Soera Muhammad
Soera Muhammad — 47/114 · 38 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَصَدُّواْ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِ أَضَلَّ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Diegene wat nie glo nie en die mense van die weg van Allah afkeer, hulle werke sal Hy vernietig
Ayah 1وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَءَامَنُواْ بِمَا نُزِّلَ عَلَىٰ مُحَمَّدࣲ وَهُوَ ٱلۡحَقُّ مِن رَّبِّهِمۡ كَفَّرَ عَنۡهُمۡ سَيِّـَٔاتِهِمۡ وَأَصۡلَحَ بَالَهُمۡ
En hulle wat glo en goeddoen, en glo in wat aan Moegammad geopenbaar is ~ en dit is tog die waarheid van hulle Heer ~ hulle bose dade sal Hy verwyder en hulle toestand verbeter
Ayah 2ذَٰلِكَ بِأَنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ ٱتَّبَعُواْ ٱلۡبَٰطِلَ وَأَنَّ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ ٱتَّبَعُواْ ٱلۡحَقَّ مِن رَّبِّهِمۡۚ كَذَٰلِكَ يَضۡرِبُ ٱللَّهُ لِلنَّاسِ أَمۡثَٰلَهُمۡ
Dit is omdat die ongelowiges die valsheid volg, en die gelowiges die waarheid van hulle Heer. So sit Allah hulle toestand vir die mense uiteen
Ayah 3فَإِذَا لَقِيتُمُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فَضَرۡبَ ٱلرِّقَابِ حَتَّىٰٓ إِذَآ أَثۡخَنتُمُوهُمۡ فَشُدُّواْ ٱلۡوَثَاقَ فَإِمَّا مَنَّۢا بَعۡدُ وَإِمَّا فِدَآءً حَتَّىٰ تَضَعَ ٱلۡحَرۡبُ أَوۡزَارَهَاۚ ذَٰلِكَۖ وَلَوۡ يَشَآءُ ٱللَّهُ لَٱنتَصَرَ مِنۡهُمۡ وَلَٰكِن لِّيَبۡلُوَاْ بَعۡضَكُم بِبَعۡضࣲۗ وَٱلَّذِينَ قُتِلُواْ فِي سَبِيلِ ٱللَّهِ فَلَن يُضِلَّ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Wanneer julle die ongelowiges in die oorlog ontmoet, tref die nekke; as julle hulle dan baasraak, neem hulle gevange, en stel hulle daarna vry as ’n guns of vir ’n losprys totdat die oorlog haar laste neergelê het. So sal dit wees. Indien Allah wil, sal Hy hulle sekerlik met straf vergeld, maar Hy wou sommige van julle deur ander op die proef stel. En diegene wat op die weg van Allah sneuwel, hulle werke sal Hy nooit laat vergaan nie
Ayah 4سَيَهۡدِيهِمۡ وَيُصۡلِحُ بَالَهُمۡ
Hy sal hulle reg lei en hulle toestand verbeter
Ayah 5وَيُدۡخِلُهُمُ ٱلۡجَنَّةَ عَرَّفَهَا لَهُمۡ
En Hy sal hulle die Paradys, wat Hy aan hulle bekend gemaak het, laat binnegaan
Ayah 6يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِن تَنصُرُواْ ٱللَّهَ يَنصُرۡكُمۡ وَيُثَبِّتۡ أَقۡدَامَكُمۡ
O julle gelowiges! Indien julle die saak van Allah steun, sal Hy julle help en julle voetstappe ferm maak
Ayah 7وَٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فَتَعۡسࣰ ا لَّهُمۡ وَأَضَلَّ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Vir die ongelowiges is daar vernietiging; Hy sal hulle werke vernietig
