Soera Ar-Room — The Romans
Soera Ar-Room (The Romans) — 30/114 · 60 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
الٓمٓ
Alief, Laam, Miem
Ayah 1غُلِبَتِ ٱلرُّومُ
Die Romeine is verslaan
Ayah 2فِيٓ أَدۡنَى ٱلۡأَرۡضِ وَهُم مِّنۢ بَعۡدِ غَلَبِهِمۡ سَيَغۡلِبُونَ
In ’n nabygeleë land, maar ná hulle nederlaag sal hulle weer ’n oorwinning behaal
Ayah 3فِي بِضۡعِ سِنِينَۗ لِلَّهِ ٱلۡأَمۡرُ مِن قَبۡلُ وَمِنۢ بَعۡدُۚ وَيَوۡمَئِذࣲ يَفۡرَحُ ٱلۡمُؤۡمِنُونَ
binne nege jaar. Die gebod is Allah s’n vóór dit en ná dit. En op daardie dag sal die gelowiges hulle verheug
Ayah 4بِنَصۡرِ ٱللَّهِۚ يَنصُرُ مَن يَشَآءُۖ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ
in die hulp van Allah. Hy help wie Hy wil, en Hy is die Almagtige, die Genadige
Ayah 5وَعۡدَ ٱللَّهِۖ لَا يُخۡلِفُ ٱللَّهُ وَعۡدَهُۥ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَعۡلَمُونَ
Dít is die beloefte van Allah! Allah faal nie in Sy beloftes nie; maar die meeste mense weet dit nie
Ayah 6يَعۡلَمُونَ ظَٰهِرࣰ ا مِّنَ ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَهُمۡ عَنِ ٱلۡأٓخِرَةِ هُمۡ غَٰفِلُونَ
Hulle ken slegs die skyn van die wêreldse lewe, maar aangaande die Hiernamaals is hulle argeloos
Ayah 7أَوَلَمۡ يَتَفَكَّرُواْ فِيٓ أَنفُسِهِمۗ مَّا خَلَقَ ٱللَّهُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ وَمَا بَيۡنَهُمَآ إِلَّا بِٱلۡحَقِّ وَأَجَلࣲ مُّسَمࣰّ ىۗ وَإِنَّ كَثِيرࣰ ا مِّنَ ٱلنَّاسِ بِلِقَآيِٕ رَبِّهِمۡ لَكَٰفِرُونَ
Dink hulle nie daaroor in hul binneste nie? Allah het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, nie anders geskape nie as in waarheid, en vir ’n vasgestelde tyd. En tog is die meeste mense ontkenners van die ontmoeting met hulle Heer
Ayah 8أَوَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡۚ كَانُوٓاْ أَشَدَّ مِنۡهُمۡ قُوَّةࣰ وَأَثَارُواْ ٱلۡأَرۡضَ وَعَمَرُوهَآ أَكۡثَرَ مِمَّا عَمَرُوهَا وَجَآءَتۡهُمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِۖ فَمَا كَانَ ٱللَّهُ لِيَظۡلِمَهُمۡ وَلَٰكِن كَانُوٓاْ أَنفُسَهُمۡ يَظۡلِمُونَ
Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene vóór hulle nie? Hulle was sterker in mag as hulle, en het die land bewerk, en daarop gebou, meer as wat hulle gebou het. En hulle boodskappers het met duidelike bewyse by hulle gekom. Dus was dit nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen
Ayah 9ثُمَّ كَانَ عَٰقِبَةَ ٱلَّذِينَ أَسَٰٓـُٔواْ ٱلسُّوٓأَىٰٓ أَن كَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِ ٱللَّهِ وَكَانُواْ بِهَا يَسۡتَهۡزِءُونَ
Bitter dan was die einde van die kwaaddoeners, omdat hulle die tekens van Allah verwerp en daarmee gespot het
