Soera At-Talaaq — Divorce
Soera At-Talaaq (Divorce) — 65/114 · 12 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
يَٰٓأَيُّهَا ٱلنَّبِيُّ إِذَا طَلَّقۡتُمُ ٱلنِّسَآءَ فَطَلِّقُوهُنَّ لِعِدَّتِهِنَّ وَأَحۡصُواْ ٱلۡعِدَّةَۖ وَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ رَبَّكُمۡۖ لَا تُخۡرِجُوهُنَّ مِنۢ بُيُوتِهِنَّ وَلَا يَخۡرُجۡنَ إِلَّآ أَن يَأۡتِينَ بِفَٰحِشَةࣲ مُّبَيِّنَةࣲۚ وَتِلۡكَ حُدُودُ ٱللَّهِۚ وَمَن يَتَعَدَّ حُدُودَ ٱللَّهِ فَقَدۡ ظَلَمَ نَفۡسَهُۥۚ لَا تَدۡرِي لَعَلَّ ٱللَّهَ يُحۡدِثُ بَعۡدَ ذَٰلِكَ أَمۡرࣰ ا
O Profeet! Wanneer julle van vroue skei, skei hulle vir hulle vasgestelde tydperk, en bereken die tydperk; en vrees Allah, julle Heer. Verdryf hulle nie uit hulle huise nie, ook hoef hulle nie weg te gaan voor die bepaalde termyn verstryk het nie, tensy hulle ’n openlike skande begaan het. Dit is die beperkinge van Allah; en wie op die beperkinge van Allah nie ag slaan nie, doen sekerlik sy eie siel onreg aan. U weet nie of Allah miskien daarna iets beter teweeg sal bring nie
Ayah 1فَإِذَا بَلَغۡنَ أَجَلَهُنَّ فَأَمۡسِكُوهُنَّ بِمَعۡرُوفٍ أَوۡ فَارِقُوهُنَّ بِمَعۡرُوفࣲ وَأَشۡهِدُواْ ذَوَيۡ عَدۡلࣲ مِّنكُمۡ وَأَقِيمُواْ ٱلشَّهَٰدَةَ لِلَّهِۚ ذَٰلِكُمۡ يُوعَظُ بِهِۦ مَن كَانَ يُؤۡمِنُ بِٱللَّهِ وَٱلۡيَوۡمِ ٱلۡأٓخِرِۚ وَمَن يَتَّقِ ٱللَّهَ يَجۡعَل لَّهُۥ مَخۡرَجࣰ ا
As hulle dan die voorgeskrewe termyn bereik het, neem hulle op ’n vriendelike manier terug, of skei van hulle op ’n behoorlike wyse, en roep tot getuie twee regverdiges uit julle midde, en laat dit ’n ware getuienis vir Allah wees. Dít is ’n vermaning vir hom wat in Allah en die Laaste Dag glo. En vir hom wat bewus is van Allah, sal Hy ’n uitweg voorberei
Ayah 2وَيَرۡزُقۡهُ مِنۡ حَيۡثُ لَا يَحۡتَسِبُۚ وَمَن يَتَوَكَّلۡ عَلَى ٱللَّهِ فَهُوَ حَسۡبُهُۥٓۚ إِنَّ ٱللَّهَ بَٰلِغُ أَمۡرِهِۦۚ قَدۡ جَعَلَ ٱللَّهُ لِكُلِّ شَيۡءࣲ قَدۡرࣰ ا
en hom van lewensonderhoud voorsien waarvandaan hy dit nie verwag nie. En vir hom wat sy vertroue in Allah stel, is Allah toereikend. Voorwaar, Allah voer al Sy voornemens uit. Allah het inderdaad vir alles ’n maatstaf bepaal
Ayah 3وَٱلَّٰٓـِٔي يَئِسۡنَ مِنَ ٱلۡمَحِيضِ مِن نِّسَآئِكُمۡ إِنِ ٱرۡتَبۡتُمۡ فَعِدَّتُهُنَّ ثَلَٰثَةُ أَشۡهُرࣲ وَٱلَّٰٓـِٔي لَمۡ يَحِضۡنَۚ وَأُوْلَٰتُ ٱلۡأَحۡمَالِ أَجَلُهُنَّ أَن يَضَعۡنَ حَمۡلَهُنَّۚ وَمَن يَتَّقِ ٱللَّهَ يَجۡعَل لَّهُۥ مِنۡ أَمۡرِهِۦ يُسۡرࣰ ا
Vrouens wat die oorgangstadium verbygesteek het, vir hulle is die voorgeskrewe wagperiode, indien julle enige twyfel het, drie maande, en vir diegene wat geen maandstondes meer het nie, geld dieselfde. En die wagperiode vir swanger vroue sal duur totdat hulle van hulle drag verlos is. En wie bewus is van Allah, vir hom sal Hy sy saak maklik maak
Ayah 4ذَٰلِكَ أَمۡرُ ٱللَّهِ أَنزَلَهُۥٓ إِلَيۡكُمۡۚ وَمَن يَتَّقِ ٱللَّهَ يُكَفِّرۡ عَنۡهُ سَيِّـَٔاتِهِۦ وَيُعۡظِمۡ لَهُۥٓ أَجۡرًا
Dit is die bevel van Allah wat Hy aan julle geopenbaar het. En wie sy plig teenoor Allah nakom, van hom sal Hy sy foute wegneem, en sy loon sal vermeerder word
