٰ وَلَٰكِنَّكُمۡ فَتَنتُمۡ أَنفُسَكُمۡ وَتَرَبَّصۡتُمۡ وَٱرۡتَبۡتُمۡ وَغَرَّتۡكُمُ ٱلۡأَمَانِيُّ حَتَّىٰ جَآءَ أَمۡرُ ٱللَّهِ وَغَرَّكُم بِٱللَّهِ ٱلۡغَرُورُ
Hulle sal tot die gelowiges roep: Was ons nie saam met julle nie? Hulle sal sê: Ja, maar julle het in die versoeking verval, en julle het gewag en getwyfel en julle ydele begeertes het julle bedrieg, en toe het die dreigende straf gekom; die aartsbedrieër het julle waarlik omtrent Allah bedrieg
Ayah 14فَٱلۡيَوۡمَ لَا يُؤۡخَذُ مِنكُمۡ فِدۡيَةࣱ وَلَا مِنَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْۚ مَأۡوَىٰكُمُ ٱلنَّارُۖ هِيَ مَوۡلَىٰكُمۡۖ وَبِئۡسَ ٱلۡمَصِيرُ
Vandag dan, sal geen losprys van julle aangeneem word nie, en ook nie van die ongelowiges nie. Julle verblyf is in die Vuur; boos is julle beskermheer, en boos die bestemming
Ayah 15۞أَلَمۡ يَأۡنِ لِلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ أَن تَخۡشَعَ قُلُوبُهُمۡ لِذِكۡرِ ٱللَّهِ وَمَا نَزَلَ مِنَ ٱلۡحَقِّ وَلَا يَكُونُواْ كَٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ مِن قَبۡلُ فَطَالَ عَلَيۡهِمُ ٱلۡأَمَدُ فَقَسَتۡ قُلُوبُهُمۡۖ وَكَثِيرࣱ مِّنۡهُمۡ فَٰسِقُونَ
Het die tyd nog nie aangebreek dat die gelowiges hulle harte sal verootmoedig oor die oordenkinge van Allah en die Waarheid wat geopenbaar is nie? En dat hulle nie moet wees soos diegene aan wie die Boek voorheen gegee is nie? Maar die tyd is vir hulle verleng; daarom het hulle hul harte verhard. En die meeste van hulle is oortreders
Ayah 16ٱعۡلَمُوٓاْ أَنَّ ٱللَّهَ يُحۡيِ ٱلۡأَرۡضَ بَعۡدَ مَوۡتِهَاۚ قَدۡ بَيَّنَّا لَكُمُ ٱلۡأٓيَٰتِ لَعَلَّكُمۡ تَعۡقِلُونَ
Weet dan Allah die aarde laat herlewe ná sy dood. Inderdaad het Ons die tekens vir julle verduidelik sodat julle kan verstaan
Ayah 17إِنَّ ٱلۡمُصَّدِّقِينَ وَٱلۡمُصَّدِّقَٰتِ وَأَقۡرَضُواْ ٱللَّهَ قَرۡضًا حَسَنࣰ ا يُضَٰعَفُ لَهُمۡ وَلَهُمۡ أَجۡرࣱ كَرِيمࣱ
Die mans wat offergawes gee en die vroue wat offergawes gee en ’n goeie lening vir Allah aanbied, vir hulle sal dit verdubbel word, en vir hulle is daar ’n voortreflike beloning
Ayah 18وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ بِٱللَّهِ وَرُسُلِهِۦٓ أُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلصِّدِّيقُونَۖ وَٱلشُّهَدَآءُ عِندَ رَبِّهِمۡ لَهُمۡ أَجۡرُهُمۡ وَنُورُهُمۡۖ وَٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَكَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِنَآ أُوْلَٰٓئِكَ أَصۡحَٰبُ ٱلۡجَحِيمِ
Hulle wat in Allah en Sy boodskappers glo, hulle is die opregtes en die martelaars in die oë van hulle Heer. Hulle sal hulle beloning en hulle lig ontvang. En hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens verwerp het, hulle is die bewoners van die Hel
