Soera Al-Qasas — The Stories
Soera Al-Qasas (The Stories) — 28/114 · 88 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.
طسٓمٓ
Tô, Sien, Miem
Ayah 1تِلۡكَ ءَايَٰتُ ٱلۡكِتَٰبِ ٱلۡمُبِينِ
Dit is die verse van die Boek wat verduidelik
Ayah 2نَتۡلُواْ عَلَيۡكَ مِن نَّبَإِ مُوسَىٰ وَفِرۡعَوۡنَ بِٱلۡحَقِّ لِقَوۡمࣲ يُؤۡمِنُونَ
Ons dra u die verhaal van Moses en Farao voor, in waarheid, en ten bate van ’n volk wat glo
Ayah 3إِنَّ فِرۡعَوۡنَ عَلَا فِي ٱلۡأَرۡضِ وَجَعَلَ أَهۡلَهَا شِيَعࣰ ا يَسۡتَضۡعِفُ طَآئِفَةࣰ مِّنۡهُمۡ يُذَبِّحُ أَبۡنَآءَهُمۡ وَيَسۡتَحۡيِۦ نِسَآءَهُمۡۚ إِنَّهُۥ كَانَ مِنَ ٱلۡمُفۡسِدِينَ
Waarlik, Farao het in die land aanmatigend opgetree en die volk in partye verdeel en een party onder hulle verswak; hy het hulle seuns doodgemaak en hulle vroue gespaar. Gewis, hy was een van die sondaars
Ayah 4وَنُرِيدُ أَن نَّمُنَّ عَلَى ٱلَّذِينَ ٱسۡتُضۡعِفُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَنَجۡعَلَهُمۡ أَئِمَّةࣰ وَنَجۡعَلَهُمُ ٱلۡوَٰرِثِينَ
En Ons het verlang om ’n guns te bewys aan húlle wat as swak beskou is in die land, en om hulle tot leiers te maak, en om van hulle erfgename te maak
Ayah 5وَنُمَكِّنَ لَهُمۡ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَنُرِيَ فِرۡعَوۡنَ وَهَٰمَٰنَ وَجُنُودَهُمَا مِنۡهُم مَّا كَانُواْ يَحۡذَرُونَ
en om aan hulle mag in die land te verleen, en om Farao en Hamaan en hulle leërskare te laat sien wat hulle gevrees het
Ayah 6وَأَوۡحَيۡنَآ إِلَىٰٓ أُمِّ مُوسَىٰٓ أَنۡ أَرۡضِعِيهِۖ فَإِذَا خِفۡتِ عَلَيۡهِ فَأَلۡقِيهِ فِي ٱلۡيَمِّ وَلَا تَخَافِي وَلَا تَحۡزَنِيٓۖ إِنَّا رَآدُّوهُ إِلَيۡكِ وَجَاعِلُوهُ مِنَ ٱلۡمُرۡسَلِينَ
En Ons het aan Moses se moeder geopenbaar en gesê: Borsvoed hom; en as u ter wille van hom vrees, plaas hom dan in die rivier en moenie bang wees en ook nie treur nie, want Ons sal hom aan u teruggee en sal van hom een van die boodskappers maak
Ayah 7فَٱلۡتَقَطَهُۥٓ ءَالُ فِرۡعَوۡنَ لِيَكُونَ لَهُمۡ عَدُوࣰّ ا وَحَزَنًاۗ إِنَّ فِرۡعَوۡنَ وَهَٰمَٰنَ وَجُنُودَهُمَا كَانُواْ خَٰطِـِٔينَ
En Farao se familie het hom aangeneem sodat hy ’n vyand en ’n smart vir hulle sou word; want Farao en Hamaan en hulle leërskare was boosdoeners
Ayah 8وَقَالَتِ ٱمۡرَأَتُ فِرۡعَوۡنَ قُرَّتُ عَيۡنࣲ لِّي وَلَكَۖ لَا تَقۡتُلُوهُ عَسَىٰٓ أَن يَنفَعَنَآ أَوۡ نَتَّخِذَهُۥ وَلَدࣰ ا وَهُمۡ لَا يَشۡعُرُونَ
En Farao se vrou het gesê: ’n Troos vir die oog vir my en vir u. Moet hom nie doodmaak nie. Hy mag vir ons nuttig wees en ons kan hom as ’n seun aanneem. Maar hulle het die saak nie deursien nie
Ayah 9وَأَصۡبَحَ فُؤَادُ أُمِّ مُوسَىٰ فَٰرِغًاۖ إِن كَادَتۡ لَتُبۡدِي بِهِۦ لَوۡلَآ أَن رَّبَطۡنَا عَلَىٰ قَلۡبِهَا لِتَكُونَ مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ
En die hart van Moses se moeder was sonder angs. Sy sou dit byna onthul het, het Ons nie haar hart versterk sodat sy ook een van die gelowiges was nie
Ayah 10وَقَالَتۡ لِأُخۡتِهِۦ قُصِّيهِۖ فَبَصُرَتۡ بِهِۦ عَن جُنُبࣲ وَهُمۡ لَا يَشۡعُرُونَ
En sy het aan sy suster gesê: Volg hom. Sy het hom toe van ’n afstand af dopgehou, maar hulle het dit nie opgemerk nie
Ayah 11۞وَحَرَّمۡنَا عَلَيۡهِ ٱلۡمَرَاضِعَ مِن قَبۡلُ فَقَالَتۡ هَلۡ أَدُلُّكُمۡ عَلَىٰٓ أَهۡلِ بَيۡتࣲ يَكۡفُلُونَهُۥ لَكُمۡ وَهُمۡ لَهُۥ نَٰصِحُونَ
En Ons het hom nie toegelaat om intussen te drink nie. Daarom het sy gesê: Mag ek u aan ’n huisgesin voorstel wat hom vir julle sal grootmaak, en wat goed vir hom sal wees
Ayah 12فَرَدَدۡنَٰهُ إِلَىٰٓ أُمِّهِۦ كَيۡ تَقَرَّ عَيۡنُهَا وَلَا تَحۡزَنَ وَلِتَعۡلَمَ أَنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقࣱّ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَهُمۡ لَا يَعۡلَمُونَ
So het Ons hom dan aan sy moeder teruggegee, sodat haar oog getroos kon word, en sodat sy nie moes treur nie en seker kon wees dat die belofte van Allah waar is. Maar die meeste van hulle weet nie
