Soera Ibrahim — Abraham

Soera Ibrahim (Abraham) — 14/114 · 52 verse. Lees en luister met Arabiese teks en Afrikaanse vertaling.

الٓرۚ كِتَٰبٌ أَنزَلۡنَٰهُ إِلَيۡكَ لِتُخۡرِجَ ٱلنَّاسَ مِنَ ٱلظُّلُمَٰتِ إِلَى ٱلنُّورِ بِإِذۡنِ رَبِّهِمۡ إِلَىٰ صِرَٰطِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡحَمِيدِ

Alief, Laam, Raa.1 ’n Boek wat Ons aan u geopenbaar het, sodat u die mense deur die gebooie van hul Heer uit die duisternis na die lig kan bring, op die pad van die Almagtige, die Lofwaardige

Ayah 1

ٱللَّهِ ٱلَّذِي لَهُۥ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِۗ وَوَيۡلࣱ لِّلۡكَٰفِرِينَ مِنۡ عَذَابࣲ شَدِيدٍ

van Allah, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is. Maar wee die ongelowiges, op wie ’n swaar straf wag

Ayah 2

ٱلَّذِينَ يَسۡتَحِبُّونَ ٱلۡحَيَوٰةَ ٱلدُّنۡيَا عَلَى ٱلۡأٓخِرَةِ وَيَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِ وَيَبۡغُونَهَا عِوَجًاۚ أُوْلَٰٓئِكَ فِي ضَلَٰلِۭ بَعِيدࣲ‏

Hulle wat die teenswoordige lewe bo die Hiernamaals verkies en afdraai van die weg van Allah, en begeer om dit krom voor te stel. Hulle het ver afgedwaal

Ayah 3

وَمَآ أَرۡسَلۡنَا مِن رَّسُولٍ إِلَّا بِلِسَانِ قَوۡمِهِۦ لِيُبَيِّنَ لَهُمۡۖ فَيُضِلُّ ٱللَّهُ مَن يَشَآءُ وَيَهۡدِي مَن يَشَآءُۚ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ

Ons stuur elkeen van Ons boodskappers in die taal van sy volk, sodat hy vir hulle ’n duidelike vertolking kan gee. Dan laat Allah in dwaling bly wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En Hy is die Almagtige, die Allerwyse

Ayah 4

وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا مُوسَىٰ بِـَٔايَٰتِنَآ أَنۡ أَخۡرِجۡ قَوۡمَكَ مِنَ ٱلظُّلُمَٰتِ إِلَى ٱلنُّورِ وَذَكِّرۡهُم بِأَيَّىٰمِ ٱللَّهِۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتࣲ لِّكُلِّ صَبَّارࣲ شَكُورࣲ‏

En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens gestuur, en gesê: Bring u volk uit die duisternis na die lig, en herinner hulle aan die dade van Allah. Daarin is waarlik tekens vir elkeen wat geduldig en dankbaar is

Ayah 5

وَإِذۡ قَالَ مُوسَىٰ لِقَوۡمِهِ ٱذۡكُرُواْ نِعۡمَةَ ٱللَّهِ عَلَيۡكُمۡ إِذۡ أَنجَىٰكُم مِّنۡ ءَالِ فِرۡعَوۡنَ يَسُومُونَكُمۡ سُوٓءَ ٱلۡعَذَابِ وَيُذَبِّحُونَ أَبۡنَآءَكُمۡ وَيَسۡتَحۡيُونَ نِسَآءَكُمۡۚ وَفِي ذَٰلِكُم بَلَآءࣱ مِّن رَّبِّكُمۡ عَظِيمࣱ‏

En toe Moses aan sy volk gesê het: Dink aan die guns van Allah, hoe Hy julle gered het van Farao se volk, wat julle met ’n smartlike foltering gekwel het, julle seuns doodgemaak het en julle vroue gespaar het; daarin was ’n swaar beproewing van jul Heer

Ayah 6

وَإِذۡ تَأَذَّنَ رَبُّكُمۡ لَئِن شَكَرۡتُمۡ لَأَزِيدَنَّكُمۡۖ وَلَئِن كَفَرۡتُمۡ إِنَّ عَذَابِي لَشَدِيدࣱ‏

En toe julle Heer verklaar het: As julle dankbaar is, sal Ek julle meer gee, maar as julle ondankbaar is, is My straf inderdaad streng

