Soera Qaaf — The letter Qaaf
Soera Qaaf (The letter Qaaf) — 50/114 · 45 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
قٓۚ وَٱلۡقُرۡءَانِ ٱلۡمَجِيدِ
Kôf.1 By die glorieryke Qur’ãn
Ayah 1بَلۡ عَجِبُوٓاْ أَن جَآءَهُم مُّنذِرࣱ مِّنۡهُمۡ فَقَالَ ٱلۡكَٰفِرُونَ هَٰذَا شَيۡءٌ عَجِيبٌ
Nee, hulle verwonder hulle dat ’n waarskuwer uit hulle midde na hulle gekom het. En die ongelowiges sê: Dit is ’n wonderlike ding
Ayah 2أَءِذَا مِتۡنَا وَكُنَّا تُرَابࣰ اۖ ذَٰلِكَ رَجۡعُۢ بَعِيدࣱ
Wanneer ons sterf en stof word, sal ons dan weer verwek word? Dit is vergesog
Ayah 3قَدۡ عَلِمۡنَا مَا تَنقُصُ ٱلۡأَرۡضُ مِنۡهُمۡۖ وَعِندَنَا كِتَٰبٌ حَفِيظُۢ
Ons weet inderdaad wat die aarde van hulle verteer, en by Ons is ’n Boek wat alles bewaar
Ayah 4بَلۡ كَذَّبُواْ بِٱلۡحَقِّ لَمَّا جَآءَهُمۡ فَهُمۡ فِيٓ أَمۡرࣲ مَّرِيجٍ
Nee, hulle verwerp die waarheid wanneer dit na hulle kom, daarom verkeer hulle in ’n toestand van verwarring
Ayah 5أَفَلَمۡ يَنظُرُوٓاْ إِلَى ٱلسَّمَآءِ فَوۡقَهُمۡ كَيۡفَ بَنَيۡنَٰهَا وَزَيَّنَّٰهَا وَمَا لَهَا مِن فُرُوجࣲ
Kyk hulle nie op na die lug bo hulle hoe Ons dit opgerig en versier het nie, en dat daar niks ontbreek nie
Ayah 6وَٱلۡأَرۡضَ مَدَدۡنَٰهَا وَأَلۡقَيۡنَا فِيهَا رَوَٰسِيَ وَأَنۢبَتۡنَا فِيهَا مِن كُلِّ زَوۡجِۭ بَهِيجࣲ
En die aarde het Ons uitgesprei en stewige berge daarop geves- tig, en Ons het daarop elke pragtige plantesoort laat groei
Ayah 7تَبۡصِرَةࣰ وَذِكۡرَىٰ لِكُلِّ عَبۡدࣲ مُّنِيبࣲ
om insig te gee, en ook as ’n vermaning vir elke dienaar wat hom tot Allah wend
Ayah 8وَنَزَّلۡنَا مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءࣰ مُّبَٰرَكࣰ ا فَأَنۢبَتۡنَا بِهِۦ جَنَّٰتࣲ وَحَبَّ ٱلۡحَصِيدِ
En Ons stuur water vol seëninge uit die wolke af, en Ons laat daarmee tuine groei en die graan wat geoes word
Ayah 9وَٱلنَّخۡلَ بَاسِقَٰتࣲ لَّهَا طَلۡعࣱ نَّضِيدࣱ
en die hoë palmbome met blomskedes wat bo-op mekaar gepak lê
Ayah 10رِّزۡقࣰ ا لِّلۡعِبَادِۖ وَأَحۡيَيۡنَا بِهِۦ بَلۡدَةࣰ مَّيۡتࣰ اۚ كَذَٰلِكَ ٱلۡخُرُوجُ
as voorsiening vir die dienaars, en Ons gee daarmee lewe aan ’n dooie land. Net so sal die Opstanding wees
Ayah 11كَذَّبَتۡ قَبۡلَهُمۡ قَوۡمُ نُوحࣲ وَأَصۡحَٰبُ ٱلرَّسِّ وَثَمُودُ
Vóór hulle het die volk van Noag die Waarheid verloën, en so ook
Ayah 12وَعَادࣱ وَفِرۡعَوۡنُ وَإِخۡوَٰنُ لُوطࣲ
en Aad en Farao en die broers van Lot
Ayah 13وَأَصۡحَٰبُ ٱلۡأَيۡكَةِ وَقَوۡمُ تُبَّعࣲۚ كُلࣱّ كَذَّبَ ٱلرُّسُلَ فَحَقَّ وَعِيدِ
en die Bewoners van die Woud en die Bewoners van Toebba. Hulle almal het die boodskappers verloën, daarom is my dreigemente vervul
Ayah 14أَفَعَيِينَا بِٱلۡخَلۡقِ ٱلۡأَوَّلِۚ بَلۡ هُمۡ فِي لَبۡسࣲ مِّنۡ خَلۡقࣲ جَدِيدࣲ
Was Ons dan uitgeput deur die eerste skepping? Tog verkeer hulle in twyfel omtrent ’n nuwe skepping