Ayah 13وَلَمَّا بَلَغَ أَشُدَّهُۥ وَٱسۡتَوَىٰٓ ءَاتَيۡنَٰهُ حُكۡمࣰ ا وَعِلۡمࣰ اۚ وَكَذَٰلِكَ نَجۡزِي ٱلۡمُحۡسِنِينَ
En toe hy opgegroei het tot ’n sterk man, het Ons wysheid en kennis aan hom geskenk, want so beloon Ons diegene wat goeddoen
Ayah 14وَدَخَلَ ٱلۡمَدِينَةَ عَلَىٰ حِينِ غَفۡلَةࣲ مِّنۡ أَهۡلِهَا فَوَجَدَ فِيهَا رَجُلَيۡنِ يَقۡتَتِلَانِ هَٰذَا مِن شِيعَتِهِۦ وَهَٰذَا مِنۡ عَدُوِّهِۦۖ فَٱسۡتَغَٰثَهُ ٱلَّذِي مِن شِيعَتِهِۦ عَلَى ٱلَّذِي مِنۡ عَدُوِّهِۦ فَوَكَزَهُۥ مُوسَىٰ فَقَضَىٰ عَلَيۡهِۖ قَالَ هَٰذَا مِنۡ عَمَلِ ٱلشَّيۡطَٰنِۖ إِنَّهُۥ عَدُوࣱّ مُّضِلࣱّ مُّبِينࣱ
En hy het die stad binnegegaan op ’n tydstip toe die inwoners daarvan nalatig was, en hy het daar twee vegtende manne gevind, die een van sy eie volk en die ander van sy vyande; en sy volksgenoot het hulp gesoek teen sy vyand. Daarom het Moses sy teenstander met sy vuis geslaan en hom gedood. Hy het gesê: Dit is die duiwel se werk; hy is inderdaad ’n vyand en openlike verleier
Ayah 15قَالَ رَبِّ إِنِّي ظَلَمۡتُ نَفۡسِي فَٱغۡفِرۡ لِي فَغَفَرَ لَهُۥٓۚ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلۡغَفُورُ ٱلرَّحِيمُ
Hy het gesê: My Heer! Waarlik, ek het myself onreg aangedoen; beskerm my derhalwe. Daarom het Hy hom beskerm, want Hy is die Vergewensgesinde, die Genadevolle
Ayah 16قَالَ رَبِّ بِمَآ أَنۡعَمۡتَ عَلَيَّ فَلَنۡ أَكُونَ ظَهِيرࣰ ا لِّلۡمُجۡرِمِينَ
Hy het gesê: My Heer! Deur die gunste wat U my bewys het, sal ek nooit die misdadigers ondersteun nie
Ayah 17فَأَصۡبَحَ فِي ٱلۡمَدِينَةِ خَآئِفࣰ ا يَتَرَقَّبُ فَإِذَا ٱلَّذِي ٱسۡتَنصَرَهُۥ بِٱلۡأَمۡسِ يَسۡتَصۡرِخُهُۥۚ قَالَ لَهُۥ مُوسَىٰٓ إِنَّكَ لَغَوِيࣱّ مُّبِينࣱ
En in die môre was hy in die stad, vresende, op sy hoede; en kyk! hy wat die vorige dag sy hulp gesoek het, het wéér na hom om hulp geroep. Moses het aan hom gesê: Voorwaar, u is ’n duidelike twissoeker
Ayah 18فَلَمَّآ أَنۡ أَرَادَ أَن يَبۡطِشَ بِٱلَّذِي هُوَ عَدُوࣱّ لَّهُمَا قَالَ يَٰمُوسَىٰٓ أَتُرِيدُ أَن تَقۡتُلَنِي كَمَا قَتَلۡتَ نَفۡسَۢا بِٱلۡأَمۡسِۖ إِن تُرِيدُ إِلَّآ أَن تَكُونَ جَبَّارࣰ ا فِي ٱلۡأَرۡضِ وَمَا تُرِيدُ أَن تَكُونَ مِنَ ٱلۡمُصۡلِحِينَ
En toe hy hom, wat ’n vyand van hulle albei was, wou gryp, het hy gesê: O Moses! Wil u mý ook doodmaak soos u gister ’n man gedood het? U verlang slegs om ’n onderdrukker van hierdie land te word, en u wil geen regverdige wees nie
Ayah 19وَجَآءَ رَجُلࣱ مِّنۡ أَقۡصَا ٱلۡمَدِينَةِ يَسۡعَىٰ قَالَ يَٰمُوسَىٰٓ إِنَّ ٱلۡمَلَأَ يَأۡتَمِرُونَ بِكَ لِيَقۡتُلُوكَ فَٱخۡرُجۡ إِنِّي لَكَ مِنَ ٱلنَّٰصِحِينَ
En ’n man het van die verste einde van die stad aangehardloop gekom, en het gesê: O Moses! Waarlik, die leiers beraadslaag om u dood te maak. Vertrek daarom dadelik. Voorwaar, ek is u welgesind
Ayah 20فَخَرَجَ مِنۡهَا خَآئِفࣰ ا يَتَرَقَّبُۖ قَالَ رَبِّ نَجِّنِي مِنَ ٱلۡقَوۡمِ ٱلظَّٰلِمِينَ
Daarop het hy daarvandaan weggegaan, vresende en op sy hoede. Hy het gesê: My Heer! Verlos my van die kwaadaardige volk
Ayah 21وَلَمَّا تَوَجَّهَ تِلۡقَآءَ مَدۡيَنَ قَالَ عَسَىٰ رَبِّيٓ أَن يَهۡدِيَنِي سَوَآءَ ٱلسَّبِيلِ
En toe hy sy gesig na Mede draai, het hy gesê: Ek hoop dat my Heer my in die regte rigting sal lei
Ayah 22وَلَمَّا وَرَدَ مَآءَ مَدۡيَنَ وَجَدَ عَلَيۡهِ أُمَّةࣰ مِّنَ ٱلنَّاسِ يَسۡقُونَ وَوَجَدَ مِن دُونِهِمُ ٱمۡرَأَتَيۡنِ تَذُودَانِۖ قَالَ مَا خَطۡبُكُمَاۖ قَالَتَا لَا نَسۡقِي حَتَّىٰ يُصۡدِرَ ٱلرِّعَآءُۖ وَأَبُونَا شَيۡخࣱ كَبِيرࣱ
En toe hy by die water van Mede aankom, het hy ’n groep manne gevind wat hulle vee laat water drink het. En hy het buiten hulle ook twee vroue gevind wat hulle kudde van die water af teruggehou het. Hy het gesê: Wat makeeer julle? Hulle het gesê: Ons kan nie ons vee laat water drink voordat die herders hulle vee van die water wegneem nie, want ons vader is ’n baie ou man
