Soera Ghafir — The Forgiver

Soera Ghafir (The Forgiver) — 40/114 · 85 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.

حمٓ

Gaa Miem

Ayah 1

تَنزِيلُ ٱلۡكِتَٰبِ مِنَ ٱللَّهِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡعَلِيمِ

Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Alleswetende

Ayah 2

غَافِرِ ٱلذَّنۢبِ وَقَابِلِ ٱلتَّوۡبِ شَدِيدِ ٱلۡعِقَابِ ذِي ٱلطَّوۡلِۖ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۖ إِلَيۡهِ ٱلۡمَصِيرُ

die Vergewer van sonde, die Aanvaarder van berou, die Streng Tugmeester, die Heer van Genade. Daar is geen god buiten Hom nie; tot Hom is die terugkeer

Ayah 3

مَا يُجَٰدِلُ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ إِلَّا ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فَلَا يَغۡرُرۡكَ تَقَلُّبُهُمۡ فِي ٱلۡبِلَٰدِ

Niemand betwis die tekens van Allah nie, behalwe die ongelowiges. Laat hulle mag in die land u dus nie bedrieg nie

Ayah 4

كَذَّبَتۡ قَبۡلَهُمۡ قَوۡمُ نُوحࣲ وَٱلۡأَحۡزَابُ مِنۢ بَعۡدِهِمۡۖ وَهَمَّتۡ كُلُّ أُمَّةِۭ بِرَسُولِهِمۡ لِيَأۡخُذُوهُۖ وَجَٰدَلُواْ بِٱلۡبَٰطِلِ لِيُدۡحِضُواْ بِهِ ٱلۡحَقَّ فَأَخَذۡتُهُمۡۖ فَكَيۡفَ كَانَ عِقَابِ

Vóór hulle het die volk van Noag, en ook nog ander ná hulle, die profete verloën, en elke nasie het teen sy boodskapper opgetree om hom te teister, en met valsheid geredekawel; maar Ek het hulle daarvoor vergeld, en hoe vreeslik was My vergelding nie

Ayah 5

وَكَذَٰلِكَ حَقَّتۡ كَلِمَتُ رَبِّكَ عَلَى ٱلَّذِينَ كَفَرُوٓاْ أَنَّهُمۡ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِ

So is die woord van u Heer teen die ongelowiges bewaarheid, sodat hulle die bewoners van die Vuur kan wees

Ayah 6

ٱلَّذِينَ يَحۡمِلُونَ ٱلۡعَرۡشَ وَمَنۡ حَوۡلَهُۥ يُسَبِّحُونَ بِحَمۡدِ رَبِّهِمۡ وَيُؤۡمِنُونَ بِهِۦ وَيَسۡتَغۡفِرُونَ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْۖ رَبَّنَا وَسِعۡتَ كُلَّ شَيۡءࣲ رَّحۡمَةࣰ وَعِلۡمࣰ ا فَٱغۡفِرۡ لِلَّذِينَ تَابُواْ وَٱتَّبَعُواْ سَبِيلَكَ وَقِهِمۡ عَذَابَ ٱلۡجَحِيمِ

Húlle wat die Troon van Mag dra ~ en diegene daar rondom ~ verheerlik die lof van hulle Heer en glo in Hom en smeek om beskerming vir die gelowiges: Ons Heer! U omvat alle dinge in U barmhartigheid en kennis; beskerm hulle daarom wat hul tot U bekeer en U weg bewandel, en bewaar hulle van die straf van die Hel

Ayah 7

رَبَّنَا وَأَدۡخِلۡهُمۡ جَنَّٰتِ عَدۡنٍ ٱلَّتِي وَعَدتَّهُمۡ وَمَن صَلَحَ مِنۡ ءَابَآئِهِمۡ وَأَزۡوَٰجِهِمۡ وَذُرِّيَّٰتِهِمۡۚ إِنَّكَ أَنتَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ

Ons Heer! Laat hulle die Tuine van Ewigheid binnegaan wat u hulle belowe het, en so ook die deugsames onder hulle vaders en hulle eggenotes en hulle nageslagte. Waarlik, u is die Allermagtige, die Allerwyse

Ayah 8

وَقِهِمُ ٱلسَّيِّـَٔاتِۚ وَمَن تَقِ ٱلسَّيِّـَٔاتِ يَوۡمَئِذࣲ فَقَدۡ رَحِمۡتَهُۥۚ وَذَٰلِكَ هُوَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡعَظِيمُ

En bewaar hulle van die kwaad. En hom vir wie U op hierdie Dag van kwaad bewaar, aan hom het U waarlik genade betoon. En dit is die grootste sukses

Ayah 9

إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ يُنَادَوۡنَ لَمَقۡتُ ٱللَّهِ أَكۡبَرُ مِن مَّقۡتِكُمۡ أَنفُسَكُمۡ إِذۡ تُدۡعَوۡنَ إِلَى ٱلۡإِيمَٰنِ فَتَكۡفُرُونَ

Die ongelowiges sal toegespreek word: Die misnoeë van Allah toe julle tot die geloof geroep is ~ maar dit verwerp het ~ is veel groter as julle misnoeë nou teen julleself