Ayah 15وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ وَنَعۡلَمُ مَا تُوَسۡوِسُ بِهِۦ نَفۡسُهُۥۖ وَنَحۡنُ أَقۡرَبُ إِلَيۡهِ مِنۡ حَبۡلِ ٱلۡوَرِيدِ
En inderdaad het Ons die mens geskape, en Ons weet wat sy gedagtes vir hom influister; en Ons is nader aan hom as selfs sy nekslagaar
Ayah 16إِذۡ يَتَلَقَّى ٱلۡمُتَلَقِّيَانِ عَنِ ٱلۡيَمِينِ وَعَنِ ٱلشِّمَالِ قَعِيدࣱ
Wanneer die twee Ontvangers, die een aan sy regterkant en die ander aan sy linkerkant, hom ontvang
Ayah 17مَّا يَلۡفِظُ مِن قَوۡلٍ إِلَّا لَدَيۡهِ رَقِيبٌ عَتِيدࣱ
uiter hy geen woord nie, of ’n bewaker is by hom, wat altyd gereed is
Ayah 18وَجَآءَتۡ سَكۡرَةُ ٱلۡمَوۡتِ بِٱلۡحَقِّۖ ذَٰلِكَ مَا كُنتَ مِنۡهُ تَحِيدُ
En die beswyming van die dood kom waarlik; dít is wat u wou vermy
Ayah 19وَنُفِخَ فِي ٱلصُّورِۚ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡوَعِيدِ
En daar sal op die basuin geblaas word. Daardie dag is die Dag van Bedreiging
Ayah 20وَجَآءَتۡ كُلُّ نَفۡسࣲ مَّعَهَا سَآئِقࣱ وَشَهِيدࣱ
En elke siel sal saam met ’n aanjaer en ’n getuie kom
Ayah 21لَّقَدۡ كُنتَ فِي غَفۡلَةࣲ مِّنۡ هَٰذَا فَكَشَفۡنَا عَنكَ غِطَآءَكَ فَبَصَرُكَ ٱلۡيَوۡمَ حَدِيدࣱ
Daar sal gesê word: U was inderdaad agteloos, maar nou het Ons die sluier van u verwyder, daarom sal die gesig van die oë Vandag skerp wees
Ayah 22وَقَالَ قَرِينُهُۥ هَٰذَا مَا لَدَيَّ عَتِيدٌ
En sy metgesel sal sê: Dít is wat by my gereed is
Ayah 23أَلۡقِيَا فِي جَهَنَّمَ كُلَّ كَفَّارٍ عَنِيدࣲ
Daar sal gesê word: Werp in die Hel elke ondankbare, opstandige skepsel
Ayah 24مَّنَّاعࣲ لِّلۡخَيۡرِ مُعۡتَدࣲ مُّرِيبٍ
Verhinderaar van die goeie, oorskryer van perke, twyfelaar
Ayah 25ٱلَّذِي جَعَلَ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَ فَأَلۡقِيَاهُ فِي ٱلۡعَذَابِ ٱلشَّدِيدِ
wat ’n ander god naas Allah opstel; laat hom dan ’n streng straf ondergaan
Ayah 26۞قَالَ قَرِينُهُۥ رَبَّنَا مَآ أَطۡغَيۡتُهُۥ وَلَٰكِن كَانَ فِي ضَلَٰلِۭ بَعِيدࣲ
Sy metgesel sal sê: Ons Heer! Ek het hom nie opstandig gemaak nie, maar hy het self ver in die dwaling ingegaan
Ayah 27قَالَ لَا تَخۡتَصِمُواْ لَدَيَّ وَقَدۡ قَدَّمۡتُ إِلَيۡكُم بِٱلۡوَعِيدِ
Hy sal antwoord: Argumenteer nie in My teenwoordigheid nie; Ek het julle inderdaad vooraf die waarskuwing gegee
Ayah 28مَا يُبَدَّلُ ٱلۡقَوۡلُ لَدَيَّ وَمَآ أَنَا۠ بِظَلَّٰمࣲ لِّلۡعَبِيدِ
My vonnis kan nie verander word nie, en Ek is glad nie onregverdig teenoor die dienaars nie
Ayah 29يَوۡمَ نَقُولُ لِجَهَنَّمَ هَلِ ٱمۡتَلَأۡتِ وَتَقُولُ هَلۡ مِن مَّزِيدࣲ
Op die Dag wanneer Ons aan die Hel sal sê: Is u stampvol? En hy sal antwoord: Is daar nog meer
Ayah 30وَأُزۡلِفَتِ ٱلۡجَنَّةُ لِلۡمُتَّقِينَ غَيۡرَ بَعِيدٍ
En die Hemel sal naby gebring word aan diegene wat teen die kwaad gewaak het, en dit sal nie afgeleë wees nie