Ayah 23فَسَقَىٰ لَهُمَا ثُمَّ تَوَلَّىٰٓ إِلَى ٱلظِّلِّ فَقَالَ رَبِّ إِنِّي لِمَآ أَنزَلۡتَ إِلَيَّ مِنۡ خَيۡرࣲ فَقِيرࣱ
Daarop het hy hulle vee laat drink. Daarna het hy opsy gegaan, in die skadu gaan staan, en gesê: My Heer! Ek het behoefte aan enigiets goeds wat U na my mag afstuur
Ayah 24فَجَآءَتۡهُ إِحۡدَىٰهُمَا تَمۡشِي عَلَى ٱسۡتِحۡيَآءࣲ قَالَتۡ إِنَّ أَبِي يَدۡعُوكَ لِيَجۡزِيَكَ أَجۡرَ مَا سَقَيۡتَ لَنَاۚ فَلَمَّا جَآءَهُۥ وَقَصَّ عَلَيۡهِ ٱلۡقَصَصَ قَالَ لَا تَخَفۡۖ نَجَوۡتَ مِنَ ٱلۡقَوۡمِ ٱلظَّٰلِمِينَ
Toe het een van die twee vroue skamerig na hom gekom. Sy het gesê: My vader roep u sodat hy u kan beloon omdat u ons vee vir ons laat drink het. En toe hy by hom gekom en sy verhaal vertel het, het dié gesê: Moenie vrees nie, u het van ’n onregverdige volk ontsnap
Ayah 25قَالَتۡ إِحۡدَىٰهُمَا يَٰٓأَبَتِ ٱسۡتَـٔۡجِرۡهُۖ إِنَّ خَيۡرَ مَنِ ٱسۡتَـٔۡجَرۡتَ ٱلۡقَوِيُّ ٱلۡأَمِينُ
Een van hulle het gesê: O my vader! Neem hom in diens, want onder die bestes wat u kan vind, is daar nie nog iemand so sterk en betroubaar soos hy nie
Ayah 26قَالَ إِنِّيٓ أُرِيدُ أَنۡ أُنكِحَكَ إِحۡدَى ٱبۡنَتَيَّ هَٰتَيۡنِ عَلَىٰٓ أَن تَأۡجُرَنِي ثَمَٰنِيَ حِجَجࣲۖ فَإِنۡ أَتۡمَمۡتَ عَشۡرࣰ ا فَمِنۡ عِندِكَۖ وَمَآ أُرِيدُ أَنۡ أَشُقَّ عَلَيۡكَۚ سَتَجِدُنِيٓ إِن شَآءَ ٱللَّهُ مِنَ ٱلصَّٰلِحِينَ
Hy het gesê: Ek begeer om een van my dogters met u te laat trou, op voorwaarde dat u agt jaar lank vir my sal werk; maar wanneer u tien jaar voltooi het, sal dit uit vrye wil wees. En ek sal u geen moeite gee nie. As Allah dit wil, sal u vind dat ek een van die regverdiges is
Ayah 27قَالَ ذَٰلِكَ بَيۡنِي وَبَيۡنَكَۖ أَيَّمَا ٱلۡأَجَلَيۡنِ قَضَيۡتُ فَلَا عُدۡوَٰنَ عَلَيَّۖ وَٱللَّهُ عَلَىٰ مَا نَقُولُ وَكِيلࣱ
Hy het geantwoord: Dit is ’n ooreenkoms tussen u en my. Watter van die twee termyne ek ook al voltooi, daar sal my geen onreg aangedoen word nie; en Allah is Getuie van wat ons sê
Ayah 28۞فَلَمَّا قَضَىٰ مُوسَى ٱلۡأَجَلَ وَسَارَ بِأَهۡلِهِۦٓ ءَانَسَ مِن جَانِبِ ٱلطُّورِ نَارࣰ اۖ قَالَ لِأَهۡلِهِ ٱمۡكُثُوٓاْ إِنِّيٓ ءَانَسۡتُ نَارࣰ ا لَّعَلِّيٓ ءَاتِيكُم مِّنۡهَا بِخَبَرٍ أَوۡ جَذۡوَةࣲ مِّنَ ٱلنَّارِ لَعَلَّكُمۡ تَصۡطَلُونَ
Daarna, toe Moses die tydperk voltooi het, en met sy familie op reis was, het hy ’n vuur aan die kant van die berg bemerk. Hy het aan sy familie gesê: Wag, ek sien ’n vuur; miskien kan ek julle nuus of selfs ’n kool vuur daarvan bring, sodat julle jul kan warm maak
Ayah 29فَلَمَّآ أَتَىٰهَا نُودِيَ مِن شَٰطِيِٕ ٱلۡوَادِ ٱلۡأَيۡمَنِ فِي ٱلۡبُقۡعَةِ ٱلۡمُبَٰرَكَةِ مِنَ ٱلشَّجَرَةِ أَن يَٰمُوسَىٰٓ إِنِّيٓ أَنَا ٱللَّهُ رَبُّ ٱلۡعَٰلَمِينَ
En toe hy ná daaraan was, is van die regterkant van die dal na hom geroep, vanuit die heilige plek in die bos: O Moses! Voorwaar, Ek is Allah, die Heer van die Wêrelde
Ayah 30وَأَنۡ أَلۡقِ عَصَاكَۚ فَلَمَّا رَءَاهَا تَهۡتَزُّ كَأَنَّهَا جَآنࣱّ وَلَّىٰ مُدۡبِرࣰ ا وَلَمۡ يُعَقِّبۡۚ يَٰمُوسَىٰٓ أَقۡبِلۡ وَلَا تَخَفۡۖ إِنَّكَ مِنَ ٱلۡأٓمِنِينَ
Werp u staf neer. En toe hy dit sien beweeg soos ’n slang, het hy omgedraai en gevlug en nie weer omgekyk nie. O Moses! Kom vorentoe, en moenie vrees nie; waarlik, u is een van hulle wat veilig is
Ayah 31ٱسۡلُكۡ يَدَكَ فِي جَيۡبِكَ تَخۡرُجۡ بَيۡضَآءَ مِنۡ غَيۡرِ سُوٓءࣲ وَٱضۡمُمۡ إِلَيۡكَ جَنَاحَكَ مِنَ ٱلرَّهۡبِۖ فَذَٰنِكَ بُرۡهَٰنَانِ مِن رَّبِّكَ إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ وَمَلَإِيْهِۦٓۚ إِنَّهُمۡ كَانُواْ قَوۡمࣰ ا فَٰسِقِينَ
Steek u hand in u boesem; dit sal deurskynend maar sonde skade te voorskyn kom; en wees gerus, en vrees nie. Hierdie twee dinge is tekens van u Heer aan Farao en sy leiers. Waarlik, hulle is ’n sondige volk
Ayah 32قَالَ رَبِّ إِنِّي قَتَلۡتُ مِنۡهُمۡ نَفۡسࣰ ا فَأَخَافُ أَن يَقۡتُلُونِ
Hy het gesê: My Heer! Ek het een van hulle doodgemaak, en ek vrees dat hulle my sal vermoor