Ayah 19ٱعۡلَمُوٓاْ أَنَّمَا ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَا لَعِبࣱ وَلَهۡوࣱ وَزِينَةࣱ وَتَفَاخُرُۢ بَيۡنَكُمۡ وَتَكَاثُرࣱ فِي ٱلۡأَمۡوَٰلِ وَٱلۡأَوۡلَٰدِۖ كَمَثَلِ غَيۡثٍ أَعۡجَبَ ٱلۡكُفَّارَ نَبَاتُهُۥ ثُمَّ يَهِيجُ فَتَرَىٰهُ مُصۡفَرࣰّ ا ثُمَّ يَكُونُ حُطَٰمࣰ اۖ وَفِي ٱلۡأٓخِرَةِ عَذَابࣱ شَدِيدࣱ وَمَغۡفِرَةࣱ مِّنَ ٱللَّهِ وَرِضۡوَٰنࣱۚ وَمَا ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَآ إِلَّا مَتَٰعُ ٱلۡغُرُورِ
Weet dan dat die lewe van hierdie wêreld maar net ’n spel en vermaak en vrolikheid, en ’n gespog onder mekaar en ’n wedywering in die vermeerdering van rykdom en kinders is. Dit is soos reën, wat die kwekers trots laat voel op hulle landerye. Daarna verlep dit, en julle sien dit geel word, en dit word kaf. En in die Hiernamaals is ’n streng kastyding ~ maar ook vergifnis ~ van Allah, en Sy welbehae. En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n bron van bedrog
Ayah 20سَابِقُوٓاْ إِلَىٰ مَغۡفِرَةࣲ مِّن رَّبِّكُمۡ وَجَنَّةٍ عَرۡضُهَا كَعَرۡضِ ٱلسَّمَآءِ وَٱلۡأَرۡضِ أُعِدَّتۡ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْ بِٱللَّهِ وَرُسُلِهِۦۚ ذَٰلِكَ فَضۡلُ ٱللَّهِ يُؤۡتِيهِ مَن يَشَآءُۚ وَٱللَّهُ ذُو ٱلۡفَضۡلِ ٱلۡعَظِيمِ
Wedywer dan om die vergifnis van julle Heer en vir die Paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in Allah en Sy boodskappers glo. Dít is die genade van Allah; Hy gee dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid
Ayah 21مَآ أَصَابَ مِن مُّصِيبَةࣲ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَا فِيٓ أَنفُسِكُمۡ إِلَّا فِي كِتَٰبࣲ مِّن قَبۡلِ أَن نَّبۡرَأَهَآۚ إِنَّ ذَٰلِكَ عَلَى ٱللَّهِ يَسِيرࣱ
Daar gebeur geen ongeluk op die aarde of met julle nie, of dit is in ’n boek aangeteken nog voordat Ons dit in die lewe roep ~ voorwaar, dit is maklik vir Allah
Ayah 22لِّكَيۡلَا تَأۡسَوۡاْ عَلَىٰ مَا فَاتَكُمۡ وَلَا تَفۡرَحُواْ بِمَآ ءَاتَىٰكُمۡۗ وَٱللَّهُ لَا يُحِبُّ كُلَّ مُخۡتَالࣲ فَخُورٍ
sodat julle nie moet treur oor wat julle verloor het nie, of juig oor wat Hy julle gegee het nie. En Allah het die verwaande grootprater nie lief nie
Ayah 23ٱلَّذِينَ يَبۡخَلُونَ وَيَأۡمُرُونَ ٱلنَّاسَ بِٱلۡبُخۡلِۗ وَمَن يَتَوَلَّ فَإِنَّ ٱللَّهَ هُوَ ٱلۡغَنِيُّ ٱلۡحَمِيدُ
ook nie dié wat suinig is of wat die mense aanspoor om suinig te wees nie. En wie ook al wegdraai, voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, die Lofwaardige