Ayah 31هَٰذَا مَا تُوعَدُونَ لِكُلِّ أَوَّابٍ حَفِيظࣲ
Dít is wat aan julle belowe is, vir elkeen wat hom bekeer het en op die perke ag geslaan het
Ayah 32مَّنۡ خَشِيَ ٱلرَّحۡمَٰنَ بِٱلۡغَيۡبِ وَجَآءَ بِقَلۡبࣲ مُّنِيبٍ
wat die Barmhartige in die geheim vrees en met ’n berouvolle hart te voorskyn kom
Ayah 33ٱدۡخُلُوهَا بِسَلَٰمࣲۖ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡخُلُودِ
Gaan dit in vrede binne. Dit is die Dag van Ewigheid
Ayah 34لَهُم مَّا يَشَآءُونَ فِيهَا وَلَدَيۡنَا مَزِيدࣱ
Vir hulle is alles daarin wat hulle begeer, en by Ons is nog meer
Ayah 35وَكَمۡ أَهۡلَكۡنَا قَبۡلَهُم مِّن قَرۡنٍ هُمۡ أَشَدُّ مِنۡهُم بَطۡشࣰ ا فَنَقَّبُواْ فِي ٱلۡبِلَٰدِ هَلۡ مِن مَّحِيصٍ
En hoeveel geslagte vóór hulle, wat magtiger was as hulle, het Ons nie vernietig nie! En hulle het deur die lande getrek! Is daar ’n toevlugsoord
Ayah 36إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَذِكۡرَىٰ لِمَن كَانَ لَهُۥ قَلۡبٌ أَوۡ أَلۡقَى ٱلسَّمۡعَ وَهُوَ شَهِيدࣱ
Sekerlik is daar ’n vermaning hierin vir hom wat ’n hart het, of wat luister en oplettend is
Ayah 37وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ وَمَا بَيۡنَهُمَا فِي سِتَّةِ أَيَّامࣲ وَمَا مَسَّنَا مِن لُّغُوبࣲ
En inderdaad het Ons die hemele en die aarde en wat daartussen is, in ses tydperke geskape, en geen vermoeidheid het Ons geraak nie
Ayah 38فَٱصۡبِرۡ عَلَىٰ مَا يَقُولُونَ وَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ قَبۡلَ طُلُوعِ ٱلشَّمۡسِ وَقَبۡلَ ٱلۡغُرُوبِ
Verdra dan wat hulle sê; verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, vóór die opkoms van die son en vóór dit ondergaan. En verheerlik Hom snags en nà die gebedsprostrasie
Ayah 39وَمِنَ ٱلَّيۡلِ فَسَبِّحۡهُ وَأَدۡبَٰرَ ٱلسُّجُودِ
En luister op die Dag wanneer ’n uitroeper van ’n naby plek sal uitroep
Ayah 40وَٱسۡتَمِعۡ يَوۡمَ يُنَادِ ٱلۡمُنَادِ مِن مَّكَانࣲ قَرِيبࣲ
die Dag wanneer hulle die uitroep in waarheid sal hoor
Ayah 41يَوۡمَ يَسۡمَعُونَ ٱلصَّيۡحَةَ بِٱلۡحَقِّۚ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡخُرُوجِ
Dit is die Dag van Verskyning
Ayah 42إِنَّا نَحۡنُ نُحۡيِۦ وَنُمِيتُ وَإِلَيۡنَا ٱلۡمَصِيرُ
Waarlik, Ons gee lewe en veroorsaak die dood, en tot Ons is die terugkeer
Ayah 43يَوۡمَ تَشَقَّقُ ٱلۡأَرۡضُ عَنۡهُمۡ سِرَاعࣰ اۚ ذَٰلِكَ حَشۡرٌ عَلَيۡنَا يَسِيرࣱ
Die Dag wanneer die aarde vinnig onder hulle uiteen sal spat. Dit is maklik vir Ons om almal so te versamel
Ayah 44نَّحۡنُ أَعۡلَمُ بِمَا يَقُولُونَۖ وَمَآ أَنتَ عَلَيۡهِم بِجَبَّارࣲۖ فَذَكِّرۡ بِٱلۡقُرۡءَانِ مَن يَخَافُ وَعِيدِ
Ons weet goed wat hulle sê, en u is nie iemand wat hulle moet dwing nie. Vermaan dus met die Qur’ãn hom wat my dreige- mente vrees
Ayah 45