Ayah 33وَأَخِي هَٰرُونُ هُوَ أَفۡصَحُ مِنِّي لِسَانࣰ ا فَأَرۡسِلۡهُ مَعِيَ رِدۡءࣰ ا يُصَدِّقُنِيٓۖ إِنِّيٓ أَخَافُ أَن يُكَذِّبُونِ
Maar my broer Aäron is gladder van tong as ek; stuur hom daarom as helper saam met my, sodat hy kan getuig van my waarheid, want ek vrees dat hulle my sal verloën
Ayah 34قَالَ سَنَشُدُّ عَضُدَكَ بِأَخِيكَ وَنَجۡعَلُ لَكُمَا سُلۡطَٰنࣰ ا فَلَا يَصِلُونَ إِلَيۡكُمَا بِـَٔايَٰتِنَآۚ أَنتُمَا وَمَنِ ٱتَّبَعَكُمَا ٱلۡغَٰلِبُونَ
Hy het gesê: Ons sal u arm deur u broer versterk, en Ons sal aan julle albei gesag verleen sodat hulle julle nie sal bereik nie. Met Ons tekens sal julle albei, en diegene wat julle volg, seëvier
Ayah 35فَلَمَّا جَآءَهُم مُّوسَىٰ بِـَٔايَٰتِنَا بَيِّنَٰتࣲ قَالُواْ مَا هَٰذَآ إِلَّا سِحۡرࣱ مُّفۡتَرࣰ ى وَمَا سَمِعۡنَا بِهَٰذَا فِيٓ ءَابَآئِنَا ٱلۡأَوَّلِينَ
Toe Moses met Ons duidelike tekens na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is niks anders nie as towerkuns, en ons het nooit van ons voorvaders iets hiervan verneem nie
Ayah 36وَقَالَ مُوسَىٰ رَبِّيٓ أَعۡلَمُ بِمَن جَآءَ بِٱلۡهُدَىٰ مِنۡ عِندِهِۦ وَمَن تَكُونُ لَهُۥ عَٰقِبَةُ ٱلدَّارِۚ إِنَّهُۥ لَا يُفۡلِحُ ٱلظَّٰلِمُونَ
En Moses het gesê: My Heer weet goed wie die leiding van Hom gebring het, en vir wie die goeie einde van die Tuiste sal wees. Waarlik, die kwaaddoeners sal nooit slaag nie
Ayah 37وَقَالَ فِرۡعَوۡنُ يَٰٓأَيُّهَا ٱلۡمَلَأُ مَا عَلِمۡتُ لَكُم مِّنۡ إِلَٰهٍ غَيۡرِي فَأَوۡقِدۡ لِي يَٰهَٰمَٰنُ عَلَى ٱلطِّينِ فَٱجۡعَل لِّي صَرۡحࣰ ا لَّعَلِّيٓ أَطَّلِعُ إِلَىٰٓ إِلَٰهِ مُوسَىٰ وَإِنِّي لَأَظُنُّهُۥ مِنَ ٱلۡكَٰذِبِينَ
En Farao het gesê: O leiers! Ek weet van geen god vir julle buiten myself nie. Stook vir my ’n vuur, o Hamaan, op stene van klei, en maak vir my ’n hoë toring sodat ek kan opklim na die God van Moses, want waarlik, ek beskou hom as ’n leuenaar
Ayah 38وَٱسۡتَكۡبَرَ هُوَ وَجُنُودُهُۥ فِي ٱلۡأَرۡضِ بِغَيۡرِ ٱلۡحَقِّ وَظَنُّوٓاْ أَنَّهُمۡ إِلَيۡنَا لَا يُرۡجَعُونَ
En hy was ten onregte aanmatigend in die land, hy en sy leërskare, en hulle het gedink dat hulle nooit na Ons teruggebring sou word nie
Ayah 39فَأَخَذۡنَٰهُ وَجُنُودَهُۥ فَنَبَذۡنَٰهُمۡ فِي ٱلۡيَمِّۖ فَٱنظُرۡ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلظَّٰلِمِينَ
En Ons het hom en sy leërskare gegryp en hulle in die see gewerp. Kyk dan wat was die einde van die boosdoeners
Ayah 40وَجَعَلۡنَٰهُمۡ أَئِمَّةࣰ يَدۡعُونَ إِلَى ٱلنَّارِۖ وَيَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِ لَا يُنصَرُونَ
En Ons het hulle leiers gemaak wat na die Vuur uitnooi, en op die Dag van Opstanding sal hulle nie gehelp word nie
Ayah 41وَأَتۡبَعۡنَٰهُمۡ فِي هَٰذِهِ ٱلدُّنۡيَا لَعۡنَةࣰۖ وَيَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِ هُم مِّنَ ٱلۡمَقۡبُوحِينَ
En op hierdie wêreld het Ons hulle deur ’n vloek laat agtervolg, en op die Dag van Opstanding sal hulle afskuwelik wees
Ayah 42وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَا مُوسَى ٱلۡكِتَٰبَ مِنۢ بَعۡدِ مَآ أَهۡلَكۡنَا ٱلۡقُرُونَ ٱلۡأُولَىٰ بَصَآئِرَ لِلنَّاسِ وَهُدࣰ ى وَرَحۡمَةࣰ لَّعَلَّهُمۡ يَتَذَكَّرُونَ
En waarlik, Ons het Moses die Boek gegee, nadat Ons die vorige geslagte venietig het ~ daarin is duidelike bewyse vir die mense en ’n leiding en ’n genade, sodat hulle kan onthou
Ayah 43وَمَا كُنتَ بِجَانِبِ ٱلۡغَرۡبِيِّ إِذۡ قَضَيۡنَآ إِلَىٰ مُوسَى ٱلۡأَمۡرَ وَمَا كُنتَ مِنَ ٱلشَّٰهِدِينَ
En u2 was nie aan die westekant van die berg toe Ons aan Moses die gebod geopenbaar het nie, nog minder was u onder die aanwesiges
Ayah 44وَلَٰكِنَّآ أَنشَأۡنَا قُرُونࣰ ا فَتَطَاوَلَ عَلَيۡهِمُ ٱلۡعُمُرُۚ وَمَا كُنتَ ثَاوِيࣰ ا فِيٓ أَهۡلِ مَدۡيَنَ تَتۡلُواْ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتِنَا وَلَٰكِنَّا كُنَّا مُرۡسِلِينَ