Ayah 10

قَالُواْ رَبَّنَآ أَمَتَّنَا ٱثۡنَتَيۡنِ وَأَحۡيَيۡتَنَا ٱثۡنَتَيۡنِ فَٱعۡتَرَفۡنَا بِذُنُوبِنَا فَهَلۡ إِلَىٰ خُرُوجࣲ مِّن سَبِيلࣲ‏

Hulle sal sê: Ons Heer! Twee maal het U ons laat sterf, en twee maal het U ons weer opgewek; ons bely nou ons sonde. Is daar dan nog ’n uitweg

Ayah 11

ذَٰلِكُم بِأَنَّهُۥٓ إِذَا دُعِيَ ٱللَّهُ وَحۡدَهُۥ كَفَرۡتُمۡ وَإِن يُشۡرَكۡ بِهِۦ تُؤۡمِنُواْۚ فَٱلۡحُكۡمُ لِلَّهِ ٱلۡعَلِيِّ ٱلۡكَبِيرِ

Dít is omdat julle ~ toe Allah, die Een, na julle geroep het ~ geweier om te glo, maar julle het geglo in die deelgenote wat julle aan Hom toegskryf het. Die oordeel kom Allah toe, die Allerhoogste, die Allergrootste

Ayah 12

هُوَ ٱلَّذِي يُرِيكُمۡ ءَايَٰتِهِۦ وَيُنَزِّلُ لَكُم مِّنَ ٱلسَّمَآءِ رِزۡقࣰ اۚ وَمَا يَتَذَكَّرُ إِلَّا مَن يُنِيبُ

Dit is Hy wat julle Sy tekens toon en voorsiening van die hemel vir julle afstuur; en niemand besef dit nie, behalwe die bekeerdes

Ayah 13

فَٱدۡعُواْ ٱللَّهَ مُخۡلِصِينَ لَهُ ٱلدِّينَ وَلَوۡ كَرِهَ ٱلۡكَٰفِرُونَ

Roep daarom Allah alleen aan, opreg in gehoorsaamheid teenoor Hom ~ hoewel die ongelowiges afkerig is

Ayah 14

رَفِيعُ ٱلدَّرَجَٰتِ ذُو ٱلۡعَرۡشِ يُلۡقِي ٱلرُّوحَ مِنۡ أَمۡرِهِۦ عَلَىٰ مَن يَشَآءُ مِنۡ عِبَادِهِۦ لِيُنذِرَ يَوۡمَ ٱلتَّلَاقِ

Verheffer van Range, Heer van Mag! Hy laat die gees van inspirasie deur Sy gebod afdaal op dié van Sy dienaars wat Hy wil, sodat Hy die mense teen die Dag van Ontmoeting mag waarsku

Ayah 15

يَوۡمَ هُم بَٰرِزُونَۖ لَا يَخۡفَىٰ عَلَى ٱللَّهِ مِنۡهُمۡ شَيۡءࣱۚ لِّمَنِ ٱلۡمُلۡكُ ٱلۡيَوۡمَۖ لِلَّهِ ٱلۡوَٰحِدِ ٱلۡقَهَّارِ

die Dag waarop hulle sal voortkom, sal niks aangaande hulle vir Allah verborge wees nie. Aan wie behoort die koninkryk van hierdie Dag? Aan Allah, die Een, die Onderwerper van almal

Ayah 16

ٱلۡيَوۡمَ تُجۡزَىٰ كُلُّ نَفۡسِۭ بِمَا كَسَبَتۡۚ لَا ظُلۡمَ ٱلۡيَوۡمَۚ إِنَّ ٱللَّهَ سَرِيعُ ٱلۡحِسَابِ

Hierdie Dag sal elke siel volgens verdienste beloon word. Geen onreg sal op dié Dag geskied nie. Voorwaar, Allah is snel in die Afrekening

Ayah 17

وَأَنذِرۡهُمۡ يَوۡمَ ٱلۡأٓزِفَةِ إِذِ ٱلۡقُلُوبُ لَدَى ٱلۡحَنَاجِرِ كَٰظِمِينَۚ مَا لِلظَّٰلِمِينَ مِنۡ حَمِيمࣲ وَلَا شَفِيعࣲ يُطَاعُ

En waarsku hulle teen die naderende Dag, wanneer harte ~ innerlik verdrietig ~ in die keel sal klop. Die onregverdiges sal geen boesemvriend hê, nóg enige bemiddelaar wat gehoorsaam moet word nie

Ayah 18

يَعۡلَمُ خَآئِنَةَ ٱلۡأَعۡيُنِ وَمَا تُخۡفِي ٱلصُّدُورُ

Hy ken die oneerlikheid van die oë en ook dít wat die boesems verberg

Ayah 19

وَٱللَّهُ يَقۡضِي بِٱلۡحَقِّۖ وَٱلَّذِينَ يَدۡعُونَ مِن دُونِهِۦ لَا يَقۡضُونَ بِشَيۡءٍۗ إِنَّ ٱللَّهَ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡبَصِيرُ

En Allah oordeel met waarheid. En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, beoordeel niks nie! Voorwaar, Allah is die Alleshorende, die Allessiende

Ayah 20

۞أَوَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ كَانُواْ مِن قَبۡلِهِمۡۚ كَانُواْ هُمۡ أَشَدَّ مِنۡهُمۡ قُوَّةࣰ وَءَاثَارࣰ ا فِي ٱلۡأَرۡضِ فَأَخَذَهُمُ ٱللَّهُ بِذُنُوبِهِمۡ وَمَا كَانَ لَهُم مِّنَ ٱللَّهِ مِن وَاقࣲ‏

Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? Hulle was nog magtiger as hierdie in krag en het stewiger skanse gehad, maar Allah het hulle vasgevat vanweë hulle sonde. En hulle het niemand gehad om hulle teen Allah te beskerm nie

Ayah 21

ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمۡ كَانَت تَّأۡتِيهِمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَكَفَرُواْ فَأَخَذَهُمُ ٱللَّهُۚ إِنَّهُۥ قَوِيࣱّ شَدِيدُ ٱلۡعِقَابِ

Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het nie geglo nie, daarom het Allah hulle vernietig. Voorwaar, Hy is Magtig, Streng in die straf

Ayah 22

وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا مُوسَىٰ بِـَٔايَٰتِنَا وَسُلۡطَٰنࣲ مُّبِينٍ

En sekerlik het Ons Moses met Ons tekens en met duidelike gesag gestuur

Ayah 23

إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ وَهَٰمَٰنَ وَقَٰرُونَ فَقَالُواْ سَٰحِرࣱ كَذَّابࣱ‏

na Farao en Hamaan en Korag, maar hulle het gesê: Hy is ’n towerkunstenaar en ’n groot leuenaar

Ayah 24

فَلَمَّا جَآءَهُم بِٱلۡحَقِّ مِنۡ عِندِنَا قَالُواْ ٱقۡتُلُوٓاْ أَبۡنَآءَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ مَعَهُۥ وَٱسۡتَحۡيُواْ نِسَآءَهُمۡۚ وَمَا كَيۡدُ ٱلۡكَٰفِرِينَ إِلَّا فِي ضَلَٰلࣲ‏

En toe hy Ons waarheid aan hulle verkondig het, het hulle gesê: Maak dood die seuns van diegene wat saam met hom glo, maar spaar hul vroue. Maar die planne van die ongelowiges sal ongetwyfeld misluk

Ayah 25

وَقَالَ فِرۡعَوۡنُ ذَرُونِيٓ أَقۡتُلۡ مُوسَىٰ وَلۡيَدۡعُ رَبَّهُۥٓۖ إِنِّيٓ أَخَافُ أَن يُبَدِّلَ دِينَكُمۡ أَوۡ أَن يُظۡهِرَ فِي ٱلۡأَرۡضِ ٱلۡفَسَادَ

En Farao het gesê: Laat dit aan my oor om Moses dood te maak, en laat hom sy Heer aanroep. Gewis, ek vrees dat hy julle godsdiens sal verander, of dat hy onheil in die land sal veroorsaak

Ayah 26

وَقَالَ مُوسَىٰٓ إِنِّي عُذۡتُ بِرَبِّي وَرَبِّكُم مِّن كُلِّ مُتَكَبِّرࣲ لَّا يُؤۡمِنُ بِيَوۡمِ ٱلۡحِسَابِ

En Moses het gesê: Waarlik, ek soek toevlug by my Heer, en julle Heer, teen elkeen wat nie aan die Dag van Afrekening glo nie

Ayah 27

وَقَالَ رَجُلࣱ مُّؤۡمِنࣱ مِّنۡ ءَالِ فِرۡعَوۡنَ يَكۡتُمُ إِيمَٰنَهُۥٓ أَتَقۡتُلُونَ رَجُلًا أَن يَقُولَ رَبِّيَ ٱللَّهُ وَقَدۡ جَآءَكُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ مِن رَّبِّكُمۡۖ وَإِن يَكُ كَٰذِبࣰ ا فَعَلَيۡهِ كَذِبُهُۥۖ وَإِن يَكُ صَادِقࣰ ا يُصِبۡكُم بَعۡضُ ٱلَّذِي يَعِدُكُمۡۖ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يَهۡدِي مَنۡ هُوَ مُسۡرِفࣱ كَذَّابࣱ‏

En ’n gelowige man onder Farao se volk, wat sy geloof in die geheim beoefen het, het gesê: Wil julle ’n man doodmaak omdat hy sê: My Heer is Allah, en terwyl hy inderdaad duidelike bewyse van julle Heer gebring het? En as hy ’n leuenaar is, dan rus sy leuen op hom; maar as hy opreg is, sal daar iets oor julle kom waaromtrent julle tot dusver slegs bedreig is. Voorwaar, Allah lei nie hom wat oortree en leuens versprei nie

Ayah 28

يَٰقَوۡمِ لَكُمُ ٱلۡمُلۡكُ ٱلۡيَوۡمَ ظَٰهِرِينَ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَمَن يَنصُرُنَا مِنۢ بَأۡسِ ٱللَّهِ إِن جَآءَنَاۚ قَالَ فِرۡعَوۡنُ مَآ أُرِيكُمۡ إِلَّا مَآ أَرَىٰ وَمَآ أَهۡدِيكُمۡ إِلَّا سَبِيلَ ٱلرَّشَادِ

O my volk! Aan julle behoort die koninkryk van hierdie wêreld, terwyl julle die meesters in die land is, maar wie sal ons teen die straf van Allah help wanneer dít oor ons kom? Farao het gesê: Ek toon julle net wat ek sien, en ek lei julle slegs na die regte weg

Ayah 29

وَقَالَ ٱلَّذِيٓ ءَامَنَ يَٰقَوۡمِ إِنِّيٓ أَخَافُ عَلَيۡكُم مِّثۡلَ يَوۡمِ ٱلۡأَحۡزَابِ

