Soera Ar-Ra'd — The Thunder

Soera Ar-Ra'd (The Thunder) — 13/114 · 43 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.

الٓمٓرۚ تِلۡكَ ءَايَٰتُ ٱلۡكِتَٰبِۗ وَٱلَّذِيٓ أُنزِلَ إِلَيۡكَ مِن رَّبِّكَ ٱلۡحَقُّ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يُؤۡمِنُونَ

Alief, Laam, Miem, Raa.1 Hier is die verse van die Boek. En dít wat u Heer aan u geopenbaar het, is die waarheid; maar die meeste mense glo dit nie

Ayah 1

ٱللَّهُ ٱلَّذِي رَفَعَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ بِغَيۡرِ عَمَدࣲ تَرَوۡنَهَاۖ ثُمَّ ٱسۡتَوَىٰ عَلَى ٱلۡعَرۡشِۖ وَسَخَّرَ ٱلشَّمۡسَ وَٱلۡقَمَرَۖ كُلࣱّ يَجۡرِي لِأَجَلࣲ مُّسَمࣰّ ىۚ يُدَبِّرُ ٱلۡأَمۡرَ يُفَصِّلُ ٱلۡأٓيَٰتِ لَعَلَّكُم بِلِقَآءِ رَبِّكُمۡ تُوقِنُونَ

Dit is Allah wat die hemele sonder pilare laat verrys het sodat julle kan sien; en Hy is op die Troon van Mag gevestig. En Hy het die son en die maan vir julle in diens gestel; elkeen volg sy baan vir ’n vasgestelde tyd. Hy beheer alles en verduidelik die tekens sodat julle van ’n ontmoeting met jul Heer verseker kan wees

Ayah 2

وَهُوَ ٱلَّذِي مَدَّ ٱلۡأَرۡضَ وَجَعَلَ فِيهَا رَوَٰسِيَ وَأَنۡهَٰرࣰ اۖ وَمِن كُلِّ ٱلثَّمَرَٰتِ جَعَلَ فِيهَا زَوۡجَيۡنِ ٱثۡنَيۡنِۖ يُغۡشِي ٱلَّيۡلَ ٱلنَّهَارَۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يَتَفَكَّرُونَ

Dit is Hy wat die aarde oopsprei, wat magtige berge en riviere daaraan geskenk het. En van die vrugte daarvan het Hy pare gemaak, twee van elke soort. En Hy laat die nag die dag bedek. Waarlik, hierin is tekens vir ’n volk wat nadink

Ayah 3

وَفِي ٱلۡأَرۡضِ قِطَعࣱ مُّتَجَٰوِرَٰتࣱ وَجَنَّٰتࣱ مِّنۡ أَعۡنَٰبࣲ وَزَرۡعࣱ وَنَخِيلࣱ صِنۡوَانࣱ وَغَيۡرُ صِنۡوَانࣲ يُسۡقَىٰ بِمَآءࣲ وَٰحِدࣲ وَنُفَضِّلُ بَعۡضَهَا عَلَىٰ بَعۡضࣲ فِي ٱلۡأُكُلِۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّقَوۡمࣲ يَعۡقِلُونَ

En op die aarde is daar streke wat aan mekaar grens, en tuine met wingerdstokke, en koring en dadelpalms, wat op een of baie wortels stoel ~ hulle word almal met dieselfde water besproei; en ons laat sommige vrugte daarvan uitmunt bo ander. Waarlik, ook daarin is ’n teken vir mense wat begryp

Ayah 4

۞وَإِن تَعۡجَبۡ فَعَجَبࣱ قَوۡلُهُمۡ أَءِذَا كُنَّا تُرَٰبًا أَءِنَّا لَفِي خَلۡقࣲ جَدِيدٍۗ أُوْلَٰٓئِكَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ بِرَبِّهِمۡۖ وَأُوْلَٰٓئِكَ ٱلۡأَغۡلَٰلُ فِيٓ أَعۡنَاقِهِمۡۖ وَأُوْلَٰٓئِكَ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِۖ هُمۡ فِيهَا خَٰلِدُونَ