Maar Ons het baie geslagte voortgebring, en die lewe is vir hulle verleng. En u het nie onder die volk van Mede gewoon om Ons tekens voor te dra nie, maar dit was Ons wat die boodskappers gestuur het
Ayah 45وَمَا كُنتَ بِجَانِبِ ٱلطُّورِ إِذۡ نَادَيۡنَا وَلَٰكِن رَّحۡمَةࣰ مِّن رَّبِّكَ لِتُنذِرَ قَوۡمࣰ ا مَّآ أَتَىٰهُم مِّن نَّذِيرࣲ مِّن قَبۡلِكَ لَعَلَّهُمۡ يَتَذَكَّرُونَ
En u was nie aan die kant van die berg toe Ons Moses geroep het nie; maar die kennis hiervan is ’n genade van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku tot wie vóór u geen waarskuwer gekom het nie, sodat hulle kan onthou
Ayah 46وَلَوۡلَآ أَن تُصِيبَهُم مُّصِيبَةُۢ بِمَا قَدَّمَتۡ أَيۡدِيهِمۡ فَيَقُولُواْ رَبَّنَا لَوۡلَآ أَرۡسَلۡتَ إِلَيۡنَا رَسُولࣰ ا فَنَتَّبِعَ ءَايَٰتِكَ وَنَكُونَ مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ
En omdat, indien ’n ramp oor hulle sou kom vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het, hulle sal sê: Ons Heer! Waarom het U nie ’n boodskapper na ons gestuur nie sodat ons U tekens kon gevolg het en onder die gelowiges kon gewees het
Ayah 47فَلَمَّا جَآءَهُمُ ٱلۡحَقُّ مِنۡ عِندِنَا قَالُواْ لَوۡلَآ أُوتِيَ مِثۡلَ مَآ أُوتِيَ مُوسَىٰٓۚ أَوَلَمۡ يَكۡفُرُواْ بِمَآ أُوتِيَ مُوسَىٰ مِن قَبۡلُۖ قَالُواْ سِحۡرَانِ تَظَٰهَرَا وَقَالُوٓاْ إِنَّا بِكُلࣲّ كَٰفِرُونَ
Maar nou dat die Waarheid van Ons tot hulle gekom het, sê hulle: Waarom is aan hom nie ook gegee wat aan Moses gegee is nie? Het hulle dan nie juis dít verwerp wat voorheen aan Moses gegee is nie? Hulle sê: Twee towermiddels, die Torah en die Qur’ãn, wat mekaar ondersteun! En hulle sê: Voorwaar, ons glo nie aan één van hulle nie
Ayah 48قُلۡ فَأۡتُواْ بِكِتَٰبࣲ مِّنۡ عِندِ ٱللَّهِ هُوَ أَهۡدَىٰ مِنۡهُمَآ أَتَّبِعۡهُ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ
Sê: Bring dan ’n ander Boek van Allah, wat ’n beter leiding gee as hierdie twee, en ek sal dit volg, indien julle opreg is
Ayah 49فَإِن لَّمۡ يَسۡتَجِيبُواْ لَكَ فَٱعۡلَمۡ أَنَّمَا يَتَّبِعُونَ أَهۡوَآءَهُمۡۚ وَمَنۡ أَضَلُّ مِمَّنِ ٱتَّبَعَ هَوَىٰهُ بِغَيۡرِ هُدࣰ ى مِّنَ ٱللَّهِۚ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يَهۡدِي ٱلۡقَوۡمَ ٱلظَّٰلِمِينَ
Maar as hulle u nie antwoord nie, weet dan dat hulle net hulle eie bose sienswyse volg. En wié dwaal meer as hy wat sy eie neigings volg, en nie die leiding van Allah nie? Voorwaar, Allah lei nie die onregverdiges nie
Ayah 50۞وَلَقَدۡ وَصَّلۡنَا لَهُمُ ٱلۡقَوۡلَ لَعَلَّهُمۡ يَتَذَكَّرُونَ
Ons het waarlik die Woord vir hulle aaneengeknoop sodat hulle kan onthou
Ayah 51ٱلَّذِينَ ءَاتَيۡنَٰهُمُ ٱلۡكِتَٰبَ مِن قَبۡلِهِۦ هُم بِهِۦ يُؤۡمِنُونَ
Hulle aan wie Ons die Boek voorheen gegee het, glo daarin
Ayah 52وَإِذَا يُتۡلَىٰ عَلَيۡهِمۡ قَالُوٓاْ ءَامَنَّا بِهِۦٓ إِنَّهُ ٱلۡحَقُّ مِن رَّبِّنَآ إِنَّا كُنَّا مِن قَبۡلِهِۦ مُسۡلِمِينَ
En wanneer dit aan hulle voorgedra word, sê hulle: Ons glo daarin. Voorwaar, dit is die Waarheid van ons Heer. Ons het ons reeds voorheen onderwerp
Ayah 53أُوْلَٰٓئِكَ يُؤۡتَوۡنَ أَجۡرَهُم مَّرَّتَيۡنِ بِمَا صَبَرُواْ وَيَدۡرَءُونَ بِٱلۡحَسَنَةِ ٱلسَّيِّئَةَ وَمِمَّا رَزَقۡنَٰهُمۡ يُنفِقُونَ
Diesulkes sal twee maal beloon word: omdat hulle standvastig is, en omdat hulle die kwaad met die goeie afweer en aan ander meedeel van dít waarvan Ons hulle voorsien het
Ayah 54وَإِذَا سَمِعُواْ ٱللَّغۡوَ أَعۡرَضُواْ عَنۡهُ وَقَالُواْ لَنَآ أَعۡمَٰلُنَا وَلَكُمۡ أَعۡمَٰلُكُمۡ سَلَٰمٌ عَلَيۡكُمۡ لَا نَبۡتَغِي ٱلۡجَٰهِلِينَ
En wanneer hulle ydele gesprekke hoor, draai hulle weg daarvan, en sê: Vir ons ons dade, en vir julle jul dade. Vrede vir julle! Ons begeer nie onkundigheid nie
Ayah 55إِنَّكَ لَا تَهۡدِي مَنۡ أَحۡبَبۡتَ وَلَٰكِنَّ ٱللَّهَ يَهۡدِي مَن يَشَآءُۚ وَهُوَ أَعۡلَمُ بِٱلۡمُهۡتَدِينَ
Waarlik, u sal hulle wat u liefhet, nie kan lei nie, maar Allah lei wie Hy wil; en Hy weet wie die regte weg bewandel