Maar die gelowige het gesê: O my volk! Ek vrees dat dieselfde met julle sal gebeur as wat met die bondgenote gebeur het

Ayah 30

مِثۡلَ دَأۡبِ قَوۡمِ نُوحࣲ وَعَادࣲ وَثَمُودَ وَٱلَّذِينَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡۚ وَمَا ٱللَّهُ يُرِيدُ ظُلۡمࣰ ا لِّلۡعِبَادِ

soos dan ook die geval was met die volk van Noag, en Aad en Thamoed en diegene vóór hulle. En Allah begeer geen onreg vir Sy dienaars nie

Ayah 31

وَيَٰقَوۡمِ إِنِّيٓ أَخَافُ عَلَيۡكُمۡ يَوۡمَ ٱلتَّنَادِ

En, o my volk! Ek vrees om julle ontwil die Dag van Uitroeping

Ayah 32

يَوۡمَ تُوَلُّونَ مُدۡبِرِينَ مَا لَكُم مِّنَ ٱللَّهِ مِنۡ عَاصِمࣲۗ وَمَن يُضۡلِلِ ٱللَّهُ فَمَا لَهُۥ مِنۡ هَادࣲ‏

die Dag wanneer julle sal terugval. Dan sal julle niemand hê om julle te red nie. En hy vir wie Allah laat dwaal het, sal geen leier hê nie

Ayah 33

وَلَقَدۡ جَآءَكُمۡ يُوسُفُ مِن قَبۡلُ بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَمَا زِلۡتُمۡ فِي شَكࣲّ مِّمَّا جَآءَكُم بِهِۦۖ حَتَّىٰٓ إِذَا هَلَكَ قُلۡتُمۡ لَن يَبۡعَثَ ٱللَّهُ مِنۢ بَعۡدِهِۦ رَسُولࣰ اۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ مَنۡ هُوَ مُسۡرِفࣱ مُّرۡتَابٌ

Voorheen het Josef ook met duidelike bewyse na julle gekom, maar julle twyfel altyd aan wat hy vir julle gebring het. Maar toe hy gesterf het, het julle gesê: Allah sal ná hom geen boodskapper weer stuur nie. Want so laat Allah almal wat twyfel en buitensporig handel, in dwaling bly

Ayah 34

ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ بِغَيۡرِ سُلۡطَٰنٍ أَتَىٰهُمۡۖ كَبُرَ مَقۡتًا عِندَ ٱللَّهِ وَعِندَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْۚ كَذَٰلِكَ يَطۡبَعُ ٱللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ قَلۡبِ مُتَكَبِّرࣲ جَبَّارࣲ‏

diegene wat verskil oor Allah se tekens sonder dat hulle enige gesag daaromtrent ontvang het. Dit word grootliks deur Allah en deur die gelowiges gehaat. Maar so verseël Allah elke arrogante en trotse hart

Ayah 35

وَقَالَ فِرۡعَوۡنُ يَٰهَٰمَٰنُ ٱبۡنِ لِي صَرۡحࣰ ا لَّعَلِّيٓ أَبۡلُغُ ٱلۡأَسۡبَٰبَ

En Farao het gesê: O Hamaan! Bou vir my ’n toring sodat ek die toegangsweë kan bereik

Ayah 36

أَسۡبَٰبَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ فَأَطَّلِعَ إِلَىٰٓ إِلَٰهِ مُوسَىٰ وَإِنِّي لَأَظُنُّهُۥ كَٰذِبࣰ اۚ وَكَذَٰلِكَ زُيِّنَ لِفِرۡعَوۡنَ سُوٓءُ عَمَلِهِۦ وَصُدَّ عَنِ ٱلسَّبِيلِۚ وَمَا كَيۡدُ فِرۡعَوۡنَ إِلَّا فِي تَبَابࣲ‏

die toegangsweë na die hemele, sodat ek die God van Moses kan bereik, ofskoon ek seker weet dat hy ’n leuenaar is. So is Farao se bose daad toe vir hom skoonskynend gemaak, en hy is van die regte weg afgelei. Maar die komplot van Farao het slegs in mislukking geëindig

Ayah 37

وَقَالَ ٱلَّذِيٓ ءَامَنَ يَٰقَوۡمِ ٱتَّبِعُونِ أَهۡدِكُمۡ سَبِيلَ ٱلرَّشَادِ

Die gelowige het gesê: O my volk! Volg my; ek sal julle op die regte weg lei

Ayah 38

يَٰقَوۡمِ إِنَّمَا هَٰذِهِ ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَا مَتَٰعࣱ وَإِنَّ ٱلۡأٓخِرَةَ هِيَ دَارُ ٱلۡقَرَارِ

O my volk! Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n verbygaande genot, en die Hiernamaals is die blywende Tuiste

Ayah 39

مَنۡ عَمِلَ سَيِّئَةࣰ فَلَا يُجۡزَىٰٓ إِلَّا مِثۡلَهَاۖ وَمَنۡ عَمِلَ صَٰلِحࣰ ا مِّن ذَكَرٍ أَوۡ أُنثَىٰ وَهُوَ مُؤۡمِنࣱ فَأُوْلَٰٓئِكَ يَدۡخُلُونَ ٱلۡجَنَّةَ يُرۡزَقُونَ فِيهَا بِغَيۡرِ حِسَابࣲ‏