Ayah 5أَسۡكِنُوهُنَّ مِنۡ حَيۡثُ سَكَنتُم مِّن وُجۡدِكُمۡ وَلَا تُضَآرُّوهُنَّ لِتُضَيِّقُواْ عَلَيۡهِنَّۚ وَإِن كُنَّ أُوْلَٰتِ حَمۡلࣲ فَأَنفِقُواْ عَلَيۡهِنَّ حَتَّىٰ يَضَعۡنَ حَمۡلَهُنَّۚ فَإِنۡ أَرۡضَعۡنَ لَكُمۡ فَـَٔاتُوهُنَّ أُجُورَهُنَّ وَأۡتَمِرُواْ بَيۡنَكُم بِمَعۡرُوفࣲۖ وَإِن تَعَاسَرۡتُمۡ فَسَتُرۡضِعُ لَهُۥٓ أُخۡرَىٰ
Herberg hulle van wie julle skei in die huise waar julle vertoef, ooreenkomstig julle vermoë, en doen hulle geen leed aan deur hulle in ongerief te bring nie. En as hulle swanger is, onderhou hulle totdat hulle van hul drag verlos is. En as hulle vir julle die kind borsvoed, gee hulle vergoeding en beraadslaag saam in vriendelikheid; maar as julle nie met mekaar oor die weg kan kom nie, laat ’n ander vrou dan die kind borsvoed
Ayah 6لِيُنفِقۡ ذُو سَعَةࣲ مِّن سَعَتِهِۦۖ وَمَن قُدِرَ عَلَيۡهِ رِزۡقُهُۥ فَلۡيُنفِقۡ مِمَّآ ءَاتَىٰهُ ٱللَّهُۚ لَا يُكَلِّفُ ٱللَّهُ نَفۡسًا إِلَّا مَآ ءَاتَىٰهَاۚ سَيَجۡعَلُ ٱللَّهُ بَعۡدَ عُسۡرࣲ يُسۡرࣰ ا
Laat hy wat oorvloed het, uit sy oorvloed bestee. En laat hy wie se oorvloed beperk is, bestee ooreenkomstig dit wat Allah hom gegee het. Allah belas geen siel bo dít wat Hy hom gegee het nie. Allah sal weldra verligting verleen ná ongemak
Ayah 7وَكَأَيِّن مِّن قَرۡيَةٍ عَتَتۡ عَنۡ أَمۡرِ رَبِّهَا وَرُسُلِهِۦ فَحَاسَبۡنَٰهَا حِسَابࣰ ا شَدِيدࣰ ا وَعَذَّبۡنَٰهَا عَذَابࣰ ا نُّكۡرࣰ ا
En hoeveel stede het nie teen die gebod van hulle Heer en Sy boodskappers in opstand gekom nie! Daarom het Ons elke stad tot ’n streng verantwoording geroep en hom met ’n streng kastyding gestraf
Ayah 8فَذَاقَتۡ وَبَالَ أَمۡرِهَا وَكَانَ عَٰقِبَةُ أَمۡرِهَا خُسۡرًا
Daarom het hy die slegte gevolge van sy gedrag ondervind, en die einde van sy saak was verdoemenis
Ayah 9أَعَدَّ ٱللَّهُ لَهُمۡ عَذَابࣰ ا شَدِيدࣰ اۖ فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ يَٰٓأُوْلِي ٱلۡأَلۡبَٰبِ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْۚ قَدۡ أَنزَلَ ٱللَّهُ إِلَيۡكُمۡ ذِكۡرࣰ ا
Allah het ’n streng straf vir hulle voorberei; Vrees dus vir Allah en kom julle plig teenoor Allah na, o mense van vestand wat glo! Allah het inderdaad ’n Vermaning vir julle gestuur
Ayah 10رَّسُولࣰ ا يَتۡلُواْ عَلَيۡكُمۡ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ مُبَيِّنَٰتࣲ لِّيُخۡرِجَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ مِنَ ٱلظُّلُمَٰتِ إِلَى ٱلنُّورِۚ وَمَن يُؤۡمِنۢ بِٱللَّهِ وَيَعۡمَلۡ صَٰلِحࣰ ا يُدۡخِلۡهُ جَنَّٰتࣲ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ خَٰلِدِينَ فِيهَآ أَبَدࣰ اۖ قَدۡ أَحۡسَنَ ٱللَّهُ لَهُۥ رِزۡقًا
’n Boodskapper wat aan julle die duidelike tekens van Allah voordra, sodat hy diegene wat glo en goeie werke doen, uit die duisternis na die lig kan bring; en wie in Allah glo en goeddoen, vir hom sal Hy in Tuine toelaat waardeur riviere vloei om daarin vir ewig te bly. Allah het hom inderdaad ’n voortreflike onderhoud geskenk
Ayah 11ٱللَّهُ ٱلَّذِي خَلَقَ سَبۡعَ سَمَٰوَٰتࣲ وَمِنَ ٱلۡأَرۡضِ مِثۡلَهُنَّۖ يَتَنَزَّلُ ٱلۡأَمۡرُ بَيۡنَهُنَّ لِتَعۡلَمُوٓاْ أَنَّ ٱللَّهَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءࣲ قَدِيرࣱ وَأَنَّ ٱللَّهَ قَدۡ أَحَاطَ بِكُلِّ شَيۡءٍ عِلۡمَۢا
Dit is Allah wat die sewe hemele geskape het, en ook die aarde. Die gebod daal in hulle midde neer, sodat julle mag weet dat Allah mag oor alle dinge het en dat Allah alle dinge in Sy kennis omvat
Ayah 12