Ayah 10ٱللَّهُ يَبۡدَؤُاْ ٱلۡخَلۡقَ ثُمَّ يُعِيدُهُۥ ثُمَّ إِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ
Allah laat die skepping ontstaan, dan herhaal Hy dit; daarna sal julle na Hom terugkeer
Ayah 11وَيَوۡمَ تَقُومُ ٱلسَّاعَةُ يُبۡلِسُ ٱلۡمُجۡرِمُونَ
En die dag waarop die Uur sal kom, sal die misdadigers wanhopig word
Ayah 12وَلَمۡ يَكُن لَّهُم مِّن شُرَكَآئِهِمۡ شُفَعَٰٓؤُاْ وَكَانُواْ بِشُرَكَآئِهِمۡ كَٰفِرِينَ
En hulle sal geen bemiddelaars onder hulle afgode vind nie, en hulle sal hul afgode verwerp
Ayah 13وَيَوۡمَ تَقُومُ ٱلسَّاعَةُ يَوۡمَئِذࣲ يَتَفَرَّقُونَ
En op die dag waarop die Uur sal kom, sal hulle van mekaar geskei word
Ayah 14فَأَمَّا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ فَهُمۡ فِي رَوۡضَةࣲ يُحۡبَرُونَ
Dan sal hulle wat gelowig was en goeie werke verrig het, in ’n Tuin geluk vind
Ayah 15وَأَمَّا ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَكَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِنَا وَلِقَآيِٕ ٱلۡأٓخِرَةِ فَأُوْلَٰٓئِكَ فِي ٱلۡعَذَابِ مُحۡضَرُونَ
Maar hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens en die ontmoeting en die Hiernamaals verwerp het, sal voor die straf te staan kom
Ayah 16فَسُبۡحَٰنَ ٱللَّهِ حِينَ تُمۡسُونَ وَحِينَ تُصۡبِحُونَ
Loof Allah wanneer julle die aand ingaan, en wanneer julle die dag begin
Ayah 17وَلَهُ ٱلۡحَمۡدُ فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَعَشِيࣰّ ا وَحِينَ تُظۡهِرُونَ
En aan Hom behoort alle lof in die hemele en op aarde, en wanneer die son sak en in die namiddag
Ayah 18يُخۡرِجُ ٱلۡحَيَّ مِنَ ٱلۡمَيِّتِ وَيُخۡرِجُ ٱلۡمَيِّتَ مِنَ ٱلۡحَيِّ وَيُحۡيِ ٱلۡأَرۡضَ بَعۡدَ مَوۡتِهَاۚ وَكَذَٰلِكَ تُخۡرَجُونَ
Hy bring die lewende uit die dode voort en ook die dode uit die lewende, en Hy gee die aarde lewe ná haar dood. En so sal julle ook voortgebring word
Ayah 19وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦٓ أَنۡ خَلَقَكُم مِّن تُرَابࣲ ثُمَّ إِذَآ أَنتُم بَشَرࣱ تَنتَشِرُونَ
En van Sy tekens is dat Hy julle uit stof geskape het; en kyk! julle is mense wat kan versprei
Ayah 20وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦٓ أَنۡ خَلَقَ لَكُم مِّنۡ أَنفُسِكُمۡ أَزۡوَٰجࣰ ا لِّتَسۡكُنُوٓاْ إِلَيۡهَا وَجَعَلَ بَيۡنَكُم مَّوَدَّةࣰ وَرَحۡمَةًۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يَتَفَكَّرُونَ
En van Sy tekens is dít: dat Hy uit julle midde vroue vir julle geskape het, sodat julle gemoedsrus in hulle kan vind; en Hy het liefde en teerheid tussen julle geplaas. Daarin is voorwaar tekens vir ’n volk wat nadink