Ayah 8ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمۡ كَرِهُواْ مَآ أَنزَلَ ٱللَّهُ فَأَحۡبَطَ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Dit is omdat hulle dít haat wat Allah openbaar, daarom het Hy hulle dade vrugteloos gemaak
Ayah 9۞أَفَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡۖ دَمَّرَ ٱللَّهُ عَلَيۡهِمۡۖ وَلِلۡكَٰفِرِينَ أَمۡثَٰلُهَا
Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Allah het hulle vernietig. En vir die ongelowiges sal dieselfde geld
Ayah 10ذَٰلِكَ بِأَنَّ ٱللَّهَ مَوۡلَى ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَأَنَّ ٱلۡكَٰفِرِينَ لَا مَوۡلَىٰ لَهُمۡ
Dit is omdat Allah die Beskermheer is van die gelowiges, en omdat die ongelowiges geen beskermheer het nie
Ayah 11إِنَّ ٱللَّهَ يُدۡخِلُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ جَنَّٰتࣲ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُۖ وَٱلَّذِينَ كَفَرُواْ يَتَمَتَّعُونَ وَيَأۡكُلُونَ كَمَا تَأۡكُلُ ٱلۡأَنۡعَٰمُ وَٱلنَّارُ مَثۡوࣰ ى لَّهُمۡ
Voorwaar, Allah sal hulle wat glo en goeddoen, laat ingaan in die Paradys, waardeur riviere vloei. En die ongelowiges vermaak hulself en eet soos die vee, en die Vuur is hulle tuiste
Ayah 12وَكَأَيِّن مِّن قَرۡيَةٍ هِيَ أَشَدُّ قُوَّةࣰ مِّن قَرۡيَتِكَ ٱلَّتِيٓ أَخۡرَجَتۡكَ أَهۡلَكۡنَٰهُمۡ فَلَا نَاصِرَ لَهُمۡ
En hoeveel stede, wat sterker was as u stad, het u nie uitgedryf nie? Ons het hulle vernietig; daarom was daar geen helper vir hulle nie
Ayah 13أَفَمَن كَانَ عَلَىٰ بَيِّنَةࣲ مِّن رَّبِّهِۦ كَمَن زُيِّنَ لَهُۥ سُوٓءُ عَمَلِهِۦ وَٱتَّبَعُوٓاْ أَهۡوَآءَهُم
Is hy wat ’n duidelike bewys van sy Heer het, dan niks beter as iemand vir wie die kwaad van sy gedrag skoonskynend is, en wat sy eie begeertes volg nie
Ayah 14مَّثَلُ ٱلۡجَنَّةِ ٱلَّتِي وُعِدَ ٱلۡمُتَّقُونَۖ فِيهَآ أَنۡهَٰرࣱ مِّن مَّآءٍ غَيۡرِ ءَاسِنࣲ وَأَنۡهَٰرࣱ مِّن لَّبَنࣲ لَّمۡ يَتَغَيَّرۡ طَعۡمُهُۥ وَأَنۡهَٰرࣱ مِّنۡ خَمۡرࣲ لَّذَّةࣲ لِّلشَّٰرِبِينَ وَأَنۡهَٰرࣱ مِّنۡ عَسَلࣲ مُّصَفࣰّ ىۖ وَلَهُمۡ فِيهَا مِن كُلِّ ٱلثَّمَرَٰتِ وَمَغۡفِرَةࣱ مِّن رَّبِّهِمۡۖ كَمَنۡ هُوَ خَٰلِدࣱ فِي ٱلنَّارِ وَسُقُواْ مَآءً حَمِيمࣰ ا فَقَطَّعَ أَمۡعَآءَهُمۡ
’n Beeld van die Paradys wat aan die godvresendes belowe word: Daarin is strome van water wat nooit sleg word nie, en strome van melk waarvan die smaak nie verander nie, en strome van wyn, smaaklik vir die drinkers, en strome van gesuiwerde heuning; en daar is vir hulle allerlei vrugte, asook beskerming van hulle Heer. Is mense wat hierdie dinge geniet dan gelyk aan hulle wat in die Vuur woon en wat gedwing word om kokende water te drink sodat dit hulle ingewande kan verskeur