Ayah 7

وَقَالَ مُوسَىٰٓ إِن تَكۡفُرُوٓاْ أَنتُمۡ وَمَن فِي ٱلۡأَرۡضِ جَمِيعࣰ ا فَإِنَّ ٱللَّهَ لَغَنِيٌّ حَمِيدٌ

En Moses het gesê: Al is julle ondankbaar ~ julle en almal wat op die aarde is ~ dan is Allah voorwaar nóg Selfgenoegsaam, Lofwaardig

Ayah 8

أَلَمۡ يَأۡتِكُمۡ نَبَؤُاْ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِكُمۡ قَوۡمِ نُوحࣲ وَعَادࣲ وَثَمُودَ وَٱلَّذِينَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡ لَا يَعۡلَمُهُمۡ إِلَّا ٱللَّهُۚ جَآءَتۡهُمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَرَدُّوٓاْ أَيۡدِيَهُمۡ فِيٓ أَفۡوَٰهِهِمۡ وَقَالُوٓاْ إِنَّا كَفَرۡنَا بِمَآ أُرۡسِلۡتُم بِهِۦ وَإِنَّا لَفِي شَكࣲّ مِّمَّا تَدۡعُونَنَآ إِلَيۡهِ مُرِيبࣲ‏

Het julle nie gehoor van hulle wat vóór julle was nie, van die volk van Noag en Aad en Thamoed ~ en diegene ná hulle? Niemand behalwe Allah ken hulle nie. Boodskappers het met duidelike bewyse na hulle gegaan, maar hulle het hul hande in hul monde gestop en gesê: Ons glo nie in dít waarmee u gestuur is nie, en ons twyfel aan dít waartoe u ons aanspoor

Ayah 9

۞قَالَتۡ رُسُلُهُمۡ أَفِي ٱللَّهِ شَكࣱّ فَاطِرِ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۖ يَدۡعُوكُمۡ لِيَغۡفِرَ لَكُم مِّن ذُنُوبِكُمۡ وَيُؤَخِّرَكُمۡ إِلَىٰٓ أَجَلࣲ مُّسَمࣰّ ىۚ قَالُوٓاْ إِنۡ أَنتُمۡ إِلَّا بَشَرࣱ مِّثۡلُنَا تُرِيدُونَ أَن تَصُدُّونَا عَمَّا كَانَ يَعۡبُدُ ءَابَآؤُنَا فَأۡتُونَا بِسُلۡطَٰنࣲ مُّبِينࣲ‏

Hulle boodskappers het geantwoord: Bestaan daar twyfel oor Allah, die Skepper van die hemele en die aarde? Hy roep julle sodat Hy julle sonde kan vergewe en aan julle uitstel kan verleen vir ’n vasgestelde tyd. Hulle het gesê: Julle is slegs sterflinge soos ons; julle wil ons verwyderd maak van wat ons vaders aanbid het. Bring vir ons daarom ’n duidelike bewys

Ayah 10

قَالَتۡ لَهُمۡ رُسُلُهُمۡ إِن نَّحۡنُ إِلَّا بَشَرࣱ مِّثۡلُكُمۡ وَلَٰكِنَّ ٱللَّهَ يَمُنُّ عَلَىٰ مَن يَشَآءُ مِنۡ عِبَادِهِۦۖ وَمَا كَانَ لَنَآ أَن نَّأۡتِيَكُم بِسُلۡطَٰنٍ إِلَّا بِإِذۡنِ ٱللَّهِۚ وَعَلَى ٱللَّهِ فَلۡيَتَوَكَّلِ ٱلۡمُؤۡمِنُونَ

Hulle boodskappers het aan hulle gesê: Ons is inderdaad sterflinge soos julle, maar Allah bewys gunste aan wie Hy wil van Sy dienaars. En dit kom ons nie toe om aan julle gesagheb- bende tekens te toon nie, behalwe as Allah dit beveel. En op Allah moet die gelowiges vertrou

Ayah 11

وَمَا لَنَآ أَلَّا نَتَوَكَّلَ عَلَى ٱللَّهِ وَقَدۡ هَدَىٰنَا سُبُلَنَاۚ وَلَنَصۡبِرَنَّ عَلَىٰ مَآ ءَاذَيۡتُمُونَاۚ وَعَلَى ٱللَّهِ فَلۡيَتَوَكَّلِ ٱلۡمُتَوَكِّلُونَ