Wie kwaad doen, word slegs met die gelyke daarvan vergeld; en wie goeddoen ~ hetsy man of vrou ~ en ’n gelowige is, hulle sal die Paradys binnegaan om voorsiening sonder maat daarin te ontvang

Ayah 40

۞وَيَٰقَوۡمِ مَا لِيٓ أَدۡعُوكُمۡ إِلَى ٱلنَّجَوٰةِ وَتَدۡعُونَنِيٓ إِلَى ٱلنَّارِ

En, o my volk! Hoe is dit dan dat ek julle tot redding roep en julle my na die Vuur nooi

Ayah 41

تَدۡعُونَنِي لِأَكۡفُرَ بِٱللَّهِ وَأُشۡرِكَ بِهِۦ مَا لَيۡسَ لِي بِهِۦ عِلۡمࣱ وَأَنَا۠ أَدۡعُوكُمۡ إِلَى ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡغَفَّٰرِ

Julle nooi my uit om nie in Allah te glo nie, en dinge met Hom te vereenselwig waarvan ek geen kennis het nie, en ek roep julle tot die Almagtige, die Vergewensgesinde

Ayah 42

لَا جَرَمَ أَنَّمَا تَدۡعُونَنِيٓ إِلَيۡهِ لَيۡسَ لَهُۥ دَعۡوَةࣱ فِي ٱلدُّنۡيَا وَلَا فِي ٱلۡأٓخِرَةِ وَأَنَّ مَرَدَّنَآ إِلَى ٱللَّهِ وَأَنَّ ٱلۡمُسۡرِفِينَ هُمۡ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِ

Ongetwyfeld kan dít waarna julle my nooi, nie in hierdie wêreld of in die Hiernamaals daarop aanspraak maak om aanbid te word nie, want ons terugkeer is waarlik tot Allah; en die oortreders sal die bewoners van die Vuur wees

Ayah 43

فَسَتَذۡكُرُونَ مَآ أَقُولُ لَكُمۡۚ وَأُفَوِّضُ أَمۡرِيٓ إِلَى ٱللَّهِۚ إِنَّ ٱللَّهَ بَصِيرُۢ بِٱلۡعِبَادِ

Julle sal dus onthou wat ek julle sê. En ek vertrou my saak aan Allah toe. Voorwaar, Allah is die Siener van Sy dienaars

Ayah 44

فَوَقَىٰهُ ٱللَّهُ سَيِّـَٔاتِ مَا مَكَرُواْۖ وَحَاقَ بِـَٔالِ فِرۡعَوۡنَ سُوٓءُ ٱلۡعَذَابِ

So het Allah hom toe beskerm teen die kwaad wat hulle teen hom beraam het, en ’n swaar straf het oor die volk van Farao gekom

Ayah 45

ٱلنَّارُ يُعۡرَضُونَ عَلَيۡهَا غُدُوࣰّ ا وَعَشِيࣰّ اۚ وَيَوۡمَ تَقُومُ ٱلسَّاعَةُ أَدۡخِلُوٓاْ ءَالَ فِرۡعَوۡنَ أَشَدَّ ٱلۡعَذَابِ

die Vuur. Hulle sal elke oggend en aand daaraan blootgestel word. En die Dag wanneer die Uur sal aanbreek, sal daar gesê word: Laat die volk van Farao die strengste straf ondergaan

Ayah 46

وَإِذۡ يَتَحَآجُّونَ فِي ٱلنَّارِ فَيَقُولُ ٱلضُّعَفَٰٓؤُاْ لِلَّذِينَ ٱسۡتَكۡبَرُوٓاْ إِنَّا كُنَّا لَكُمۡ تَبَعࣰ ا فَهَلۡ أَنتُم مُّغۡنُونَ عَنَّا نَصِيبࣰ ا مِّنَ ٱلنَّارِ

En wanneer hulle in die Vuur met mekaar sal twis, sal die swakke aan die trotse sê: Waarlik, ons was julle volgelinge; sal julle dan nie nou maar ’n gedeelte van die Vuur van ons afkeer nie

Ayah 47

قَالَ ٱلَّذِينَ ٱسۡتَكۡبَرُوٓاْ إِنَّا كُلࣱّ فِيهَآ إِنَّ ٱللَّهَ قَدۡ حَكَمَ بَيۡنَ ٱلۡعِبَادِ

Diegene wat trots was, sal sê: Nou is ons almal saam hierin: Allah het nou oor Sy dienaars geoordeel

Ayah 48

وَقَالَ ٱلَّذِينَ فِي ٱلنَّارِ لِخَزَنَةِ جَهَنَّمَ ٱدۡعُواْ رَبَّكُمۡ يُخَفِّفۡ عَنَّا يَوۡمࣰ ا مِّنَ ٱلۡعَذَابِ

En diegene in die Vuur sal aan die bewaarders van die Hel sê: Smeek julle Heer om ons straf net ’n dag lank vir ons ligter te maak

Ayah 49

قَالُوٓاْ أَوَلَمۡ تَكُ تَأۡتِيكُمۡ رُسُلُكُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِۖ قَالُواْ بَلَىٰۚ قَالُواْ فَٱدۡعُواْۗ وَمَا دُعَٰٓؤُاْ ٱلۡكَٰفِرِينَ إِلَّا فِي ضَلَٰلٍ

