Soera Ash-Shams — The Sun
Soera Ash-Shams (The Sun) — 91/114 · 15 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
وَٱلشَّمۡسِ وَضُحَىٰهَا
By die son en sy glansrykheid
Ayah 1وَٱلۡقَمَرِ إِذَا تَلَىٰهَا
by die maan as hy hom volg
Ayah 2وَٱلنَّهَارِ إِذَا جَلَّىٰهَا
by die dag, as dit onthul
Ayah 3وَٱلَّيۡلِ إِذَا يَغۡشَىٰهَا
by die nag, as dit bedek
Ayah 4وَٱلسَّمَآءِ وَمَا بَنَىٰهَا
by die hemel en die skepping daarvan
Ayah 5وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا طَحَىٰهَا
by die aarde en sy ruimte
Ayah 6وَنَفۡسࣲ وَمَا سَوَّىٰهَا
En by die siel en sy volmaaktheid
Ayah 7فَأَلۡهَمَهَا فُجُورَهَا وَتَقۡوَىٰهَا
So openbaar Hy die goeie sowel as die bose weg
Ayah 8قَدۡ أَفۡلَحَ مَن زَكَّىٰهَا
Suksesvol sal hy wees wat dit rein hou
Ayah 9وَقَدۡ خَابَ مَن دَسَّىٰهَا
maar klaaglik die lot van hom wat die siel verlei en besoedel
Ayah 10كَذَّبَتۡ ثَمُودُ بِطَغۡوَىٰهَآ
Die stam van Thamoed het die waarheid in hulle boosaardig- heid verwerp
Ayah 11إِذِ ٱنۢبَعَثَ أَشۡقَىٰهَا
toe die gemeenste onder hulle in opstand gekom het
Ayah 12فَقَالَ لَهُمۡ رَسُولُ ٱللَّهِ نَاقَةَ ٱللَّهِ وَسُقۡيَٰهَا
Tog het die boodskapper van Allah vir hulle gesê: Dít is die kamelin van Allah; laat haar drink
Ayah 13فَكَذَّبُوهُ فَعَقَرُوهَا فَدَمۡدَمَ عَلَيۡهِمۡ رَبُّهُم بِذَنۢبِهِمۡ فَسَوَّىٰهَا
Maar hulle het hom verloën en haar geslag. Daarom het hulle Heer hulle vanweë hul sonde verdelg, en alles met die grond gelyk gemaak
Ayah 14وَلَا يَخَافُ عُقۡبَٰهَا
En Hy vrees nie die gevolge hiervan nie
Ayah 15