Ayah 56وَقَالُوٓاْ إِن نَّتَّبِعِ ٱلۡهُدَىٰ مَعَكَ نُتَخَطَّفۡ مِنۡ أَرۡضِنَآۚ أَوَلَمۡ نُمَكِّن لَّهُمۡ حَرَمًا ءَامِنࣰ ا يُجۡبَىٰٓ إِلَيۡهِ ثَمَرَٰتُ كُلِّ شَيۡءࣲ رِّزۡقࣰ ا مِّن لَّدُنَّا وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَهُمۡ لَا يَعۡلَمُونَ
En hulle sê: As ons die leiding saam met u sou volg, sal ons vanuit ons land weggevoer word. Het ons hulle nie in ’n veilige heiligdom bevestig, waarheen allerlei vrugte gebring word as ’n voorsiening van Ons nie? Maar die meeste van hulle weet dit nie
Ayah 57وَكَمۡ أَهۡلَكۡنَا مِن قَرۡيَةِۭ بَطِرَتۡ مَعِيشَتَهَاۖ فَتِلۡكَ مَسَٰكِنُهُمۡ لَمۡ تُسۡكَن مِّنۢ بَعۡدِهِمۡ إِلَّا قَلِيلࣰ اۖ وَكُنَّا نَحۡنُ ٱلۡوَٰرِثِينَ
En hoeveel stede het Ons nie vernietig nie wat trots was op hulle bestaansmiddele! En daardie is hulle wonings wat tot op enkeles na nie meer bewoon word nie. En Ons is altyd die Erfgename
Ayah 58وَمَا كَانَ رَبُّكَ مُهۡلِكَ ٱلۡقُرَىٰ حَتَّىٰ يَبۡعَثَ فِيٓ أُمِّهَا رَسُولࣰ ا يَتۡلُواْ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتِنَاۚ وَمَا كُنَّا مُهۡلِكِي ٱلۡقُرَىٰٓ إِلَّا وَأَهۡلُهَا ظَٰلِمُونَ
En u Heer het nooit stede vernietig voordat Hy in die moederstad ’n boodskapper verwek het nie, wat Ons tekens aan hulle voordra, en nooit het Ons stede verwoes tensy die bewoners daarvan onregverdig was nie
Ayah 59وَمَآ أُوتِيتُم مِّن شَيۡءࣲ فَمَتَٰعُ ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَزِينَتُهَاۚ وَمَا عِندَ ٱللَّهِ خَيۡرࣱ وَأَبۡقَىٰٓۚ أَفَلَا تَعۡقِلُونَ
En watter dinge ook al aan julle gegee is, dit is slegs ’n middel van bestaan vir die lewe van hierdie wêreld en ter versiering daarvan; en wat by Allah is, is beter, en van ewige duur. Wil julle dan nie verstaan nie
Ayah 60أَفَمَن وَعَدۡنَٰهُ وَعۡدًا حَسَنࣰ ا فَهُوَ لَٰقِيهِ كَمَن مَّتَّعۡنَٰهُ مَتَٰعَ ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا ثُمَّ هُوَ يَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِ مِنَ ٱلۡمُحۡضَرِينَ
Is hy aan wie Ons belowe het dat guns aan hom bewys sal word, soos hy aan wie Ons in hierdie wêreld guns bewys het, maar wat op die Weeropstandingsdag een van diegene sal wees wat vir die straf opgewek sal word
Ayah 61وَيَوۡمَ يُنَادِيهِمۡ فَيَقُولُ أَيۡنَ شُرَكَآءِيَ ٱلَّذِينَ كُنتُمۡ تَزۡعُمُونَ
En op die Dag wanneer Hy hulle sal oproep en sê: Waar is diegene van wie julle beweer het dat hulle My deelgenote is
Ayah 62قَالَ ٱلَّذِينَ حَقَّ عَلَيۡهِمُ ٱلۡقَوۡلُ رَبَّنَا هَٰٓؤُلَآءِ ٱلَّذِينَ أَغۡوَيۡنَآ أَغۡوَيۡنَٰهُمۡ كَمَا غَوَيۡنَاۖ تَبَرَّأۡنَآ إِلَيۡكَۖ مَا كَانُوٓاْ إِيَّانَا يَعۡبُدُونَ
Dan sal diegene teen wie die Woord van krag sal word, sê: Ons Heer! Dit is húlle wat ons verplig het om af te wyk. Ons het hulle laat afdwaal soos ons self afgedwaal het. Ons betuig ons onskuld aan U. Ons het hulle nie aanbid nie
Ayah 63وَقِيلَ ٱدۡعُواْ شُرَكَآءَكُمۡ فَدَعَوۡهُمۡ فَلَمۡ يَسۡتَجِيبُواْ لَهُمۡ وَرَأَوُاْ ٱلۡعَذَابَۚ لَوۡ أَنَّهُمۡ كَانُواْ يَهۡتَدُونَ
En daar sal gesê word: Roep julle afgode aan. En hulle sal hul aanroep, maar hulle sal geen antwoord ontvang nie, en hulle sal die straf sien. Het hulle maar liewers die regte weg gevolg
Ayah 64وَيَوۡمَ يُنَادِيهِمۡ فَيَقُولُ مَاذَآ أَجَبۡتُمُ ٱلۡمُرۡسَلِينَ
En op dié Dag sal Hy na hulle roep en sê: Watter antwoord het julle aan die boodskappers gegee
Ayah 65فَعَمِيَتۡ عَلَيۡهِمُ ٱلۡأَنۢبَآءُ يَوۡمَئِذࣲ فَهُمۡ لَا يَتَسَآءَلُونَ
Op daardie Dag sal alle uitgange vir hulle duister word en hulle sal mekaar nie kan uitvra nie
Ayah 66فَأَمَّا مَن تَابَ وَءَامَنَ وَعَمِلَ صَٰلِحࣰ ا فَعَسَىٰٓ أَن يَكُونَ مِنَ ٱلۡمُفۡلِحِينَ
Maar hy wat berou het en glo en goeddoen, sal dan waarskynlik by die suksesvolles wees
Ayah 67وَرَبُّكَ يَخۡلُقُ مَا يَشَآءُ وَيَخۡتَارُۗ مَا كَانَ لَهُمُ ٱلۡخِيَرَةُۚ سُبۡحَٰنَ ٱللَّهِ وَتَعَٰلَىٰ عَمَّا يُشۡرِكُونَ