Ayah 21وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦ خَلۡقُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَٱخۡتِلَٰفُ أَلۡسِنَتِكُمۡ وَأَلۡوَٰنِكُمۡۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّلۡعَٰلِمِينَ
En onder Sy tekens is daar die skepping van die hemele en die aarde, en die verskeidenheid van tale wat julle praat, en julle kleure. Waarlik, daarin is tekens vir die geleerdes
Ayah 22وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦ مَنَامُكُم بِٱلَّيۡلِ وَٱلنَّهَارِ وَٱبۡتِغَآؤُكُم مِّن فَضۡلِهِۦٓۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يَسۡمَعُونَ
En van Sy tekens is julle slaap gedurende die nag en julle soeke na Sy oorvloed bedags. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat wil luister
Ayah 23وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦ يُرِيكُمُ ٱلۡبَرۡقَ خَوۡفࣰ ا وَطَمَعࣰ ا وَيُنَزِّلُ مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءࣰ فَيُحۡيِۦ بِهِ ٱلۡأَرۡضَ بَعۡدَ مَوۡتِهَآۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يَعۡقِلُونَ
En een van Sy tekens is dít: dat Hy julle die blitsstrale wys as vrees en hoop, en dat Hy water uit die wolke afstuur waarmee hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Hierin is sekerlik tekens vir ’n volk wat verstaan
Ayah 24وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦٓ أَن تَقُومَ ٱلسَّمَآءُ وَٱلۡأَرۡضُ بِأَمۡرِهِۦۚ ثُمَّ إِذَا دَعَاكُمۡ دَعۡوَةࣰ مِّنَ ٱلۡأَرۡضِ إِذَآ أَنتُمۡ تَخۡرُجُونَ
En nog een van Sy tekens is dít: dat Hy die hemel en die aarde laat voortbestaan deur Sy gebod. Dan, wanneer Hy julle eenmaal roep ~ van die aarde ~ kyk! dan tree julle nader
Ayah 25وَلَهُۥ مَن فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۖ كُلࣱّ لَّهُۥ قَٰنِتُونَ
En aan Hom behoort elkeen wat in die hemele en op die aarde is. Almal is Hom gehoorsaam
Ayah 26وَهُوَ ٱلَّذِي يَبۡدَؤُاْ ٱلۡخَلۡقَ ثُمَّ يُعِيدُهُۥ وَهُوَ أَهۡوَنُ عَلَيۡهِۚ وَلَهُ ٱلۡمَثَلُ ٱلۡأَعۡلَىٰ فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ
En dit is Hy wat die skepping laat ontstaan, en dit is vir Hom baie maklik. En Hom kom tereg toe die mees verhewe beskry- winge in die hemele en op die aarde; en Hy is die Almagtige, die Allerwyse
Ayah 27ضَرَبَ لَكُم مَّثَلࣰ ا مِّنۡ أَنفُسِكُمۡۖ هَل لَّكُم مِّن مَّا مَلَكَتۡ أَيۡمَٰنُكُم مِّن شُرَكَآءَ فِي مَا رَزَقۡنَٰكُمۡ فَأَنتُمۡ فِيهِ سَوَآءࣱ تَخَافُونَهُمۡ كَخِيفَتِكُمۡ أَنفُسَكُمۡۚ كَذَٰلِكَ نُفَصِّلُ ٱلۡأٓيَٰتِ لِقَوۡمࣲ يَعۡقِلُونَ