En waarom sou ons nie op Allah vertrou wanneer Hy ons waarlik na die regte weg gelei het nie? En waarlik, ons sal sekerlik al die kwaad wat julle ons aandoen, met geduld dra. En laat diegene wat wil vertrou, hulle vertroue in Allah stel

Ayah 12

وَقَالَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لِرُسُلِهِمۡ لَنُخۡرِجَنَّكُم مِّنۡ أَرۡضِنَآ أَوۡ لَتَعُودُنَّ فِي مِلَّتِنَاۖ فَأَوۡحَىٰٓ إِلَيۡهِمۡ رَبُّهُمۡ لَنُهۡلِكَنَّ ٱلظَّٰلِمِينَ

En die ongelowiges het aan die boodskappers gesê: Ons sal julle waarlik uit die land verdryf, tensy julle na ons godsdiens terug keer. Toe het hulle Heer aan hul geopenbaar: Voorwaar, Ons sal die kwaaddoeners vernietig

Ayah 13

وَلَنُسۡكِنَنَّكُمُ ٱلۡأَرۡضَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡۚ ذَٰلِكَ لِمَنۡ خَافَ مَقَامِي وَخَافَ وَعِيدِ

en Ons sal julle ná hulle in die land vestig. Dít is bestem vir hom wat vrees as hy in My teenwoordigheid staan, en wat My dreigemente vrees

Ayah 14

وَٱسۡتَفۡتَحُواْ وَخَابَ كُلُّ جَبَّارٍ عَنِيدࣲ‏

En hulle het om ’n oordeel gevra, en elke hoogmoedige teenstander was teleurgestel

Ayah 15

مِّن وَرَآئِهِۦ جَهَنَّمُ وَيُسۡقَىٰ مِن مَّآءࣲ صَدِيدࣲ‏

Die Hel is voor hom, en kokende water word hom gegee om te drink

Ayah 16

يَتَجَرَّعُهُۥ وَلَا يَكَادُ يُسِيغُهُۥ وَيَأۡتِيهِ ٱلۡمَوۡتُ مِن كُلِّ مَكَانࣲ وَمَا هُوَ بِمَيِّتࣲۖ وَمِن وَرَآئِهِۦ عَذَابٌ غَلِيظࣱ‏

Hy drink dit bietjie vir bietjie, en sal dit skaars kan sluk; en die dood sal van alle kante na hom toe aankom, en tog sal hy nie sterf nie. En voor hom is ’n verskriklike straf

Ayah 17

مَّثَلُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ بِرَبِّهِمۡۖ أَعۡمَٰلُهُمۡ كَرَمَادٍ ٱشۡتَدَّتۡ بِهِ ٱلرِّيحُ فِي يَوۡمٍ عَاصِفࣲۖ لَّا يَقۡدِرُونَ مِمَّا كَسَبُواْ عَلَىٰ شَيۡءࣲۚ ذَٰلِكَ هُوَ ٱلضَّلَٰلُ ٱلۡبَعِيدُ

Die werke van die ongelowiges is soos as, waaroor die wind op ’n stormagtige dag waai. Hulle sal hul verdienste nie kan vasstel nie. Dit is ’n groot dwaling

Ayah 18

أَلَمۡ تَرَ أَنَّ ٱللَّهَ خَلَقَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ بِٱلۡحَقِّۚ إِن يَشَأۡ يُذۡهِبۡكُمۡ وَيَأۡتِ بِخَلۡقࣲ جَدِيدࣲ‏

Sien u dan nie dat Allah die hemele en die aarde in waarheid geskape het nie? As dit Sy wil is, sal Hy julle wegneem en ’n nuwe skepping voortbring

Ayah 19

وَمَا ذَٰلِكَ عَلَى ٱللَّهِ بِعَزِيزࣲ‏

En vir Allah is dit nie moeilik nie

Ayah 20

وَبَرَزُواْ لِلَّهِ جَمِيعࣰ ا فَقَالَ ٱلضُّعَفَٰٓؤُاْ لِلَّذِينَ ٱسۡتَكۡبَرُوٓاْ إِنَّا كُنَّا لَكُمۡ تَبَعࣰ ا فَهَلۡ أَنتُم مُّغۡنُونَ عَنَّا مِنۡ عَذَابِ ٱللَّهِ مِن شَيۡءࣲۚ قَالُواْ لَوۡ هَدَىٰنَا ٱللَّهُ لَهَدَيۡنَٰكُمۡۖ سَوَآءٌ عَلَيۡنَآ أَجَزِعۡنَآ أَمۡ صَبَرۡنَا مَا لَنَا مِن مَّحِيصࣲ‏