En as u u verwonder, verwonder u dan aan wat hulle sê: En wanneer ons stof is, sal ons weer in ’n nuwe skepping lewe? Dit is húlle wat nie in hul Heer glo nie, daarom sal hulle kettings om die nekke dra, en hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hul bly

Ayah 5

وَيَسۡتَعۡجِلُونَكَ بِٱلسَّيِّئَةِ قَبۡلَ ٱلۡحَسَنَةِ وَقَدۡ خَلَتۡ مِن قَبۡلِهِمُ ٱلۡمَثُلَٰتُۗ وَإِنَّ رَبَّكَ لَذُو مَغۡفِرَةࣲ لِّلنَّاسِ عَلَىٰ ظُلۡمِهِمۡۖ وَإِنَّ رَبَّكَ لَشَدِيدُ ٱلۡعِقَابِ

En hulle vra dat u eerder tot die kwaad as tot die goeie moet aanspoor ~ as ’n voorbeeld is sulkes reeds voorheen gestraf. En voorwaar, u Heer is vol vegifnis vir die mensdom, ondanks hulle onregverdigheid. En waarlik, u Heer is Streng in die toekenning van straf

Ayah 6

وَيَقُولُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَوۡلَآ أُنزِلَ عَلَيۡهِ ءَايَةࣱ مِّن رَّبِّهِۦٓۗ إِنَّمَآ أَنتَ مُنذِرࣱۖ وَلِكُلِّ قَوۡمٍ هَادٍ

En die ongelowiges sê: Waarom is daar nie ’n teken van sy Heer aan hom gestuur nie? Waarlik, u is ’n waarskuwer en ’n leidsman vir elke volk

Ayah 7

ٱللَّهُ يَعۡلَمُ مَا تَحۡمِلُ كُلُّ أُنثَىٰ وَمَا تَغِيضُ ٱلۡأَرۡحَامُ وَمَا تَزۡدَادُۚ وَكُلُّ شَيۡءٍ عِندَهُۥ بِمِقۡدَارٍ

Allah weet wat elke vrou baar en wat die baarmoeders nie voldra nie, en ook wat in hulle groei. En alles het by Hom ’n afme- tingsmaat

Ayah 8

عَٰلِمُ ٱلۡغَيۡبِ وَٱلشَّهَٰدَةِ ٱلۡكَبِيرُ ٱلۡمُتَعَالِ

Hy is die Kenner van die Onsigbare sowel as die Sigbare, die Allergrootste, die Verhewene

Ayah 9

سَوَآءࣱ مِّنكُم مَّنۡ أَسَرَّ ٱلۡقَوۡلَ وَمَن جَهَرَ بِهِۦ وَمَنۡ هُوَ مُسۡتَخۡفِۭ بِٱلَّيۡلِ وَسَارِبُۢ بِٱلنَّهَارِ

En by Hom maak dit nie saak of julle die woord verberg of dit openlik uitspreek nie, en of iemand hom snags skuilhou of bedags voortgaan

Ayah 10

لَهُۥ مُعَقِّبَٰتࣱ مِّنۢ بَيۡنِ يَدَيۡهِ وَمِنۡ خَلۡفِهِۦ يَحۡفَظُونَهُۥ مِنۡ أَمۡرِ ٱللَّهِۗ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يُغَيِّرُ مَا بِقَوۡمٍ حَتَّىٰ يُغَيِّرُواْ مَا بِأَنفُسِهِمۡۗ وَإِذَآ أَرَادَ ٱللَّهُ بِقَوۡمࣲ سُوٓءࣰ ا فَلَا مَرَدَّ لَهُۥۚ وَمَا لَهُم مِّن دُونِهِۦ مِن وَالٍ