Hy vertel vir julle ’n gelykenis aangaande julleself. Het julle onder julle ondergeskiktes, deelgenote in dít waarvan Ek julle voorsien het, sodat julle dienaangaande gelyk kan word; en vrees julle húlle, soos hulle mekaar vrees? So maak Ons Ons tekens duidelik aan ’n volk wat verstaan
Ayah 28بَلِ ٱتَّبَعَ ٱلَّذِينَ ظَلَمُوٓاْ أَهۡوَآءَهُم بِغَيۡرِ عِلۡمࣲۖ فَمَن يَهۡدِي مَنۡ أَضَلَّ ٱللَّهُۖ وَمَا لَهُم مِّن نَّٰصِرِينَ
Nee, die onregverdiges volg hul eie neigings sonder kennis. En wie kan hom lei vir wie Allah laat dwaal? Vir hulle sal daar geen helpers wees nie
Ayah 29فَأَقِمۡ وَجۡهَكَ لِلدِّينِ حَنِيفࣰ اۚ فِطۡرَتَ ٱللَّهِ ٱلَّتِي فَطَرَ ٱلنَّاسَ عَلَيۡهَاۚ لَا تَبۡدِيلَ لِخَلۡقِ ٱللَّهِۚ ذَٰلِكَ ٱلدِّينُ ٱلۡقَيِّمُ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَعۡلَمُونَ
Wend daarom julle aangesig opreg tot die ware godsdiens, ooreenkomstig die natuur waarna Allah die mens geskape het. Die skepping van Allah ken geen verandering nie. Dit is die ware geloof ; maar die meeste mense weet dit nie
Ayah 30۞مُنِيبِينَ إِلَيۡهِ وَٱتَّقُوهُ وَأَقِيمُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَلَا تَكُونُواْ مِنَ ٱلۡمُشۡرِكِينَ
Bekeer julle tot Hom, en kom julle plig teenoor Hom na, en onderhou die gebed, en wees nie van die heidene nie
Ayah 31مِنَ ٱلَّذِينَ فَرَّقُواْ دِينَهُمۡ وَكَانُواْ شِيَعࣰ اۖ كُلُّ حِزۡبِۭ بِمَا لَدَيۡهِمۡ فَرِحُونَ
ook nie saam met hulle wat hul godsdiens verdeel en sektes vorm nie, terwyl elke groep hul verheug in wat hulle het
Ayah 32وَإِذَا مَسَّ ٱلنَّاسَ ضُرࣱّ دَعَوۡاْ رَبَّهُم مُّنِيبِينَ إِلَيۡهِ ثُمَّ إِذَآ أَذَاقَهُم مِّنۡهُ رَحۡمَةً إِذَا فَرِيقࣱ مِّنۡهُم بِرَبِّهِمۡ يُشۡرِكُونَ
En as ’n ramp oor die mense kom, roep hulle hul Heer aan en bekeer hul tot Hom; en as hy hulle Sy barmhartigheid laat ondervind, kyk! dan vereenselwig sommige van hulle ander met hulle Heer
Ayah 33لِيَكۡفُرُواْ بِمَآ ءَاتَيۡنَٰهُمۡۚ فَتَمَتَّعُواْ فَسَوۡفَ تَعۡلَمُونَ
en is ondankbaar vir dít wat Ons aan hulle gegee het. Vermaak julle ’n tydjie; maar julle sal dit weldra te wete kom
Ayah 34أَمۡ أَنزَلۡنَا عَلَيۡهِمۡ سُلۡطَٰنࣰ ا فَهُوَ يَتَكَلَّمُ بِمَا كَانُواْ بِهِۦ يُشۡرِكُونَ
Of het Ons enige gesag vir hulle neergestuur wat uitspraak gee aangaande dít wat hulle met Hom vereenselwig
Ayah 35وَإِذَآ أَذَقۡنَا ٱلنَّاسَ رَحۡمَةࣰ فَرِحُواْ بِهَاۖ وَإِن تُصِبۡهُمۡ سَيِّئَةُۢ بِمَا قَدَّمَتۡ أَيۡدِيهِمۡ إِذَا هُمۡ يَقۡنَطُونَ
En wanneer Ons die mense barmhartigheid laat smaak, verheug hulle hul daarin; maar as ’n kwaad oor hulle kom as gevolg van wat hulle eie hande verrig het, kyk! dan is hulle wanhopig
Ayah 36أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ أَنَّ ٱللَّهَ يَبۡسُطُ ٱلرِّزۡقَ لِمَن يَشَآءُ وَيَقۡدِرُۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يُؤۡمِنُونَ