Hulle sal almal voor Allah verskyn, dan sal die swakke aan die hoogmoedige sê: Ons was waarlik julle volgelinge; kan julle nie ’n deel van Allah se straf van ons afweer nie? Hulle sal sê: As Allah óns gelei het, sou ons sekerlik vir júlle gelei het. Dit maak nie saak of ons huil of geduldig is nie, want daar is vir ons geen toevlug nie

Ayah 21

وَقَالَ ٱلشَّيۡطَٰنُ لَمَّا قُضِيَ ٱلۡأَمۡرُ إِنَّ ٱللَّهَ وَعَدَكُمۡ وَعۡدَ ٱلۡحَقِّ وَوَعَدتُّكُمۡ فَأَخۡلَفۡتُكُمۡۖ وَمَا كَانَ لِيَ عَلَيۡكُم مِّن سُلۡطَٰنٍ إِلَّآ أَن دَعَوۡتُكُمۡ فَٱسۡتَجَبۡتُمۡ لِيۖ فَلَا تَلُومُونِي وَلُومُوٓاْ أَنفُسَكُمۖ مَّآ أَنَا۠ بِمُصۡرِخِكُمۡ وَمَآ أَنتُم بِمُصۡرِخِيَّ إِنِّي كَفَرۡتُ بِمَآ أَشۡرَكۡتُمُونِ مِن قَبۡلُۗ إِنَّ ٱلظَّٰلِمِينَ لَهُمۡ عَذَابٌ أَلِيمࣱ‏

En wanneer die saak beslis is, sal die duiwel sê: Waarlik Allah het Sy belofte aan julle gestand gedoen, maar ek het belowe en julle toe in die steek gelaat. En ek het geen gesag oor julle nie, behalwe dat ek julle geroep en julle my gehoorsaam het. Verwyt my daarom nie, maar beskuldig julself. Ek kan julle nie bystaan nie, nóg kan julle mý bystaan. Ek ontken dat julle my voorheen met Allah vereenselwig het. Voorwaar, daar sal vir die onregverdiges ’n smartlike straf wees

Ayah 22

وَأُدۡخِلَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ جَنَّٰتࣲ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ خَٰلِدِينَ فِيهَا بِإِذۡنِ رَبِّهِمۡۖ تَحِيَّتُهُمۡ فِيهَا سَلَٰمٌ

En hulle wat glo en goeie dade doen, sal toegelaat word in Tuine waardeur riviere stroom, en daarin sal hulle bly deur die bevel van hul Heer. Hulle groet daarin sal wees: Vrede

Ayah 23

أَلَمۡ تَرَ كَيۡفَ ضَرَبَ ٱللَّهُ مَثَلࣰ ا كَلِمَةࣰ طَيِّبَةࣰ كَشَجَرَةࣲ طَيِّبَةٍ أَصۡلُهَا ثَابِتࣱ وَفَرۡعُهَا فِي ٱلسَّمَآءِ

Merk julle dan nie hoe Allah ’n goeie woord vergelyk met ’n boom waarvan die wortels diep en die takke hoog is nie

Ayah 24

تُؤۡتِيٓ أُكُلَهَا كُلَّ حِينِۭ بِإِذۡنِ رَبِّهَاۗ وَيَضۡرِبُ ٱللَّهُ ٱلۡأَمۡثَالَ لِلنَّاسِ لَعَلَّهُمۡ يَتَذَكَّرُونَ

Dit bring in elke jaargety vrugte voort volgens die bevel van sy Heer. En Allah leer die mense deur gelykenisse, sodat hulle nadenkend kan wees

Ayah 25

وَمَثَلُ كَلِمَةٍ خَبِيثَةࣲ كَشَجَرَةٍ خَبِيثَةٍ ٱجۡتُثَّتۡ مِن فَوۡقِ ٱلۡأَرۡضِ مَا لَهَا مِن قَرَارࣲ‏

En ’n slegte woord is soos ’n boom wat uit die grond geruk is omdat dit geen standvastigheid gehad het nie

Ayah 26

يُثَبِّتُ ٱللَّهُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ بِٱلۡقَوۡلِ ٱلثَّابِتِ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَفِي ٱلۡأٓخِرَةِۖ وَيُضِلُّ ٱللَّهُ ٱلظَّٰلِمِينَۚ وَيَفۡعَلُ ٱللَّهُ مَا يَشَآءُ