Vir hom is daar engele wat voor en agter hom waak oor die gevolge van sy dade; hulle waak oor hom deur die gebod van Allah. Voorwaar, Allah verander nie die toestand van ’n volk voordat hulle hul eie toestand verander nie. En wanneer Allah voornemens is om ’n volk te straf, kan niks dit wegkeer nie, nóg het hulle ’n helper buiten Hom

Ayah 11

هُوَ ٱلَّذِي يُرِيكُمُ ٱلۡبَرۡقَ خَوۡفࣰ ا وَطَمَعࣰ ا وَيُنشِئُ ٱلسَّحَابَ ٱلثِّقَالَ

Dit is Hy wat aan julle die blitse toon en daardeur vrees en hoop veroorsaak, en dit is Hy wat die groot wolke laat ontstaan

Ayah 12

وَيُسَبِّحُ ٱلرَّعۡدُ بِحَمۡدِهِۦ وَٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ مِنۡ خِيفَتِهِۦ وَيُرۡسِلُ ٱلصَّوَٰعِقَ فَيُصِيبُ بِهَا مَن يَشَآءُ وَهُمۡ يُجَٰدِلُونَ فِي ٱللَّهِ وَهُوَ شَدِيدُ ٱلۡمِحَالِ

En die donder besing Sy lof, en die engele ook, uit vrees vir Hom. En Hy stuur die donderslae en tref daarmee wie Hy wil; nog steeds argumenteer hulle oor Allah, en Hy is Magtig, Dapper

Ayah 13

لَهُۥ دَعۡوَةُ ٱلۡحَقِّۚ وَٱلَّذِينَ يَدۡعُونَ مِن دُونِهِۦ لَا يَسۡتَجِيبُونَ لَهُم بِشَيۡءٍ إِلَّا كَبَٰسِطِ كَفَّيۡهِ إِلَى ٱلۡمَآءِ لِيَبۡلُغَ فَاهُ وَمَا هُوَ بِبَٰلِغِهِۦۚ وَمَا دُعَآءُ ٱلۡكَٰفِرِينَ إِلَّا فِي ضَلَٰلࣲ‏

En aan Hom kom die opregte gebede toe. En diegene wat hulle buiten Hom aanbid, verhoor hulle nie; hulle is soos iemand wat sy hande na water uitsteek wat sy mond nooit bereik nie. En die gebede van die ongelowiges is verspil

Ayah 14

وَلِلَّهِۤ يَسۡجُدُۤ مَن فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ طَوۡعࣰ ا وَكَرۡهࣰ ا وَظِلَٰلُهُم بِٱلۡغُدُوِّ وَٱلۡأٓصَالِ۩

En alles wat in die hemele of op die aarde is, onderwerp hulle alleen aan Allah, hetsy gewillig of onwillig, en so ook hulle ska- duwees, soggens sowel as saans

Ayah 15

قُلۡ مَن رَّبُّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ قُلِ ٱللَّهُۚ قُلۡ أَفَٱتَّخَذۡتُم مِّن دُونِهِۦٓ أَوۡلِيَآءَ لَا يَمۡلِكُونَ لِأَنفُسِهِمۡ نَفۡعࣰ ا وَلَا ضَرࣰّ اۚ قُلۡ هَلۡ يَسۡتَوِي ٱلۡأَعۡمَىٰ وَٱلۡبَصِيرُ أَمۡ هَلۡ تَسۡتَوِي ٱلظُّلُمَٰتُ وَٱلنُّورُۗ أَمۡ جَعَلُواْ لِلَّهِ شُرَكَآءَ خَلَقُواْ كَخَلۡقِهِۦ فَتَشَٰبَهَ ٱلۡخَلۡقُ عَلَيۡهِمۡۚ قُلِ ٱللَّهُ خَٰلِقُ كُلِّ شَيۡءࣲ وَهُوَ ٱلۡوَٰحِدُ ٱلۡقَهَّٰرُ