Sien hulle dan nie dat Allah die voorsiening vergroot en verklein vir wie Hy wil nie? Daarin is waarlik tekens vir ’n volk wat glo
Ayah 37فَـَٔاتِ ذَا ٱلۡقُرۡبَىٰ حَقَّهُۥ وَٱلۡمِسۡكِينَ وَٱبۡنَ ٱلسَّبِيلِۚ ذَٰلِكَ خَيۡرࣱ لِّلَّذِينَ يُرِيدُونَ وَجۡهَ ٱللَّهِۖ وَأُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡمُفۡلِحُونَ
Gee dan aan die familie wat hulle toekom, asook aan die behoeftiges en die reisigers. Dit is die beste vir hulle wat die welbehae van Allah verlang, en hulle is dié wat sal slaag
Ayah 38وَمَآ ءَاتَيۡتُم مِّن رِّبࣰ ا لِّيَرۡبُوَاْ فِيٓ أَمۡوَٰلِ ٱلنَّاسِ فَلَا يَرۡبُواْ عِندَ ٱللَّهِۖ وَمَآ ءَاتَيۡتُم مِّن زَكَوٰةࣲ تُرِيدُونَ وَجۡهَ ٱللَّهِ فَأُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡمُضۡعِفُونَ
En wie geld op rente uitleen sodat dit kan toeneem deur wat ander besit, by Allah neem dit nie toe nie; slegs dít wat julle as offergawes bestee terwyl julle die welbelhae van Allah verlang
Ayah 39ٱللَّهُ ٱلَّذِي خَلَقَكُمۡ ثُمَّ رَزَقَكُمۡ ثُمَّ يُمِيتُكُمۡ ثُمَّ يُحۡيِيكُمۡۖ هَلۡ مِن شُرَكَآئِكُم مَّن يَفۡعَلُ مِن ذَٰلِكُم مِّن شَيۡءࣲۚ سُبۡحَٰنَهُۥ وَتَعَٰلَىٰ عَمَّا يُشۡرِكُونَ
Dit is Allah wat julle geskape het, wat vir julle sorg en julle daarna laat sterf; waarna Hy julle sal laat herleef. Is daar enigeen onder julle afgode wat iets dergeliks kan doen? Heilig is Hy, en verhewe bo wat hulle met Hom vereenselwig
Ayah 40ظَهَرَ ٱلۡفَسَادُ فِي ٱلۡبَرِّ وَٱلۡبَحۡرِ بِمَا كَسَبَتۡ أَيۡدِي ٱلنَّاسِ لِيُذِيقَهُم بَعۡضَ ٱلَّذِي عَمِلُواْ لَعَلَّهُمۡ يَرۡجِعُونَ
Boosheid het oor die land en die see gekom ten gevolge van dít wat die hande van die mense bewerk het, sodat Hy hulle ’n deel van wat hulle doen, kon laat smaak, en sodat hulle hul kon bekeer
Ayah 41قُلۡ سِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَٱنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلُۚ كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّشۡرِكِينَ
Sê: Reis deur die land, en kyk wat was die einde van diegene wat voorheen geleef het! Die meeste van hulle was heidene
Ayah 42فَأَقِمۡ وَجۡهَكَ لِلدِّينِ ٱلۡقَيِّمِ مِن قَبۡلِ أَن يَأۡتِيَ يَوۡمࣱ لَّا مَرَدَّ لَهُۥ مِنَ ٱللَّهِۖ يَوۡمَئِذࣲ يَصَّدَّعُونَ
Wend dan u aangesig opreg tot die ware godsdiens, voordat die onafwendbare Dag van Allah kom. Op daardie Dag sal die mensdom geskei word
Ayah 43مَن كَفَرَ فَعَلَيۡهِ كُفۡرُهُۥۖ وَمَنۡ عَمِلَ صَٰلِحࣰ ا فَلِأَنفُسِهِمۡ يَمۡهَدُونَ
Wie nie glo nie, sal verantwoordelik wees vir sy ongeloof; en wie goeddoen, hulle het goed vir hulle eie siele voorberei