Allah versterk die gelowiges met die vestigende woord in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en Allah laat die kwaaddoeners dwaal; en Allah doen wat Hy wil

Ayah 27

۞أَلَمۡ تَرَ إِلَى ٱلَّذِينَ بَدَّلُواْ نِعۡمَتَ ٱللَّهِ كُفۡرࣰ ا وَأَحَلُّواْ قَوۡمَهُمۡ دَارَ ٱلۡبَوَارِ

Sien u nie hoe hulle die guns van Allah vir ongeloof verruil en hul volk in die huis van verderf inlei nie

Ayah 28

جَهَنَّمَ يَصۡلَوۡنَهَاۖ وَبِئۡسَ ٱلۡقَرَارُ

Dit is die Hel. Daarin sal hulle brand. En dit is ’n bose rusplek

Ayah 29

وَجَعَلُواْ لِلَّهِ أَندَادࣰ ا لِّيُضِلُّواْ عَن سَبِيلِهِۦۗ قُلۡ تَمَتَّعُواْ فَإِنَّ مَصِيرَكُمۡ إِلَى ٱلنَّارِ

En hulle stel gelykes op naas Allah, om die mense van Sy weg af te lei. Sê: Vermaak julleself, want julle terugkeer is voorwaar na die Vuur

Ayah 30

قُل لِّعِبَادِيَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ يُقِيمُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَيُنفِقُواْ مِمَّا رَزَقۡنَٰهُمۡ سِرࣰّ ا وَعَلَانِيَةࣰ مِّن قَبۡلِ أَن يَأۡتِيَ يَوۡمࣱ لَّا بَيۡعࣱ فِيهِ وَلَا خِلَٰلٌ

Sê aan My dienaars wat daaraan glo, om die gebed te onderhou en om van dít waarmee ons hulle voorsien het, heimlik en openlik te bestee voordat daar ’n Dag kom wanneer daar nóg handel nóg vriendskap sal wees

Ayah 31

ٱللَّهُ ٱلَّذِي خَلَقَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ وَأَنزَلَ مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءࣰ فَأَخۡرَجَ بِهِۦ مِنَ ٱلثَّمَرَٰتِ رِزۡقࣰ ا لَّكُمۡۖ وَسَخَّرَ لَكُمُ ٱلۡفُلۡكَ لِتَجۡرِيَ فِي ٱلۡبَحۡرِ بِأَمۡرِهِۦۖ وَسَخَّرَ لَكُمُ ٱلۡأَنۡهَٰرَ

Dit is Allah wat die hemele en die aarde geskape het, en water uit die wolke neerstuur, en daarmee vrugte vir julle onderhoud voortbring; en Hy het die skepe vir julle dienstig gemaak sodat hulle oor die see kan vaar deur Sy gebod, en Hy het ook die riviere in julle diens gestel

Ayah 32

وَسَخَّرَ لَكُمُ ٱلشَّمۡسَ وَٱلۡقَمَرَ دَآئِبَيۡنِۖ وَسَخَّرَ لَكُمُ ٱلَّيۡلَ وَٱلنَّهَارَ

En Hy het die son en die maan vir julle dienstig gemaak; beide lê hulle omwentelings ywerig af; en Hy het die nag en die dag vir julle dienstig gemaak

Ayah 33

وَءَاتَىٰكُم مِّن كُلِّ مَا سَأَلۡتُمُوهُۚ وَإِن تَعُدُّواْ نِعۡمَتَ ٱللَّهِ لَا تُحۡصُوهَآۗ إِنَّ ٱلۡإِنسَٰنَ لَظَلُومࣱ كَفَّارࣱ‏

En Hy gee julle alles wat julle Hom vra. En as julle die gunste van Allah tel, sal julle dit nie kan klaar tel nie. Voorwaar, die mens is baie onregverdig, baie ondankbaar

Ayah 34

وَإِذۡ قَالَ إِبۡرَٰهِيمُ رَبِّ ٱجۡعَلۡ هَٰذَا ٱلۡبَلَدَ ءَامِنࣰ ا وَٱجۡنُبۡنِي وَبَنِيَّ أَن نَّعۡبُدَ ٱلۡأَصۡنَامَ