Sê: Wie is die Heer van die hemele en die aarde? Sê: Allah. Sê: Neem julle dan buiten Hom bewakers wat vir julself geen voordeel of nadeel bewerk nie? Sê: Kan die blinde en die siende gelyk wees? Of kan die duisternis gelyk wees aan die lig? Of het hulle afgode naas Allah gestel wat ’n skepping gelyksoortig aan Syne geskape het, sodat wat hulle geskape het, hulle verwar het? Sê: Allah is die Skepper van alle dinge, en Hy is die Een, die Verhewene

Ayah 16

أَنزَلَ مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءࣰ فَسَالَتۡ أَوۡدِيَةُۢ بِقَدَرِهَا فَٱحۡتَمَلَ ٱلسَّيۡلُ زَبَدࣰ ا رَّابِيࣰ اۖ وَمِمَّا يُوقِدُونَ عَلَيۡهِ فِي ٱلنَّارِ ٱبۡتِغَآءَ حِلۡيَةٍ أَوۡ مَتَٰعࣲ زَبَدࣱ مِّثۡلُهُۥۚ كَذَٰلِكَ يَضۡرِبُ ٱللَّهُ ٱلۡحَقَّ وَٱلۡبَٰطِلَۚ فَأَمَّا ٱلزَّبَدُ فَيَذۡهَبُ جُفَآءࣰۖ وَأَمَّا مَا يَنفَعُ ٱلنَّاسَ فَيَمۡكُثُ فِي ٱلۡأَرۡضِۚ كَذَٰلِكَ يَضۡرِبُ ٱللَّهُ ٱلۡأَمۡثَالَ

Hy stuur water uit die wolke neer, sodat waterlope ooreen- komstig hul afmetings vloei en die vloed swellende skuim dra. En ook dít wat hulle in die vuur smelt om ornamente en oorlogstuig van te maak, bring ’n soortgelyke skuim voort. So vergelyk Allah die waarheid met die valsheid. Wat die skuim betref, dit gaan verby as waardeloos; en wat dít betref wat die mense tot nut strek, dit bly op die aarde agter. So verduidelik Allah Sy gelykenisse

Ayah 17

لِلَّذِينَ ٱسۡتَجَابُواْ لِرَبِّهِمُ ٱلۡحُسۡنَىٰۚ وَٱلَّذِينَ لَمۡ يَسۡتَجِيبُواْ لَهُۥ لَوۡ أَنَّ لَهُم مَّا فِي ٱلۡأَرۡضِ جَمِيعࣰ ا وَمِثۡلَهُۥ مَعَهُۥ لَٱفۡتَدَوۡاْ بِهِۦٓۚ أُوْلَٰٓئِكَ لَهُمۡ سُوٓءُ ٱلۡحِسَابِ وَمَأۡوَىٰهُمۡ جَهَنَّمُۖ وَبِئۡسَ ٱلۡمِهَادُ

Die goeie kom hulle toe wat aan hul Heer gehoor gee. Maar hulle wat nie na hul Heer luister nie, sal sekerlik ál hul besittings as ’n losprys wil aanbied, al besit hulle ook alles wat op aarde is, en nóg meer. Dit is húlle wat ’n afgryslike afrekening sal ontvang, en hulle tuiste is die Hel. En dit is ’n bose rusplek

Ayah 18

۞أَفَمَن يَعۡلَمُ أَنَّمَآ أُنزِلَ إِلَيۡكَ مِن رَّبِّكَ ٱلۡحَقُّ كَمَنۡ هُوَ أَعۡمَىٰٓۚ إِنَّمَا يَتَذَكَّرُ أُوْلُواْ ٱلۡأَلۡبَٰبِ

Kom daar iemand wat weet, dat wat u Heer aan u openbaar die waarheid is, ewe veel toe as aan die blinde? Slegs mense met verstand sal omgee