Hulle sal antwoord: Het julle boodskappers nie met duidelike bewyse na julle gekom nie? Hulle sal sê: Ja, seker. Die bewaarders sal dan sê: Bid dan. En die gebed van die ongelowiges sal maar net tevergeefs wees

Ayah 50

إِنَّا لَنَنصُرُ رُسُلَنَا وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَيَوۡمَ يَقُومُ ٱلۡأَشۡهَٰدُ

Voorwaar, Ons help Ons boodskappers en die gelowiges in hierdie lewe, en so sal Ons ook doen op die Dag wanneer die getuies ingeroep sal word

Ayah 51

يَوۡمَ لَا يَنفَعُ ٱلظَّٰلِمِينَ مَعۡذِرَتُهُمۡۖ وَلَهُمُ ٱللَّعۡنَةُ وَلَهُمۡ سُوٓءُ ٱلدَّارِ

Die Dag waarop verskonings die onregverdiges niks sal baat nie, en wanneer die vloek van ’n bose rusplek oor hulle sal kom

Ayah 52

وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَا مُوسَى ٱلۡهُدَىٰ وَأَوۡرَثۡنَا بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ٱلۡكِتَٰبَ

En Ons het inderdaad leiding aan Moses gegee, en Ons het die Kinders van Israel die Boek laat erwe

Ayah 53

هُدࣰ ى وَذِكۡرَىٰ لِأُوْلِي ٱلۡأَلۡبَٰبِ

as ’n leiding en vermaning vir mense wat verstaan

Ayah 54

فَٱصۡبِرۡ إِنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقࣱّ وَٱسۡتَغۡفِرۡ لِذَنۢبِكَ وَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ بِٱلۡعَشِيِّ وَٱلۡإِبۡكَٰرِ

Wees daarom geduldig; voorwaar, die beloftes van Allah is waar; en vra om beskerming vir u sonde, en verheerlik die lof van u Heer saans en soggens

Ayah 55

إِنَّ ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ بِغَيۡرِ سُلۡطَٰنٍ أَتَىٰهُمۡ إِن فِي صُدُورِهِمۡ إِلَّا كِبۡرࣱ مَّا هُم بِبَٰلِغِيهِۚ فَٱسۡتَعِذۡ بِٱللَّهِۖ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡبَصِيرُ

Hulle wat oor die tekens van Allah argumenteer sonder dat enige gesag tot hulle gekom het, het niks anders in hul boesems nie as slegs ’n verlange om verheerlik te word, wat hulle tog nooit te beurt sal val nie Soek dus toevlug by Allah. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Allesiende

Ayah 56

لَخَلۡقُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ أَكۡبَرُ مِنۡ خَلۡقِ ٱلنَّاسِ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَعۡلَمُونَ

Voorwaar, die skepping van die hemele en die aarde is groter as die skepping van die mense; maar die meeste mense weet dit nie

Ayah 57

وَمَا يَسۡتَوِي ٱلۡأَعۡمَىٰ وَٱلۡبَصِيرُ وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَلَا ٱلۡمُسِيٓءُۚ قَلِيلࣰ ا مَّا تَتَذَكَّرُونَ

En die blinde en die siende is nie eenders nie, ook nie die weldoeners en die kwaaddoeners nie. Hoe min gee julle om

Ayah 58

إِنَّ ٱلسَّاعَةَ لَأٓتِيَةࣱ لَّا رَيۡبَ فِيهَا وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يُؤۡمِنُونَ

Die Uur sal sekerlik kom ~ daaraan is geen twyfel nie ~ maar die meeste mense glo dit nie

Ayah 59

وَقَالَ رَبُّكُمُ ٱدۡعُونِيٓ أَسۡتَجِبۡ لَكُمۡۚ إِنَّ ٱلَّذِينَ يَسۡتَكۡبِرُونَ عَنۡ عِبَادَتِي سَيَدۡخُلُونَ جَهَنَّمَ دَاخِرِينَ

En julle Heer sê: Aanbid My; Ek sal julle gebede beantwoord. Hulle wat te arrogant is om My te aanbid, sal sekerlik die Hel vernederd binnegaan

Ayah 60

ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلَّيۡلَ لِتَسۡكُنُواْ فِيهِ وَٱلنَّهَارَ مُبۡصِرًاۚ إِنَّ ٱللَّهَ لَذُو فَضۡلٍ عَلَى ٱلنَّاسِ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَشۡكُرُونَ

Dit is Allah wat vir julle die nag gemaak het sodat julle daarin rus kan vind, en die dag om in te sien. Voorwaar, Allah is Vol Genade teenoor die mensdom; maar die meeste mense betuig nie dank nie

Ayah 61

ذَٰلِكُمُ ٱللَّهُ رَبُّكُمۡ خَٰلِقُ كُلِّ شَيۡءࣲ لَّآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۖ فَأَنَّىٰ تُؤۡفَكُونَ

Dít is Allah, julle Heer, die Skepper van alle dinge. Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom draai julle dan weg

