Soera Al-A'laa — The Most High
Soera Al-A'laa (The Most High) — 87/114 · 19 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
سَبِّحِ ٱسۡمَ رَبِّكَ ٱلۡأَعۡلَى
Verheerlik die Naam van u Heer, die Allerhoogste
Ayah 1ٱلَّذِي خَلَقَ فَسَوَّىٰ
wat skep, en dan vervolmaak
Ayah 2وَٱلَّذِي قَدَّرَ فَهَدَىٰ
en wat bepaal, en dan lei
Ayah 3وَٱلَّذِيٓ أَخۡرَجَ ٱلۡمَرۡعَىٰ
wat die plante laat uitspruit
Ayah 4فَجَعَلَهُۥ غُثَآءً أَحۡوَىٰ
en dit dan tot stof verdor
Ayah 5سَنُقۡرِئُكَ فَلَا تَنسَىٰٓ
Ons sal u dit1 laat voordra, sodat u dit nooit sal vergeet nie
Ayah 6إِلَّا مَا شَآءَ ٱللَّهُۚ إِنَّهُۥ يَعۡلَمُ ٱلۡجَهۡرَ وَمَا يَخۡفَىٰ
behalwe wat Allah wil ~ waarlik, Hy weet wat in die geheim en in die openbaar plaasvind
Ayah 7وَنُيَسِّرُكَ لِلۡيُسۡرَىٰ
Ons sal u weg voorspoedig maak
Ayah 8فَذَكِّرۡ إِن نَّفَعَتِ ٱلذِّكۡرَىٰ
Vermaan dan, want vermaning is goed
Ayah 9سَيَذَّكَّرُ مَن يَخۡشَىٰ
Hy wat vrees, sal oplettend wees
Ayah 10وَيَتَجَنَّبُهَا ٱلۡأَشۡقَى
Maar die rampsalige wat dit vermy
Ayah 11ٱلَّذِي يَصۡلَى ٱلنَّارَ ٱلۡكُبۡرَىٰ
sal in die Vuur brand
Ayah 12ثُمَّ لَا يَمُوتُ فِيهَا وَلَا يَحۡيَىٰ
Daarin sal hy nie kan lewe en ook nie sterwe nie
Ayah 13قَدۡ أَفۡلَحَ مَن تَزَكَّىٰ
Voorspoedig is hy wat homself reinig
Ayah 14وَذَكَرَ ٱسۡمَ رَبِّهِۦ فَصَلَّىٰ
en die Naam van die Heer op sy lippe neem en bid
Ayah 15بَلۡ تُؤۡثِرُونَ ٱلۡحَيَوٰةَ ٱلدُّنۡيَا
Maar julle verkies die lewe van hierdie wêreld
Ayah 16وَٱلۡأٓخِرَةُ خَيۡرࣱ وَأَبۡقَىٰٓ
terwyl die Hiernamaals beter is en ewig
Ayah 17إِنَّ هَٰذَا لَفِي ٱلصُّحُفِ ٱلۡأُولَىٰ
Waarlik, dit is in die ou geskrifte vermeld
Ayah 18صُحُفِ إِبۡرَٰهِيمَ وَمُوسَىٰ
die geskrifte van Abraham en Moses
Ayah 19