Ayah 44لِيَجۡزِيَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ مِن فَضۡلِهِۦٓۚ إِنَّهُۥ لَا يُحِبُّ ٱلۡكَٰفِرِينَ
sodat Hy diegene wat glo en goeddoen, mag beloon uit Sy oorvloed. Voorwaar, Hy het die ongelowiges nie lief nie
Ayah 45وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦٓ أَن يُرۡسِلَ ٱلرِّيَاحَ مُبَشِّرَٰتࣲ وَلِيُذِيقَكُم مِّن رَّحۡمَتِهِۦ وَلِتَجۡرِيَ ٱلۡفُلۡكُ بِأَمۡرِهِۦ وَلِتَبۡتَغُواْ مِن فَضۡلِهِۦ وَلَعَلَّكُمۡ تَشۡكُرُونَ
En een van Sy tekens is dit: dat Hy die winde met blye voor- uitsigte uitstuur, sodat Hy julle van Sy genade mag laat smaak; en dat die skepe op Sy gebod mag vaar, en dat julle na Sy oorvloed mag soek, en dat julle dankbaar mag wees
Ayah 46وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا مِن قَبۡلِكَ رُسُلًا إِلَىٰ قَوۡمِهِمۡ فَجَآءُوهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَٱنتَقَمۡنَا مِنَ ٱلَّذِينَ أَجۡرَمُواْۖ وَكَانَ حَقًّا عَلَيۡنَا نَصۡرُ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ
En sekerlik het Ons vóór julle boodskappers na hul volke gestuur wat met duidelike bewyse by hulle gekom het. Daarna het Ons die misdadigers gestraf. En dit is altyd Ons plig om die gelowiges te help
Ayah 47ٱللَّهُ ٱلَّذِي يُرۡسِلُ ٱلرِّيَٰحَ فَتُثِيرُ سَحَابࣰ ا فَيَبۡسُطُهُۥ فِي ٱلسَّمَآءِ كَيۡفَ يَشَآءُ وَيَجۡعَلُهُۥ كِسَفࣰ ا فَتَرَى ٱلۡوَدۡقَ يَخۡرُجُ مِنۡ خِلَٰلِهِۦۖ فَإِذَآ أَصَابَ بِهِۦ مَن يَشَآءُ مِنۡ عِبَادِهِۦٓ إِذَا هُمۡ يَسۡتَبۡشِرُونَ
Dit is Allah wat die winde voortstuur sodat hulle ’n wolk laat oprys, dan versprei Hy dit in die lug soos Hy wil, en Hy breek dit, sodat julle die reën uit hulle midde sien neerstort. En wan- neer Hy dit laat val op wie van Sy dienaars hy wil, kyk! dan verheug hulle hulle
Ayah 48وَإِن كَانُواْ مِن قَبۡلِ أَن يُنَزَّلَ عَلَيۡهِم مِّن قَبۡلِهِۦ لَمُبۡلِسِينَ
ofskoon hulle voorheen, voordat dit oor hulle afgestuur is, wan- hopig was
Ayah 49فَٱنظُرۡ إِلَىٰٓ ءَاثَٰرِ رَحۡمَتِ ٱللَّهِ كَيۡفَ يُحۡيِ ٱلۡأَرۡضَ بَعۡدَ مَوۡتِهَآۚ إِنَّ ذَٰلِكَ لَمُحۡيِ ٱلۡمَوۡتَىٰۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءࣲ قَدِيرࣱ
Kyk dan na die tekens van Allah se barmhartigheid, hoe Hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Voorwaar, Hy is die Opwekker van die dode; en Hy het mag oor alle dinge
Ayah 50وَلَئِنۡ أَرۡسَلۡنَا رِيحࣰ ا فَرَأَوۡهُ مُصۡفَرࣰّ ا لَّظَلُّواْ مِنۢ بَعۡدِهِۦ يَكۡفُرُونَ
En as Ons ’n droë wind stuur, en hulle sien hoe dit die plante verdor, sal hulle sekerlik in hulle ongeloof volhard
Ayah 51فَإِنَّكَ لَا تُسۡمِعُ ٱلۡمَوۡتَىٰ وَلَا تُسۡمِعُ ٱلصُّمَّ ٱلدُّعَآءَ إِذَا وَلَّوۡاْ مُدۡبِرِينَ