Ayah 19

ٱلَّذِينَ يُوفُونَ بِعَهۡدِ ٱللَّهِ وَلَا يَنقُضُونَ ٱلۡمِيثَٰقَ

Hulle wat die verbond van Allah nakom en die ooreenkomste nie verbreek nie

Ayah 20

وَٱلَّذِينَ يَصِلُونَ مَآ أَمَرَ ٱللَّهُ بِهِۦٓ أَن يُوصَلَ وَيَخۡشَوۡنَ رَبَّهُمۡ وَيَخَافُونَ سُوٓءَ ٱلۡحِسَابِ

hulle wat verbind wat Allah beveel het om verbind te wees, en hul Heer vrees en so ook die afrekening vrees

Ayah 21

وَٱلَّذِينَ صَبَرُواْ ٱبۡتِغَآءَ وَجۡهِ رَبِّهِمۡ وَأَقَامُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَأَنفَقُواْ مِمَّا رَزَقۡنَٰهُمۡ سِرࣰّ ا وَعَلَانِيَةࣰ وَيَدۡرَءُونَ بِٱلۡحَسَنَةِ ٱلسَّيِّئَةَ أُوْلَٰٓئِكَ لَهُمۡ عُقۡبَى ٱلدَّارِ

en hulle wat standvastig is, en die guns van hul Heer soek, en die gebed onderhou, en van dít waarmee Ons hulle voorsien het heimlik en openlik skenk, en die kwaad met goed vergeld; vir hulle is die salige einde in ’n Tuiste

Ayah 22

جَنَّٰتُ عَدۡنࣲ يَدۡخُلُونَهَا وَمَن صَلَحَ مِنۡ ءَابَآئِهِمۡ وَأَزۡوَٰجِهِمۡ وَذُرِّيَّٰتِهِمۡۖ وَٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ يَدۡخُلُونَ عَلَيۡهِم مِّن كُلِّ بَابࣲ‏

Tuine van Ewigheid, wat hulle sal binnegaan saam met diegene wat goeie dade verrig het: hulle vaders en hulle eggenote en hulle nageslagte; en engele sal van elke poort na hulle gaan

Ayah 23

سَلَٰمٌ عَلَيۡكُم بِمَا صَبَرۡتُمۡۚ فَنِعۡمَ عُقۡبَى ٱلدَّارِ

Vrede vir julle, omdat julle geduldig was! ~ Kyk hoe wonderlik is die uiteindelike Tuiste

Ayah 24

وَٱلَّذِينَ يَنقُضُونَ عَهۡدَ ٱللَّهِ مِنۢ بَعۡدِ مِيثَٰقِهِۦ وَيَقۡطَعُونَ مَآ أَمَرَ ٱللَّهُ بِهِۦٓ أَن يُوصَلَ وَيُفۡسِدُونَ فِي ٱلۡأَرۡضِ أُوْلَٰٓئِكَ لَهُمُ ٱللَّعۡنَةُ وَلَهُمۡ سُوٓءُ ٱلدَّارِ

En hulle wat die verbond van Allah verbreek nadat dit bevestig was, en afsny wat Allah beveel het om verenig te wees, en wanorde op die aarde stig, die vloek sal hulle tref, en vir hulle is daar ’n ongelukkige blyplek

Ayah 25

ٱللَّهُ يَبۡسُطُ ٱلرِّزۡقَ لِمَن يَشَآءُ وَيَقۡدِرُۚ وَفَرِحُواْ بِٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَمَا ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَا فِي ٱلۡأٓخِرَةِ إِلَّا مَتَٰعࣱ‏

Allah vergroot en verminder die voorsiening vir wie Hy wil. En hulle verheug hul oor hierdie lewe, terwyl dit maar ’n kort- stondige vermaak is vergeleke met die Hiernamaals