En u Heer skep en kies wie Hy wil. Dit is nie vir hulle om te kies nie. Eer aan Allah! Verhewe is Hy bo alles wat hulle met Hom vereenselwig
Ayah 68وَرَبُّكَ يَعۡلَمُ مَا تُكِنُّ صُدُورُهُمۡ وَمَا يُعۡلِنُونَ
En u Heer weet wat hulle boesems verberg en wat hulle openbaar maak
Ayah 69وَهُوَ ٱللَّهُ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۖ لَهُ ٱلۡحَمۡدُ فِي ٱلۡأُولَىٰ وَٱلۡأٓخِرَةِۖ وَلَهُ ٱلۡحُكۡمُ وَإِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ
En Hy is Allah; daar is geen god nie buiten Hom! Aan Hom behoort alle lof in hierdie wêreld en in die Hiernamaals; en die oordeel is Syne, en na Hom sal julle teruggebring word
Ayah 70قُلۡ أَرَءَيۡتُمۡ إِن جَعَلَ ٱللَّهُ عَلَيۡكُمُ ٱلَّيۡلَ سَرۡمَدًا إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡقِيَٰمَةِ مَنۡ إِلَٰهٌ غَيۡرُ ٱللَّهِ يَأۡتِيكُم بِضِيَآءٍۚ أَفَلَا تَسۡمَعُونَ
Sê: Kyk, as Allah die nag onophoudelik oor julle laat voortduur tot die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat vir julle lig kan bring? Wil julle dan nie luister nie
Ayah 71قُلۡ أَرَءَيۡتُمۡ إِن جَعَلَ ٱللَّهُ عَلَيۡكُمُ ٱلنَّهَارَ سَرۡمَدًا إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡقِيَٰمَةِ مَنۡ إِلَٰهٌ غَيۡرُ ٱللَّهِ يَأۡتِيكُم بِلَيۡلࣲ تَسۡكُنُونَ فِيهِۚ أَفَلَا تُبۡصِرُونَ
Sê: Kyk, as Allah die dag onophoudelik oor julle laat voortduur tot op die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat die nag kan bring waarin julle rus vind? Wil julle dan nie insien nie
Ayah 72وَمِن رَّحۡمَتِهِۦ جَعَلَ لَكُمُ ٱلَّيۡلَ وَٱلنَّهَارَ لِتَسۡكُنُواْ فِيهِ وَلِتَبۡتَغُواْ مِن فَضۡلِهِۦ وَلَعَلَّكُمۡ تَشۡكُرُونَ
En deur Sy barmhartigheid het Hy die dag en die nag vir julle gemaak, dat julle kan rus, en dat julle na Sy oorvloed kan uitsien, en sodat julle dankbaar kan wees
Ayah 73وَيَوۡمَ يُنَادِيهِمۡ فَيَقُولُ أَيۡنَ شُرَكَآءِيَ ٱلَّذِينَ كُنتُمۡ تَزۡعُمُونَ
En die Dag waarop Hy hulle sal roep en sê: Waar is My mede- dingers wat julle gedink het bestaan
Ayah 74وَنَزَعۡنَا مِن كُلِّ أُمَّةࣲ شَهِيدࣰ ا فَقُلۡنَا هَاتُواْ بُرۡهَٰنَكُمۡ فَعَلِمُوٓاْ أَنَّ ٱلۡحَقَّ لِلَّهِ وَضَلَّ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يَفۡتَرُونَ
En Ons sal uit elke volk ’n getuie neem en Ons sal sê: Bring julle bewyse. Dan sal hulle weet dat die Waarheid aan Allah behoort; en dít wat hulle versin het, sal misluk
Ayah 75۞إِنَّ قَٰرُونَ كَانَ مِن قَوۡمِ مُوسَىٰ فَبَغَىٰ عَلَيۡهِمۡۖ وَءَاتَيۡنَٰهُ مِنَ ٱلۡكُنُوزِ مَآ إِنَّ مَفَاتِحَهُۥ لَتَنُوٓأُ بِٱلۡعُصۡبَةِ أُوْلِي ٱلۡقُوَّةِ إِذۡ قَالَ لَهُۥ قَوۡمُهُۥ لَا تَفۡرَحۡۖ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يُحِبُّ ٱلۡفَرِحِينَ
Korah het sekerlik tot die volk van Moses behoort, maar hy het hulle onderdruk, en Ons het hom soveel skatte gegee dat sy opgehoopte skatte ’n groep sterk manne sou afweeg. Toe sy volk aan hom gesê het: Moenie spog nie, want Allah hou nie van hulle wat spog nie
Ayah 76وَٱبۡتَغِ فِيمَآ ءَاتَىٰكَ ٱللَّهُ ٱلدَّارَ ٱلۡأٓخِرَةَۖ وَلَا تَنسَ نَصِيبَكَ مِنَ ٱلدُّنۡيَاۖ وَأَحۡسِن كَمَآ أَحۡسَنَ ٱللَّهُ إِلَيۡكَۖ وَلَا تَبۡغِ ٱلۡفَسَادَ فِي ٱلۡأَرۡضِۖ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يُحِبُّ ٱلۡمُفۡسِدِينَ
en soek na die Tuiste van die Hiernamaals deur middel van wat Allah aan u gegee het, en vergeet nie u deel aan die wêreld nie, en doen goed aan ander soos Allah aan u goed gedoen het; en skep geen wanorde in die land nie, want Allah het die sondaars nie lief nie
Ayah 77قَالَ إِنَّمَآ أُوتِيتُهُۥ عَلَىٰ عِلۡمٍ عِندِيٓۚ أَوَلَمۡ يَعۡلَمۡ أَنَّ ٱللَّهَ قَدۡ أَهۡلَكَ مِن قَبۡلِهِۦ مِنَ ٱلۡقُرُونِ مَنۡ هُوَ أَشَدُّ مِنۡهُ قُوَّةࣰ وَأَكۡثَرُ جَمۡعࣰ اۚ وَلَا يُسۡـَٔلُ عَن ذُنُوبِهِمُ ٱلۡمُجۡرِمُونَ