Ayah 62

كَذَٰلِكَ يُؤۡفَكُ ٱلَّذِينَ كَانُواْ بِـَٔايَٰتِ ٱللَّهِ يَجۡحَدُونَ

So dwaal hulle wat die tekens van Allah ontken

Ayah 63

ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلۡأَرۡضَ قَرَارࣰ ا وَٱلسَّمَآءَ بِنَآءࣰ وَصَوَّرَكُمۡ فَأَحۡسَنَ صُوَرَكُمۡ وَرَزَقَكُم مِّنَ ٱلطَّيِّبَٰتِۚ ذَٰلِكُمُ ٱللَّهُ رَبُّكُمۡۖ فَتَبَارَكَ ٱللَّهُ رَبُّ ٱلۡعَٰلَمِينَ

Dit is Allah wat die aarde vir julle as ’n rusplek gemaak het en die hemel as ’n gewelf, en Hy het julle gevorm en julle mooi van fatsoen gemaak, en Hy het julle van goeie dinge voorsien. Dít is Allah, julle Heer. Geseënd is Allah, die Heer van die Wêrelde

Ayah 64

هُوَ ٱلۡحَيُّ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ فَٱدۡعُوهُ مُخۡلِصِينَ لَهُ ٱلدِّينَۗ ٱلۡحَمۡدُ لِلَّهِ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ

Hy is die Lewende, daar is geen god nie buiten Hom; roep Hom dus aan, opreg in gehoorsaamheid teenoor Hom. Alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde

Ayah 65

۞قُلۡ إِنِّي نُهِيتُ أَنۡ أَعۡبُدَ ٱلَّذِينَ تَدۡعُونَ مِن دُونِ ٱللَّهِ لَمَّا جَآءَنِيَ ٱلۡبَيِّنَٰتُ مِن رَّبِّي وَأُمِرۡتُ أَنۡ أُسۡلِمَ لِرَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ

Sê: Dit is my nie geoorloof om diegene te aanbid wat julle buiten Allah aanroep nie, noudat duidelike bewyse van julle Heer reeds tot my gekom het; en ek is beveel om my aan die Heer van die Wêrelde te onderwerp

Ayah 66

هُوَ ٱلَّذِي خَلَقَكُم مِّن تُرَابࣲ ثُمَّ مِن نُّطۡفَةࣲ ثُمَّ مِنۡ عَلَقَةࣲ ثُمَّ يُخۡرِجُكُمۡ طِفۡلࣰ ا ثُمَّ لِتَبۡلُغُوٓاْ أَشُدَّكُمۡ ثُمَّ لِتَكُونُواْ شُيُوخࣰ اۚ وَمِنكُم مَّن يُتَوَفَّىٰ مِن قَبۡلُۖ وَلِتَبۡلُغُوٓاْ أَجَلࣰ ا مُّسَمࣰّ ى وَلَعَلَّكُمۡ تَعۡقِلُونَ

Dit is Hy wat julle uit stof geskape het, toe uit ’n sperm, daarna uit ’n bloedstolsel, waarna Hy julle as kinders voortbring; dan bereik julle volwassenheid en word oud; en sommige van julle sterf vroeg en ander bereik ’n vasgestelde tyd; sodat julle kan verstaan

Ayah 67

هُوَ ٱلَّذِي يُحۡيِۦ وَيُمِيتُۖ فَإِذَا قَضَىٰٓ أَمۡرࣰ ا فَإِنَّمَا يَقُولُ لَهُۥ كُن فَيَكُونُ

Dit is Hy wat lewe gee en ook die dood. En wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit word

Ayah 68

أَلَمۡ تَرَ إِلَى ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ أَنَّىٰ يُصۡرَفُونَ

Het u nie húlle gesien wat oor die tekens van Allah argumenteer nie? Hoe het hulle nie afgedwaal nie

Ayah 69

ٱلَّذِينَ كَذَّبُواْ بِٱلۡكِتَٰبِ وَبِمَآ أَرۡسَلۡنَا بِهِۦ رُسُلَنَاۖ فَسَوۡفَ يَعۡلَمُونَ

Hulle wat die Boek verwerp en dit waarmee Ons Ons boodskap- pers gestuur het. Maar hulle sal weldra te wete kom

Ayah 70

إِذِ ٱلۡأَغۡلَٰلُ فِيٓ أَعۡنَٰقِهِمۡ وَٱلسَّلَٰسِلُ يُسۡحَبُونَ

Wanneer boeie om hulle nekke sal wees en ook kettings. Hulle sal gesleep word

Ayah 71

فِي ٱلۡحَمِيمِ ثُمَّ فِي ٱلنَّارِ يُسۡجَرُونَ

in kokende water; daarna sal hulle in die Vuur brand

Ayah 72

ثُمَّ قِيلَ لَهُمۡ أَيۡنَ مَا كُنتُمۡ تُشۡرِكُونَ

Dan sal aan hulle gevra word: Waar is julle afgode

Ayah 73

مِن دُونِ ٱللَّهِۖ قَالُواْ ضَلُّواْ عَنَّا بَل لَّمۡ نَكُن نَّدۡعُواْ مِن قَبۡلُ شَيۡـࣰٔ اۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ ٱلۡكَٰفِرِينَ

wat julle naas Allah aanbid het? Hulle sal sê: Hulle het ons in die steek gelaat; nee, ons was voorheen nie daaraan gewoond om te aanbid nie. Want so skep Allah verwarring vir die ongelowiges

Ayah 74

ذَٰلِكُم بِمَا كُنتُمۡ تَفۡرَحُونَ فِي ٱلۡأَرۡضِ بِغَيۡرِ ٱلۡحَقِّ وَبِمَا كُنتُمۡ تَمۡرَحُونَ