Ayah 26

وَيَقُولُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَوۡلَآ أُنزِلَ عَلَيۡهِ ءَايَةࣱ مِّن رَّبِّهِۦۚ قُلۡ إِنَّ ٱللَّهَ يُضِلُّ مَن يَشَآءُ وَيَهۡدِيٓ إِلَيۡهِ مَنۡ أَنَابَ

En die ongelowiges sê: Waarom is geen teken van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Allah laat dwaal wie Hy wil en lei tot Homself diegene wat hulle bekeer

Ayah 27

ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَتَطۡمَئِنُّ قُلُوبُهُم بِذِكۡرِ ٱللَّهِۗ أَلَا بِذِكۡرِ ٱللَّهِ تَطۡمَئِنُّ ٱلۡقُلُوبُ

Hulle wat glo en wie se harte rus vind in die oordenkinge van Allah. Kyk dan! in die oordenkings van Allah vind die harte rus

Ayah 28

ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ طُوبَىٰ لَهُمۡ وَحُسۡنُ مَـَٔابࣲ‏

Hulle wat glo en goeie dade doen ~ vir hulle is daar ’n goeie uiteindelike toestand en ’n wonderlike plek om na terug te keer

Ayah 29

كَذَٰلِكَ أَرۡسَلۡنَٰكَ فِيٓ أُمَّةࣲ قَدۡ خَلَتۡ مِن قَبۡلِهَآ أُمَمࣱ لِّتَتۡلُوَاْ عَلَيۡهِمُ ٱلَّذِيٓ أَوۡحَيۡنَآ إِلَيۡكَ وَهُمۡ يَكۡفُرُونَ بِٱلرَّحۡمَٰنِۚ قُلۡ هُوَ رَبِّي لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ عَلَيۡهِ تَوَكَّلۡتُ وَإِلَيۡهِ مَتَابِ

En Ons het u na ’n volk gestuur waaraan talle nasies reeds voor- afgegaan het, sodat u aan hulle kan voorhou wat Ons openbaar; en tog verwerp hulle die barmhartiges. Sê: Hy is my Heer; daar is geen God buiten Hom nie; in Hom stel ek my vertroue en tot Hom is my terugkeer

Ayah 30

وَلَوۡ أَنَّ قُرۡءَانࣰ ا سُيِّرَتۡ بِهِ ٱلۡجِبَالُ أَوۡ قُطِّعَتۡ بِهِ ٱلۡأَرۡضُ أَوۡ كُلِّمَ بِهِ ٱلۡمَوۡتَىٰۗ بَل لِّلَّهِ ٱلۡأَمۡرُ جَمِيعًاۗ أَفَلَمۡ يَاْيۡـَٔسِ ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ أَن لَّوۡ يَشَآءُ ٱللَّهُ لَهَدَى ٱلنَّاسَ جَمِيعࣰ اۗ وَلَا يَزَالُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ تُصِيبُهُم بِمَا صَنَعُواْ قَارِعَةٌ أَوۡ تَحُلُّ قَرِيبࣰ ا مِّن دَارِهِمۡ حَتَّىٰ يَأۡتِيَ وَعۡدُ ٱللَّهِۚ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يُخۡلِفُ ٱلۡمِيعَادَ

En al was daar ’n Qur’ãn waarmee die berge verwyder of die aarde gekloof kon word, dan sou die saak nog by Allah alleen berus. Weet die ongelowiges dan nie dat as Allah dit wil, Hy die hele mensdom sal lei nie? En wat die ongelowiges betref, weens hul dade sal die ramp nie ophou om hulle te teister nie, en dit sal ná aan hulle drumpels wees totdat Allah se belofte vervul is. Voorwaar, Allah maak geen belofte wat Hy nie nakom nie

Ayah 31

وَلَقَدِ ٱسۡتُهۡزِئَ بِرُسُلࣲ مِّن قَبۡلِكَ فَأَمۡلَيۡتُ لِلَّذِينَ كَفَرُواْ ثُمَّ أَخَذۡتُهُمۡۖ فَكَيۡفَ كَانَ عِقَابِ