Ayah 24لَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا رُسُلَنَا بِٱلۡبَيِّنَٰتِ وَأَنزَلۡنَا مَعَهُمُ ٱلۡكِتَٰبَ وَٱلۡمِيزَانَ لِيَقُومَ ٱلنَّاسُ بِٱلۡقِسۡطِۖ وَأَنزَلۡنَا ٱلۡحَدِيدَ فِيهِ بَأۡسࣱ شَدِيدࣱ وَمَنَٰفِعُ لِلنَّاسِ وَلِيَعۡلَمَ ٱللَّهُ مَن يَنصُرُهُۥ وَرُسُلَهُۥ بِٱلۡغَيۡبِۚ إِنَّ ٱللَّهَ قَوِيٌّ عَزِيزࣱ
Ons het sekerlik Ons boodskappers met duidelike bewyse gestuur, en ’n Boek en die maatstaf aan hulle saamgegee sodat
Ayah 25وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا نُوحࣰ ا وَإِبۡرَٰهِيمَ وَجَعَلۡنَا فِي ذُرِّيَّتِهِمَا ٱلنُّبُوَّةَ وَٱلۡكِتَٰبَۖ فَمِنۡهُم مُّهۡتَدࣲۖ وَكَثِيرࣱ مِّنۡهُمۡ فَٰسِقُونَ
En inderdaad het Ons Noag en Abraham gestuur, en Ons het die profeetskap aan hulle nageslag gegee; onder hulle dan is dié wat die regte pad bewandel, maar die meeste van hulle is oortreders
Ayah 26ثُمَّ قَفَّيۡنَا عَلَىٰٓ ءَاثَٰرِهِم بِرُسُلِنَا وَقَفَّيۡنَا بِعِيسَى ٱبۡنِ مَرۡيَمَ وَءَاتَيۡنَٰهُ ٱلۡإِنجِيلَۖ وَجَعَلۡنَا فِي قُلُوبِ ٱلَّذِينَ ٱتَّبَعُوهُ رَأۡفَةࣰ وَرَحۡمَةࣰۚ وَرَهۡبَانِيَّةً ٱبۡتَدَعُوهَا مَا كَتَبۡنَٰهَا عَلَيۡهِمۡ إِلَّا ٱبۡتِغَآءَ رِضۡوَٰنِ ٱللَّهِ فَمَا رَعَوۡهَا حَقَّ رِعَايَتِهَاۖ فَـَٔاتَيۡنَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ مِنۡهُمۡ أَجۡرَهُمۡۖ وَكَثِيرࣱ مِّنۡهُمۡ فَٰسِقُونَ
Daarna het Ons die boodskappers in hulle voetspore laat volg; en Ons het Jesus, die seun van Maria, hulle laat opvolg, en Ons het hom die Evangelie gegee. En Ons het sagmoedigheid en barmhartigheid in die harte geplaas van diegene wat hom gevolg het. Maar die kloosterwese, dit het hulle as ’n nuwigheid ingevoer ~ Ons het dit nie vir hulle voorgeskryf nie ~ om die welbehae van Allah te soek, maar hulle het dit nie met die regte gesindheid nagestreef nie. Daarom het Ons aan diegene van hulle wat geglo het, hulle beloning gegee, maar die meeste van hulle is oortreders
Ayah 27يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ ٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَءَامِنُواْ بِرَسُولِهِۦ يُؤۡتِكُمۡ كِفۡلَيۡنِ مِن رَّحۡمَتِهِۦ وَيَجۡعَل لَّكُمۡ نُورࣰ ا تَمۡشُونَ بِهِۦ وَيَغۡفِرۡ لَكُمۡۚ وَٱللَّهُ غَفُورࣱ رَّحِيمࣱ
Ojullegelowiges! Weesbewusvan Allah, engloin Sy Boodskapper ~ Hy sal julle twee aandele in Sy barmhartigheid gee, en julle ’n lig verskaf waarmee julle sal loop, en julle vergewe. En Allah is Vergewensgesind, Genadig
Ayah 28لِّئَلَّا يَعۡلَمَ أَهۡلُ ٱلۡكِتَٰبِ أَلَّا يَقۡدِرُونَ عَلَىٰ شَيۡءࣲ مِّن فَضۡلِ ٱللَّهِ وَأَنَّ ٱلۡفَضۡلَ بِيَدِ ٱللَّهِ يُؤۡتِيهِ مَن يَشَآءُۚ وَٱللَّهُ ذُو ٱلۡفَضۡلِ ٱلۡعَظِيمِ
sodat die Mense van die Boek mag weet dat hulle geen gesag oor die genade van Allah het nie, en dat die genade in die hand van Allah is. Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige oorvloed
Ayah 29