En toe Abraham gesê het: My Heer! Maak hierdie stad veilig, en weerhou my en my seuns van die aanbidding van afgode

Ayah 35

رَبِّ إِنَّهُنَّ أَضۡلَلۡنَ كَثِيرࣰ ا مِّنَ ٱلنَّاسِۖ فَمَن تَبِعَنِي فَإِنَّهُۥ مِنِّيۖ وَمَنۡ عَصَانِي فَإِنَّكَ غَفُورࣱ رَّحِيمࣱ‏

My Heer! Hulle het waarlik baie mense op ’n dwaalspoor gebring. Wie mý daarom ook volg, hy is stellig ván my; en wie my nie gehoorsaam nie, dan is U voorwaar Vergewensgesind, Genadevol

Ayah 36

رَّبَّنَآ إِنِّيٓ أَسۡكَنتُ مِن ذُرِّيَّتِي بِوَادٍ غَيۡرِ ذِي زَرۡعٍ عِندَ بَيۡتِكَ ٱلۡمُحَرَّمِ رَبَّنَا لِيُقِيمُواْ ٱلصَّلَوٰةَ فَٱجۡعَلۡ أَفۡـِٔدَةࣰ مِّنَ ٱلنَّاسِ تَهۡوِيٓ إِلَيۡهِمۡ وَٱرۡزُقۡهُم مِّنَ ٱلثَّمَرَٰتِ لَعَلَّهُمۡ يَشۡكُرُونَ

Ons Heer! Ek het ’n deel van my nageslag in ’n onvrugbare dal digby U Heilige Huis gevestig, sodat hulle die gebed kan onderhou; laat die harte van sommige mense gunstig teenoor hulle gestem wees, en voorsien hulle van vrugte sodat hulle dankbaar kan wees

Ayah 37

رَبَّنَآ إِنَّكَ تَعۡلَمُ مَا نُخۡفِي وَمَا نُعۡلِنُۗ وَمَا يَخۡفَىٰ عَلَى ٱللَّهِ مِن شَيۡءࣲ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَا فِي ٱلسَّمَآءِ

Ons Heer! U weet voorwaar wat ons verberg en wat ons openbaar maak. En niks op die aarde of in die hemel is vir Allah verborge nie

Ayah 38

ٱلۡحَمۡدُ لِلَّهِ ٱلَّذِي وَهَبَ لِي عَلَى ٱلۡكِبَرِ إِسۡمَٰعِيلَ وَإِسۡحَٰقَۚ إِنَّ رَبِّي لَسَمِيعُ ٱلدُّعَآءِ

Alle lof kom Allah toe, wat in weerwil van my ouderdom Ismael en Isak aan my geskenk het! Voorwaar, my Heer is die Hoorder van die Gebed

Ayah 39

رَبِّ ٱجۡعَلۡنِي مُقِيمَ ٱلصَّلَوٰةِ وَمِن ذُرِّيَّتِيۚ رَبَّنَا وَتَقَبَّلۡ دُعَآءِ

My Heer! Maak my en my nageslag onderhouers van die gebed. Ons Heer! Aanvaar ook mý gebed

Ayah 40

رَبَّنَا ٱغۡفِرۡ لِي وَلِوَٰلِدَيَّ وَلِلۡمُؤۡمِنِينَ يَوۡمَ يَقُومُ ٱلۡحِسَابُ

Ons Heer! Vergewe my en my ouers en die gelowiges, op die Dag wanneer die afrekening sal plaasvind

Ayah 41

وَلَا تَحۡسَبَنَّ ٱللَّهَ غَٰفِلًا عَمَّا يَعۡمَلُ ٱلظَّٰلِمُونَۚ إِنَّمَا يُؤَخِّرُهُمۡ لِيَوۡمࣲ تَشۡخَصُ فِيهِ ٱلۡأَبۡصَٰرُ

En dink nie dat Allah geen ag slaan op wat die kwaadstokers doen nie. Hy verleen hulle slegs uitstel tot die Dag wanneer hulle in afgryse sal staar

Ayah 42

مُهۡطِعِينَ مُقۡنِعِي رُءُوسِهِمۡ لَا يَرۡتَدُّ إِلَيۡهِمۡ طَرۡفُهُمۡۖ وَأَفۡـِٔدَتُهُمۡ هَوَآءࣱ‏

en voorthaas met opgehefte hoofde, terwyl hulle hul blik nie kan wegkeer nie, en hulle harte leeg sal wees