En voorwaar, boodskappers vóór u is ook bespot, maar Ek het aan die ongelowiges uitstel verleen, en daarna het Ek hulle oorweldig. Hoe vreeslik was My straf toe nie

Ayah 32

أَفَمَنۡ هُوَ قَآئِمٌ عَلَىٰ كُلِّ نَفۡسِۭ بِمَا كَسَبَتۡۗ وَجَعَلُواْ لِلَّهِ شُرَكَآءَ قُلۡ سَمُّوهُمۡۚ أَمۡ تُنَبِّـُٔونَهُۥ بِمَا لَا يَعۡلَمُ فِي ٱلۡأَرۡضِ أَم بِظَٰهِرࣲ مِّنَ ٱلۡقَوۡلِۗ بَلۡ زُيِّنَ لِلَّذِينَ كَفَرُواْ مَكۡرُهُمۡ وَصُدُّواْ عَنِ ٱلسَّبِيلِۗ وَمَن يُضۡلِلِ ٱللَّهُ فَمَا لَهُۥ مِنۡ هَادࣲ‏

Wie anders as Hy is dit wat aan elke siel toeken wat dit verdien het? En tog skryf hulle deelgenote aan Allah toe. Sê: Gee hulle name! Kan julle Hom iets vertel waarvan Hy nie weet nie? Of is julle gesprekke so sinloos dat dit aan Hom verduidelik moet word? Nee, maar die planne van die ongelowiges is vir hulle aanloklik gemaak, en van die ware weg word hulle teruggehou. En hy vir wie Allah laat dwaal, sal geen helper vind nie

Ayah 33

لَّهُمۡ عَذَابࣱ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَاۖ وَلَعَذَابُ ٱلۡأٓخِرَةِ أَشَقُّۖ وَمَا لَهُم مِّنَ ٱللَّهِ مِن وَاقࣲ‏

Daar is vir hulle ’n straf in hierdie lewe; maar die straf van die Hiernamaals is gewis swaarder. En hulle het geen verdediger teen Allah nie

Ayah 34

۞مَّثَلُ ٱلۡجَنَّةِ ٱلَّتِي وُعِدَ ٱلۡمُتَّقُونَۖ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُۖ أُكُلُهَا دَآئِمࣱ وَظِلُّهَاۚ تِلۡكَ عُقۡبَى ٱلَّذِينَ ٱتَّقَواْۚ وَّعُقۡبَى ٱلۡكَٰفِرِينَ ٱلنَّارُ

Die Hemel, wat belowe word aan hulle wat bewus is van Allah, kan vergelyk word met ’n oord waardeur riviere vloei. Dit hou nooit op om vrugte voort te bring nie, en die oorvloed daarvan duur vir ewig; en die einde van die ongelowiges is die Vuur

Ayah 35

وَٱلَّذِينَ ءَاتَيۡنَٰهُمُ ٱلۡكِتَٰبَ يَفۡرَحُونَ بِمَآ أُنزِلَ إِلَيۡكَۖ وَمِنَ ٱلۡأَحۡزَابِ مَن يُنكِرُ بَعۡضَهُۥۚ قُلۡ إِنَّمَآ أُمِرۡتُ أَنۡ أَعۡبُدَ ٱللَّهَ وَلَآ أُشۡرِكَ بِهِۦٓۚ إِلَيۡهِ أَدۡعُواْ وَإِلَيۡهِ مَـَٔابِ

En hulle aan wie Ons die Boek2 geskenk het, verheug hul in Ons openbaringe, maar sommige van hul bondgenote ontken ’n deel daarvan. Sê: Ek is beveel om Allah alleen te dien en niks met Hom te vereenselwig nie. Ek roep julle na Hom, en tot Hom is my terugkeer