Ayah 15وَمِنۡهُم مَّن يَسۡتَمِعُ إِلَيۡكَ حَتَّىٰٓ إِذَا خَرَجُواْ مِنۡ عِندِكَ قَالُواْ لِلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡعِلۡمَ مَاذَا قَالَ ءَانِفًاۚ أُوْلَٰٓئِكَ ٱلَّذِينَ طَبَعَ ٱللَّهُ عَلَىٰ قُلُوبِهِمۡ وَٱتَّبَعُوٓاْ أَهۡوَآءَهُمۡ
En daar is party van hulle wat na u wil luister, maar wanneer hulle van u af weggaan, sê hulle aan diegene aan wie kennis gegee is: Wat was dit wat hy netnou gesê het? Dit is húlle wie se harte Allah verseël het, en hulle volg hulle slegte neigings
Ayah 16وَٱلَّذِينَ ٱهۡتَدَوۡاْ زَادَهُمۡ هُدࣰ ى وَءَاتَىٰهُمۡ تَقۡوَىٰهُمۡ
En hulle wat die leiding volg, Hy laat hulle in leiding toeneem, en Hy skenk aan hulle godvresendheid
Ayah 17فَهَلۡ يَنظُرُونَ إِلَّا ٱلسَّاعَةَ أَن تَأۡتِيَهُم بَغۡتَةࣰۖ فَقَدۡ جَآءَ أَشۡرَاطُهَاۚ فَأَنَّىٰ لَهُمۡ إِذَا جَآءَتۡهُمۡ ذِكۡرَىٰهُمۡ
Wag hulle slegs dat die Uur plotseling oor hulle moet kom? Maar nou het die tekens daarvan reeds gekom. Maar hoe sal hulle hul aanmaning kry, wanneer dit oor hulle kom
Ayah 18فَٱعۡلَمۡ أَنَّهُۥ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا ٱللَّهُ وَٱسۡتَغۡفِرۡ لِذَنۢبِكَ وَلِلۡمُؤۡمِنِينَ وَٱلۡمُؤۡمِنَٰتِۗ وَٱللَّهُ يَعۡلَمُ مُتَقَلَّبَكُمۡ وَمَثۡوَىٰكُمۡ
Weet dan dat daar geen God buiten Allah is nie, en vra om beskerming vir u sondes en vir die gelowige mans en die gelowige vroue. En Allah weet as julle rondgaan en as julle stilsit
Ayah 19وَيَقُولُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ لَوۡلَا نُزِّلَتۡ سُورَةࣱۖ فَإِذَآ أُنزِلَتۡ سُورَةࣱ مُّحۡكَمَةࣱ وَذُكِرَ فِيهَا ٱلۡقِتَالُ رَأَيۡتَ ٱلَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضࣱ يَنظُرُونَ إِلَيۡكَ نَظَرَ ٱلۡمَغۡشِيِّ عَلَيۡهِ مِنَ ٱلۡمَوۡتِۖ فَأَوۡلَىٰ لَهُمۡ
En die gelowiges sê: Waarom is ’n Soera1 nie geopenbaar nie? Maar wanneer ’n beslissende Hoofstuk geopenbaar word, en die geveg word daarin vermeld, dan sien u diegene in wie se harte daar ’n siekte is, na u kyk soos iemand wat in die dood beswym. Wee hulle
Ayah 20طَاعَةࣱ وَقَوۡلࣱ مَّعۡرُوفࣱۚ فَإِذَا عَزَمَ ٱلۡأَمۡرُ فَلَوۡ صَدَقُواْ ٱللَّهَ لَكَانَ خَيۡرࣰ ا لَّهُمۡ
Gehoorsaamheid en ’n sagsinnige woord was meer van pas. En wanneer die saak besleg is, is dit vir hulle beter om aan Allah trou te bly
Ayah 21فَهَلۡ عَسَيۡتُمۡ إِن تَوَلَّيۡتُمۡ أَن تُفۡسِدُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَتُقَطِّعُوٓاْ أَرۡحَامَكُمۡ