Dit is omdat julle ten onregte op die aarde gejubel het, en omdat julle onbeskaamd was

Ayah 75

ٱدۡخُلُوٓاْ أَبۡوَٰبَ جَهَنَّمَ خَٰلِدِينَ فِيهَاۖ فَبِئۡسَ مَثۡوَى ٱلۡمُتَكَبِّرِينَ

Gaan die hekke van die Hel binne om daarin te bly; boos dan is die tuiste van die arrogantes

Ayah 76

فَٱصۡبِرۡ إِنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقࣱّۚ فَإِمَّا نُرِيَنَّكَ بَعۡضَ ٱلَّذِي نَعِدُهُمۡ أَوۡ نَتَوَفَّيَنَّكَ فَإِلَيۡنَا يُرۡجَعُونَ

Wees derhalwe geduldig, want die belofte van Allah is sekerlik waar. Maar of Ons u die straf waarmee Ons hulle bedreig gedeeltelik laat sien, of u laat sterwe, hulle sal sekerlik tot Ons terugkeer

Ayah 77

وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا رُسُلࣰ ا مِّن قَبۡلِكَ مِنۡهُم مَّن قَصَصۡنَا عَلَيۡكَ وَمِنۡهُم مَّن لَّمۡ نَقۡصُصۡ عَلَيۡكَۗ وَمَا كَانَ لِرَسُولٍ أَن يَأۡتِيَ بِـَٔايَةٍ إِلَّا بِإِذۡنِ ٱللَّهِۚ فَإِذَا جَآءَ أَمۡرُ ٱللَّهِ قُضِيَ بِٱلۡحَقِّ وَخَسِرَ هُنَالِكَ ٱلۡمُبۡطِلُونَ

En inderdaad het Ons boodskappers vóór u gestuur ~ sommige van hulle het Ons aan u genoem, en ander nie. Ook was dit nie moontlik vir ’n boodskapper om ’n teken te bring sonder die toestemming van Allah nie. En wanneer die gebod van Allah kom, word die oordeel met waarheid uitgspreek, en diegene wat dit as ’n leuen beskou het, sal verlore wees

Ayah 78

ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلۡأَنۡعَٰمَ لِتَرۡكَبُواْ مِنۡهَا وَمِنۡهَا تَأۡكُلُونَ

Dit is Allah wat die vee vir julle gemaak het, sodat julle op sommige van hulle kan ry en sommige van hulle kan eet

Ayah 79

وَلَكُمۡ فِيهَا مَنَٰفِعُ وَلِتَبۡلُغُواْ عَلَيۡهَا حَاجَةࣰ فِي صُدُورِكُمۡ وَعَلَيۡهَا وَعَلَى ٱلۡفُلۡكِ تُحۡمَلُونَ

En hulle hou vir julle sekere voordele in, sodat julle deur middel van hulle elke behoefte van die hart kan versadig. En op hulle, en op skepe, word julle vervoer

Ayah 80

وَيُرِيكُمۡ ءَايَٰتِهِۦ فَأَيَّ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ تُنكِرُونَ

En Hy toon julle Sy tekens; watter van Sy tekens sal julle dan verwerp

Ayah 81

أَفَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡۚ كَانُوٓاْ أَكۡثَرَ مِنۡهُمۡ وَأَشَدَّ قُوَّةࣰ وَءَاثَارࣰ ا فِي ٱلۡأَرۡضِ فَمَآ أَغۡنَىٰ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يَكۡسِبُونَ

Reis hulle dan nie deur die land en sien hulle nie wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Hulle was groter in getal en magtiger in krag en veiliger verskans in die land, maar wat hulle verdien het, het hulle nie gebaat nie

Ayah 82

فَلَمَّا جَآءَتۡهُمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَرِحُواْ بِمَا عِندَهُم مِّنَ ٱلۡعِلۡمِ وَحَاقَ بِهِم مَّا كَانُواْ بِهِۦ يَسۡتَهۡزِءُونَ

En toe hulle boodskappers met duidelike bewyse tot hulle gekom het, het hulle hul verheug in die kennis wat hulle besit het; en die straf waaroor hulle gespot het, het hulle verstrik

Ayah 83

فَلَمَّا رَأَوۡاْ بَأۡسَنَا قَالُوٓاْ ءَامَنَّا بِٱللَّهِ وَحۡدَهُۥ وَكَفَرۡنَا بِمَا كُنَّا بِهِۦ مُشۡرِكِينَ

Maar toe hulle Ons straf sien, het hulle gesê: Ons glo slegs in Allah, en ons verloën wat ons vantevore met Hom vereenselwig het

Ayah 84

فَلَمۡ يَكُ يَنفَعُهُمۡ إِيمَٰنُهُمۡ لَمَّا رَأَوۡاْ بَأۡسَنَاۖ سُنَّتَ ٱللَّهِ ٱلَّتِي قَدۡ خَلَتۡ فِي عِبَادِهِۦۖ وَخَسِرَ هُنَالِكَ ٱلۡكَٰفِرُونَ

Maar toe hulle Ons straf sien, kon hulle geloof hul nie meer baat nie. Want sodanig is die Wet van Allah, en dit neem altyd sy loop teenoor Sy dienaars; en die ongelowiges raak verlore

Ayah 85