Ayah 36

وَكَذَٰلِكَ أَنزَلۡنَٰهُ حُكۡمًا عَرَبِيࣰّ اۚ وَلَئِنِ ٱتَّبَعۡتَ أَهۡوَآءَهُم بَعۡدَ مَا جَآءَكَ مِنَ ٱلۡعِلۡمِ مَا لَكَ مِنَ ٱللَّهِ مِن وَلِيࣲّ وَلَا وَاقࣲ‏

En so het Ons dit geopenbaar, ’n ware oordeel, in Arabies. En as u, nadat u kennis ontvang het, hulle bose wense volg, sal u teen Allah geen bewaker of verdediger vind nie

Ayah 37

وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا رُسُلࣰ ا مِّن قَبۡلِكَ وَجَعَلۡنَا لَهُمۡ أَزۡوَٰجࣰ ا وَذُرِّيَّةࣰۚ وَمَا كَانَ لِرَسُولٍ أَن يَأۡتِيَ بِـَٔايَةٍ إِلَّا بِإِذۡنِ ٱللَّهِۗ لِكُلِّ أَجَلࣲ كِتَابࣱ‏

En Ons het inderdaad boodskappers vóór u gestuur en aan hulle vroue en kinders gegee. En dit is vir ’n boodskapper nie moont- lik om ’n teken te bring nie, behalwe met die toestemming van Allah. Vir elke tydperk is daar ’n aanstelling

Ayah 38

يَمۡحُواْ ٱللَّهُ مَا يَشَآءُ وَيُثۡبِتُۖ وَعِندَهُۥٓ أُمُّ ٱلۡكِتَٰبِ

Allah wis uit wat Hy wil en bevestig wat Hy wil, en by Hom is die oorsprong van die Boek

Ayah 39

وَإِن مَّا نُرِيَنَّكَ بَعۡضَ ٱلَّذِي نَعِدُهُمۡ أَوۡ نَتَوَفَّيَنَّكَ فَإِنَّمَا عَلَيۡكَ ٱلۡبَلَٰغُ وَعَلَيۡنَا ٱلۡحِسَابُ

Of Ons u ’n deel laat sien wat Ons hulle belowe, of veroorsaak dat u moet sterf ~ u lewer alleen die boodskap af, en Ons vergeld

Ayah 40

أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ أَنَّا نَأۡتِي ٱلۡأَرۡضَ نَنقُصُهَا مِنۡ أَطۡرَافِهَاۚ وَٱللَّهُ يَحۡكُمُ لَا مُعَقِّبَ لِحُكۡمِهِۦۚ وَهُوَ سَرِيعُ ٱلۡحِسَابِ

Sien hulle nie dat Ons die land besoek en die grense nouer maak nie? Allah besluit en niemand kan Sy besluit omverwerp nie. En Hy is vlugtig met die vergelding

Ayah 41

وَقَدۡ مَكَرَ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡ فَلِلَّهِ ٱلۡمَكۡرُ جَمِيعࣰ اۖ يَعۡلَمُ مَا تَكۡسِبُ كُلُّ نَفۡسࣲۗ وَسَيَعۡلَمُ ٱلۡكُفَّٰرُ لِمَنۡ عُقۡبَى ٱلدَّارِ

En diegene vóór hulle het inderdaad komplotte gesmee, maar die goedkeuring van die komplotte berus by Allah. En die ongelowiges sal te wete kom vir wie die einde ’n goeie tuiste bied

Ayah 42

وَيَقُولُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَسۡتَ مُرۡسَلࣰ اۚ قُلۡ كَفَىٰ بِٱللَّهِ شَهِيدَۢا بَيۡنِي وَبَيۡنَكُمۡ وَمَنۡ عِندَهُۥ عِلۡمُ ٱلۡكِتَٰبِ

En die ongelowiges sê: U is geen boodskapper nie. Sê: Allah is ’n voldoende getuie tussen my en julle; en wie ook al kennis het van die Boek, staan in vir die waarheid daarvan

Ayah 43