Maar as julle jul afwend, sal julle sekerlik verderf in die land veroorsaak en julle familiebande breek
Ayah 22أُوْلَٰٓئِكَ ٱلَّذِينَ لَعَنَهُمُ ٱللَّهُ فَأَصَمَّهُمۡ وَأَعۡمَىٰٓ أَبۡصَٰرَهُمۡ
Dit is hulle wat deur Allah vervloek is, sodat Hy hulle doof gemaak het en hulle oë verblind het
Ayah 23أَفَلَا يَتَدَبَّرُونَ ٱلۡقُرۡءَانَ أَمۡ عَلَىٰ قُلُوبٍ أَقۡفَالُهَآ
Dink hulle dan nie na oor die Qur’ãn nie? Of is daar slotte in hulle harte
Ayah 24إِنَّ ٱلَّذِينَ ٱرۡتَدُّواْ عَلَىٰٓ أَدۡبَٰرِهِم مِّنۢ بَعۡدِ مَا تَبَيَّنَ لَهُمُ ٱلۡهُدَى ٱلشَّيۡطَٰنُ سَوَّلَ لَهُمۡ وَأَمۡلَىٰ لَهُمۡ
Waarlik, diegene wat wegdraai nadat die leiding vir hulle duidelik geword het, die duiwel het dit vir hulle verfraai, en hy laat hulle valse hoop koester
Ayah 25ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمۡ قَالُواْ لِلَّذِينَ كَرِهُواْ مَا نَزَّلَ ٱللَّهُ سَنُطِيعُكُمۡ فِي بَعۡضِ ٱلۡأَمۡرِۖ وَٱللَّهُ يَعۡلَمُ إِسۡرَارَهُمۡ
Dit is omdat hulle aan diegene wat haat wat Allah geopenbaar het, sê: Ons sal julle in sommige sake gehoorsaam. Maar Allah ken hulle geheime
Ayah 26فَكَيۡفَ إِذَا تَوَفَّتۡهُمُ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ يَضۡرِبُونَ وُجُوهَهُمۡ وَأَدۡبَٰرَهُمۡ
Maar hoe sal dit wees wanneer die engele hulle dood veroorsaak, en hulle aangesigte en rûe tref
Ayah 27ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمُ ٱتَّبَعُواْ مَآ أَسۡخَطَ ٱللَّهَ وَكَرِهُواْ رِضۡوَٰنَهُۥ فَأَحۡبَطَ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Dit is omdat hulle dít volg wat Allah misbehaag en met Sy behae ontevrede is; daarom maak Hy hulle verrigtinge vrugteloos
Ayah 28أَمۡ حَسِبَ ٱلَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ أَن لَّن يُخۡرِجَ ٱللَّهُ أَضۡغَٰنَهُمۡ
Of dink hulle in wie se harte daar ’n siekte is, dat Allah nie hulle nyd openbaar sal maak nie
Ayah 29وَلَوۡ نَشَآءُ لَأَرَيۡنَٰكَهُمۡ فَلَعَرَفۡتَهُم بِسِيمَٰهُمۡۚ وَلَتَعۡرِفَنَّهُمۡ فِي لَحۡنِ ٱلۡقَوۡلِۚ وَٱللَّهُ يَعۡلَمُ أَعۡمَٰلَكُمۡ
En as Ons wou, kon Ons hulle aan u toon, sodat u hulle aan hul merktekens kan ken. En u sal hulle sekerlik herken aan hulle manier van praat. En Allah ken julle dade
Ayah 30وَلَنَبۡلُوَنَّكُمۡ حَتَّىٰ نَعۡلَمَ ٱلۡمُجَٰهِدِينَ مِنكُمۡ وَٱلصَّٰبِرِينَ وَنَبۡلُوَاْ أَخۡبَارَكُمۡ
En Ons sal julle sekerlik beproef totdat Ons diegene onder julle ken wat ywerig strewe en wat standvastig is; en Ons sal die nuus aan julle openbaar maak