het hy gesê: Dit is aan my alleen deur my kennis gegee. Het hy dan nie geweet dat Allah baie geslagte vóór hom vernietig het wat magtiger as hy was en groter in aantal nie? En die misdadigers word nie uitgevra omtrent hulle misdade nie
Ayah 78فَخَرَجَ عَلَىٰ قَوۡمِهِۦ فِي زِينَتِهِۦۖ قَالَ ٱلَّذِينَ يُرِيدُونَ ٱلۡحَيَوٰةَ ٱلدُّنۡيَا يَٰلَيۡتَ لَنَا مِثۡلَ مَآ أُوتِيَ قَٰرُونُ إِنَّهُۥ لَذُو حَظٍّ عَظِيمࣲ
So het hy na sy volk gegaan in prag en praal. Diegene wat verlang na die lewe van hierdie wêreld het gesê: Kon ons ook maar dieselfde hê as wat aan Korah gegee is! Waarlik, hy is in besit van ’n baie groot fortuin
Ayah 79وَقَالَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡعِلۡمَ وَيۡلَكُمۡ ثَوَابُ ٱللَّهِ خَيۡرࣱ لِّمَنۡ ءَامَنَ وَعَمِلَ صَٰلِحࣰ اۚ وَلَا يُلَقَّىٰهَآ إِلَّا ٱلصَّٰبِرُونَ
Maar hulle aan wie kennis gegee was, het gesê: Wee julle! Die beloning van Allah vir hom wat glo en goeddoen, is beter; en dit sal aan niemand geskenk word nie behalwe aan die geduldiges
Ayah 80فَخَسَفۡنَا بِهِۦ وَبِدَارِهِ ٱلۡأَرۡضَ فَمَا كَانَ لَهُۥ مِن فِئَةࣲ يَنصُرُونَهُۥ مِن دُونِ ٱللَّهِ وَمَا كَانَ مِنَ ٱلۡمُنتَصِرِينَ
So het Ons dan veroorsaak dat die aarde hom en sy woning ingesluk het; en hy het geen party gehad om hom teen Allah te help nie, ook was hy nie een van diegene wat hulself kon verdedig nie
Ayah 81وَأَصۡبَحَ ٱلَّذِينَ تَمَنَّوۡاْ مَكَانَهُۥ بِٱلۡأَمۡسِ يَقُولُونَ وَيۡكَأَنَّ ٱللَّهَ يَبۡسُطُ ٱلرِّزۡقَ لِمَن يَشَآءُ مِنۡ عِبَادِهِۦ وَيَقۡدِرُۖ لَوۡلَآ أَن مَّنَّ ٱللَّهُ عَلَيۡنَا لَخَسَفَ بِنَاۖ وَيۡكَأَنَّهُۥ لَا يُفۡلِحُ ٱلۡكَٰفِرُونَ
En hulle wat die vorige dag nog sy rusplek begeer het, het toe begin sê: A! Allah vermeerder en verminder vir wie van Sy dienaars Hy wil; was dit nie vir Allah se genade nie, sou Hy ons ook verneder het. A! Die ondankbares slaag nooit
Ayah 82تِلۡكَ ٱلدَّارُ ٱلۡأٓخِرَةُ نَجۡعَلُهَا لِلَّذِينَ لَا يُرِيدُونَ عُلُوࣰّ ا فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَا فَسَادࣰ اۚ وَٱلۡعَٰقِبَةُ لِلۡمُتَّقِينَ
Die tuiste van die Hiernamaals gee Ons aan diegene wat geen selfverheffing op die aarde begeer of wanorde stig nie. En die goeie einde is daar vir diegene wat godvresend is
Ayah 83مَن جَآءَ بِٱلۡحَسَنَةِ فَلَهُۥ خَيۡرࣱ مِّنۡهَاۖ وَمَن جَآءَ بِٱلسَّيِّئَةِ فَلَا يُجۡزَى ٱلَّذِينَ عَمِلُواْ ٱلسَّيِّـَٔاتِ إِلَّا مَا كَانُواْ يَعۡمَلُونَ
Hy wat met die goeie te voorskyn kom, sal met iets beters beloon word, maar hulle wat kwaad doen, sal slegs met hul eie dade vergeld word
Ayah 84إِنَّ ٱلَّذِي فَرَضَ عَلَيۡكَ ٱلۡقُرۡءَانَ لَرَآدُّكَ إِلَىٰ مَعَادࣲۚ قُل رَّبِّيٓ أَعۡلَمُ مَن جَآءَ بِٱلۡهُدَىٰ وَمَنۡ هُوَ فِي ضَلَٰلࣲ مُّبِينࣲ
Hy wat die verkondiging van die Qur’ãn vir u opgelê het, sal u waarlik na die Plek van Terugkoms terugbring. Sê: My Heer weet goed wie die ware leiding gebring het en wie op ’n dwaalspoor is
Ayah 85وَمَا كُنتَ تَرۡجُوٓاْ أَن يُلۡقَىٰٓ إِلَيۡكَ ٱلۡكِتَٰبُ إِلَّا رَحۡمَةࣰ مِّن رَّبِّكَۖ فَلَا تَكُونَنَّ ظَهِيرࣰ ا لِّلۡكَٰفِرِينَ
U het nie verwag dat die Boek aan u geopenbaar sou word nie, maar dit is genade van u Heer; steun daarom nie die ongelowiges nie
Ayah 86وَلَا يَصُدُّنَّكَ عَنۡ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ بَعۡدَ إِذۡ أُنزِلَتۡ إِلَيۡكَۖ وَٱدۡعُ إِلَىٰ رَبِّكَۖ وَلَا تَكُونَنَّ مِنَ ٱلۡمُشۡرِكِينَ
En laat hulle u nie van die tekens van Allah afkeer nadat dit aan u geopenbaar is nie; en roep die mense tot u Heer, en wees nie een van die heidene nie
Ayah 87وَلَا تَدۡعُ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَۘ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۚ كُلُّ شَيۡءٍ هَالِكٌ إِلَّا وَجۡهَهُۥۚ لَهُ ٱلۡحُكۡمُ وَإِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ
En moenie ’n ander god as Allah aanroep nie. Daar is geen god nie buiten Hom. Alles behalwe Hy sal vergaan; die Oordeel is Syne en tot Hom sal julle teruggebring word
Ayah 88