Waarlik, u kan nie die dooies laat hoor nie, nóg kan die dowes iemand hoor roep wanneer hulle u hul rug toekeer
Ayah 52وَمَآ أَنتَ بِهَٰدِ ٱلۡعُمۡيِ عَن ضَلَٰلَتِهِمۡۖ إِن تُسۡمِعُ إِلَّا مَن يُؤۡمِنُ بِـَٔايَٰتِنَا فَهُم مُّسۡلِمُونَ
Ook kan u die blindes van hulle dwaling nie aflei nie. U kan slegs húlle laat hoor wat in Ons tekens glo, sodat hulle hul onderdanig maak
Ayah 53۞ٱللَّهُ ٱلَّذِي خَلَقَكُم مِّن ضَعۡفࣲ ثُمَّ جَعَلَ مِنۢ بَعۡدِ ضَعۡفࣲ قُوَّةࣰ ثُمَّ جَعَلَ مِنۢ بَعۡدِ قُوَّةࣲ ضَعۡفࣰ ا وَشَيۡبَةࣰۚ يَخۡلُقُ مَا يَشَآءُۚ وَهُوَ ٱلۡعَلِيمُ ٱلۡقَدِيرُ
Dit is Allah wat julle uit ’n toestand van swakheid geskape het, waarna Hy aan die swakke krag gegee het, en wat ná die krag, weer die swakheid en grysheid verorden. Hy skep wat Hy wil, en Hy is die Alleswetende, die Allermagtige
Ayah 54وَيَوۡمَ تَقُومُ ٱلسَّاعَةُ يُقۡسِمُ ٱلۡمُجۡرِمُونَ مَا لَبِثُواْ غَيۡرَ سَاعَةࣲۚ كَذَٰلِكَ كَانُواْ يُؤۡفَكُونَ
En die Dag waarop die Uur kom, sal die misdadigers sweer dat hulle slegs ’n uur gelewe het. So word hulle bedrieg
Ayah 55وَقَالَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡعِلۡمَ وَٱلۡإِيمَٰنَ لَقَدۡ لَبِثۡتُمۡ فِي كِتَٰبِ ٱللَّهِ إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡبَعۡثِۖ فَهَٰذَا يَوۡمُ ٱلۡبَعۡثِ وَلَٰكِنَّكُمۡ كُنتُمۡ لَا تَعۡلَمُونَ
Maar hulle aan wie kennis en geloof gegee is, sal sê: Volgens die verordening van Allah het julle inderdaad tot die Dag van Opstanding vertoef. En nou is dit die Opstandingsdag, maar julle het dit nie geweet nie
Ayah 56فَيَوۡمَئِذࣲ لَّا يَنفَعُ ٱلَّذِينَ ظَلَمُواْ مَعۡذِرَتُهُمۡ وَلَا هُمۡ يُسۡتَعۡتَبُونَ
Daarom sal hulle verontskuldiginge die onregverdiges op daardie Dag nie baat nie, ook sal aan hulle geen welwillendheid bewys word nie
Ayah 57وَلَقَدۡ ضَرَبۡنَا لِلنَّاسِ فِي هَٰذَا ٱلۡقُرۡءَانِ مِن كُلِّ مَثَلࣲۚ وَلَئِن جِئۡتَهُم بِـَٔايَةࣲ لَّيَقُولَنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُوٓاْ إِنۡ أَنتُمۡ إِلَّا مُبۡطِلُونَ
Waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse aan die mense voorgehou. Waarlik, as u aan hulle ’n teken toon, sal die ongelowiges sê: Julle is slegs bedrieërs
Ayah 58كَذَٰلِكَ يَطۡبَعُ ٱللَّهُ عَلَىٰ قُلُوبِ ٱلَّذِينَ لَا يَعۡلَمُونَ
So verseël Allah die harte van hulle wat nie wíl weet nie
Ayah 59فَٱصۡبِرۡ إِنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقࣱّۖ وَلَا يَسۡتَخِفَّنَّكَ ٱلَّذِينَ لَا يُوقِنُونَ
Wees dan geduldig; waarlik, die Belofte van Allah is waar; en laat hulle wat geen sekerheid het nie, u nie verontrus nie
Ayah 60