Soera Al-Jumu'a — Friday
Soera Al-Jumu'a (Friday) — 62/114 · 11 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
يُسَبِّحُ لِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِ ٱلۡمَلِكِ ٱلۡقُدُّوسِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡحَكِيمِ
Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah, die Koning, die Heilige, die Allermagtige, die Allerwyse
Ayah 1هُوَ ٱلَّذِي بَعَثَ فِي ٱلۡأُمِّيِّـۧنَ رَسُولࣰ ا مِّنۡهُمۡ يَتۡلُواْ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتِهِۦ وَيُزَكِّيهِمۡ وَيُعَلِّمُهُمُ ٱلۡكِتَٰبَ وَٱلۡحِكۡمَةَ وَإِن كَانُواْ مِن قَبۡلُ لَفِي ضَلَٰلࣲ مُّبِينࣲ
Dit is Hy wat vir die ongeletterdes ’n Boodskapper verwek het, wat Sy tekens aan hulle voordra en hulle louter en hulle in die Boek en die Wysheid onderwys, ofskoon hulle voorheen in openlike dwaling verkeer het
Ayah 2وَءَاخَرِينَ مِنۡهُمۡ لَمَّا يَلۡحَقُواْ بِهِمۡۚ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ
en so ook ander onder hulle wat nog nie by hulle aangesluit het nie. En Hy is die Allermagtige, die Allerwyse
Ayah 3ذَٰلِكَ فَضۡلُ ٱللَّهِ يُؤۡتِيهِ مَن يَشَآءُۚ وَٱللَّهُ ذُو ٱلۡفَضۡلِ ٱلۡعَظِيمِ
Dít is Allah se goedertierenheid; Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid
Ayah 4مَثَلُ ٱلَّذِينَ حُمِّلُواْ ٱلتَّوۡرَىٰةَ ثُمَّ لَمۡ يَحۡمِلُوهَا كَمَثَلِ ٱلۡحِمَارِ يَحۡمِلُ أَسۡفَارَۢاۚ بِئۡسَ مَثَلُ ٱلۡقَوۡمِ ٱلَّذِينَ كَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِ ٱللَّهِۚ وَٱللَّهُ لَا يَهۡدِي ٱلۡقَوۡمَ ٱلظَّٰلِمِينَ
Diegene wat met die Tora belas was, en dit nie nagelewe het nie, is soos ’n esel wat boeke dra. Boos is die volk wat die bood- skappers van Allah verwerp. En Allah lei nie die onregverdige volk nie
Ayah 5قُلۡ يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ هَادُوٓاْ إِن زَعَمۡتُمۡ أَنَّكُمۡ أَوۡلِيَآءُ لِلَّهِ مِن دُونِ ٱلنَّاسِ فَتَمَنَّوُاْ ٱلۡمَوۡتَ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ
Sê: O julle Jode! As julle dink dat julle, met uitsluiting van ander mense, die gunstelinge van Allah is, begeer dan die dood as julle die waarheid spreek
Ayah 6وَلَا يَتَمَنَّوۡنَهُۥٓ أَبَدَۢا بِمَا قَدَّمَتۡ أَيۡدِيهِمۡۚ وَٱللَّهُ عَلِيمُۢ بِٱلظَّٰلِمِينَ
Maar hulle sal dit nooit begeer nie, vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het. En Allah ken die kwaaddoeners goed
Ayah 7قُلۡ إِنَّ ٱلۡمَوۡتَ ٱلَّذِي تَفِرُّونَ مِنۡهُ فَإِنَّهُۥ مُلَٰقِيكُمۡۖ ثُمَّ تُرَدُّونَ إِلَىٰ عَٰلِمِ ٱلۡغَيۡبِ وَٱلشَّهَٰدَةِ فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمۡ تَعۡمَلُونَ
Sê: Die dood waarvoor julle probeer vlug, sal julle sekerlik inhaal; dan sal julle tot die Kenner van die Onsigbare en Sigbare teruggestuur word, en Hy sal julle inlig oor julle dade
Ayah 8يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِذَا نُودِيَ لِلصَّلَوٰةِ مِن يَوۡمِ ٱلۡجُمُعَةِ فَٱسۡعَوۡاْ إِلَىٰ ذِكۡرِ ٱللَّهِ وَذَرُواْ ٱلۡبَيۡعَۚ ذَٰلِكُمۡ خَيۡرࣱ لَّكُمۡ إِن كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ
O julle gelowiges! Wanneer julle tot die Vrydaggebed opge- roep word, gee dan gehoor, en oordink Allah, en verlaat julle sakebedrywe. Dit is vir julle beter indien julle dit weet
Ayah 9فَإِذَا قُضِيَتِ ٱلصَّلَوٰةُ فَٱنتَشِرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَٱبۡتَغُواْ مِن فَضۡلِ ٱللَّهِ وَٱذۡكُرُواْ ٱللَّهَ كَثِيرࣰ ا لَّعَلَّكُمۡ تُفۡلِحُونَ
Maar wanneer die gebed geëindig het, versprei dan deur die land en soek na Allah se oorvloed, en dink baie aan Allah sodat julle suksesvol mag wees
Ayah 10وَإِذَا رَأَوۡاْ تِجَٰرَةً أَوۡ لَهۡوًا ٱنفَضُّوٓاْ إِلَيۡهَا وَتَرَكُوكَ قَآئِمࣰ اۚ قُلۡ مَا عِندَ ٱللَّهِ خَيۡرࣱ مِّنَ ٱللَّهۡوِ وَمِنَ ٱلتِّجَٰرَةِۚ وَٱللَّهُ خَيۡرُ ٱلرَّٰزِقِينَ
Maar as hulle koopware of enige vermaaklikheid sien, gaan hulle haastig daarheen, en laat u staan. Sê: Wat by Allah is, is verkiesliker as vermaaklikheid en handel, en Allah is die Beste Voorsiener
Ayah 11