Ayah 31إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَصَدُّواْ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِ وَشَآقُّواْ ٱلرَّسُولَ مِنۢ بَعۡدِ مَا تَبَيَّنَ لَهُمُ ٱلۡهُدَىٰ لَن يَضُرُّواْ ٱللَّهَ شَيۡـࣰٔ ا وَسَيُحۡبِطُ أَعۡمَٰلَهُمۡ
Voorwaar, hulle wat nie glo nie en mense van die weg van Allah aflei, en wat die Boodskapper teenstaan nadat die leiding aan hulle duidelik gemaak is, kan Allah geensins skade berokken nie; en Hy sal hulle werke vrugteloos maak
Ayah 32۞يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ أَطِيعُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُواْ ٱلرَّسُولَ وَلَا تُبۡطِلُوٓاْ أَعۡمَٰلَكُمۡ
O julle gelowiges! Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper, en moenie julle dade nutteloos laat word nie
Ayah 33إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَصَدُّواْ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِ ثُمَّ مَاتُواْ وَهُمۡ كُفَّارࣱ فَلَن يَغۡفِرَ ٱللَّهُ لَهُمۡ
Waarlik, hulle wat nie glo nie en wat mense van die weg van Allah aflei en dan as ongelowiges sterf, vir hulle sal Allah nie vergewe nie
Ayah 34فَلَا تَهِنُواْ وَتَدۡعُوٓاْ إِلَى ٱلسَّلۡمِ وَأَنتُمُ ٱلۡأَعۡلَوۡنَ وَٱللَّهُ مَعَكُمۡ وَلَن يَتِرَكُمۡ أَعۡمَٰلَكُمۡ
En wees nie so lafhartig dat julle om vrede wil onderhandel nie, want julle sál die oorhand kry, en Allah is met julle, en Hy sal julle dade nie tevergeefs laat wees nie
Ayah 35إِنَّمَا ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَا لَعِبࣱ وَلَهۡوࣱۚ وَإِن تُؤۡمِنُواْ وَتَتَّقُواْ يُؤۡتِكُمۡ أُجُورَكُمۡ وَلَا يَسۡـَٔلۡكُمۡ أَمۡوَٰلَكُمۡ
Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n spel en ’n ydele vermaak, en as julle glo en godvresend is, sal Hy julle beloning vir julle gee; en Hy vra julle nie julle skatte nie
Ayah 36إِن يَسۡـَٔلۡكُمُوهَا فَيُحۡفِكُمۡ تَبۡخَلُواْ وَيُخۡرِجۡ أَضۡغَٰنَكُمۡ
As Hy dit van julle sou vra en daarop aandring, sal julle afgunstig word, en Hy sal julle boosaardigheid openbaar maak
Ayah 37هَٰٓأَنتُمۡ هَٰٓؤُلَآءِ تُدۡعَوۡنَ لِتُنفِقُواْ فِي سَبِيلِ ٱللَّهِ فَمِنكُم مَّن يَبۡخَلُۖ وَمَن يَبۡخَلۡ فَإِنَّمَا يَبۡخَلُ عَن نَّفۡسِهِۦۚ وَٱللَّهُ ٱلۡغَنِيُّ وَأَنتُمُ ٱلۡفُقَرَآءُۚ وَإِن تَتَوَلَّوۡاْ يَسۡتَبۡدِلۡ قَوۡمًا غَيۡرَكُمۡ ثُمَّ لَا يَكُونُوٓاْ أَمۡثَٰلَكُم
Want kyk, dit is vir júlle dat gevra sal word om in die weg van Allah te bestee. Maar onder julle is daar ook die suiniges. En wie suinig is, is suinig ten koste van sy eie siel. En Allah is Selfgenoegsaam, en julle is verlee. En as julle wegdraai, sal Hy ’n ander volk in julle plek voortbring wat nie soos julle sal wees nie
Ayah 38