Ayah 43

وَأَنذِرِ ٱلنَّاسَ يَوۡمَ يَأۡتِيهِمُ ٱلۡعَذَابُ فَيَقُولُ ٱلَّذِينَ ظَلَمُواْ رَبَّنَآ أَخِّرۡنَآ إِلَىٰٓ أَجَلࣲ قَرِيبࣲ نُّجِبۡ دَعۡوَتَكَ وَنَتَّبِعِ ٱلرُّسُلَۗ أَوَلَمۡ تَكُونُوٓاْ أَقۡسَمۡتُم مِّن قَبۡلُ مَا لَكُم مِّن زَوَالࣲ‏

En waarsku die mense teen ’n Dag wanneer die straf oor hulle sal kom; dan sal die kwaaddoeners sê: Ons Heer! Verleen ons uitstel vir ’n klein rukkie. Ons sal U roep beantwoord en die boodskappers volg. Het julle nie voorheen gesweer dat daar vir julle geen heengaan sal wees nie

Ayah 44

وَسَكَنتُمۡ فِي مَسَٰكِنِ ٱلَّذِينَ ظَلَمُوٓاْ أَنفُسَهُمۡ وَتَبَيَّنَ لَكُمۡ كَيۡفَ فَعَلۡنَا بِهِمۡ وَضَرَبۡنَا لَكُمُ ٱلۡأَمۡثَالَ

En julle woon tans in die huise van diegene wat hulself onreg aangedoen het, en dit is vir julle duidelik hoe Ons met hulle gehandel het en hoe Ons van hulle ’n voorbeeld gemaak het

Ayah 45

وَقَدۡ مَكَرُواْ مَكۡرَهُمۡ وَعِندَ ٱللَّهِ مَكۡرُهُمۡ وَإِن كَانَ مَكۡرُهُمۡ لِتَزُولَ مِنۡهُ ٱلۡجِبَالُ

En hulle het reeds hul planne beraam, maar hulle planne is vir Allah bekend, al was hulle planne ook so dat berge daardeur versit kon word

Ayah 46

فَلَا تَحۡسَبَنَّ ٱللَّهَ مُخۡلِفَ وَعۡدِهِۦ رُسُلَهُۥٓۚ إِنَّ ٱللَّهَ عَزِيزࣱ ذُو ٱنتِقَامࣲ‏

Moenie dink dat Allah Sy beloftes aan Sy boodskappers nie gestand sal doen nie. Allah is voorwaar Almagtig, die Heer van Vergelding

Ayah 47

يَوۡمَ تُبَدَّلُ ٱلۡأَرۡضُ غَيۡرَ ٱلۡأَرۡضِ وَٱلسَّمَٰوَٰتُۖ وَبَرَزُواْ لِلَّهِ ٱلۡوَٰحِدِ ٱلۡقَهَّارِ

Op die Dag wanneer die aarde deur ’n ander aarde vervang sal word, en so ook die hemel; en hulle sal voortkom na Allah, die Een, die Verhewene

Ayah 48

وَتَرَى ٱلۡمُجۡرِمِينَ يَوۡمَئِذࣲ مُّقَرَّنِينَ فِي ٱلۡأَصۡفَادِ

en u sal die misdadigers op daardie Dag in kettings gebind vind

Ayah 49

سَرَابِيلُهُم مِّن قَطِرَانࣲ وَتَغۡشَىٰ وُجُوهَهُمُ ٱلنَّارُ

hulle hemde sal van pik gemaak wees, en hulle gesigte sal met vuur omhul word

Ayah 50

لِيَجۡزِيَ ٱللَّهُ كُلَّ نَفۡسࣲ مَّا كَسَبَتۡۚ إِنَّ ٱللَّهَ سَرِيعُ ٱلۡحِسَابِ

sodat Allah elke siel kan vergeld vir wat hy gedoen het. Voor- waar, Allah is vlug in die vereffening

Ayah 51

هَٰذَا بَلَٰغࣱ لِّلنَّاسِ وَلِيُنذَرُواْ بِهِۦ وَلِيَعۡلَمُوٓاْ أَنَّمَا هُوَ إِلَٰهࣱ وَٰحِدࣱ وَلِيَذَّكَّرَ أُوْلُواْ ٱلۡأَلۡبَٰبِ

Dit is ’n boodskap aan die mense, sodat hulle daardeur gewaarsku kan word en dat hulle kan weet dat Hy Een God is, en sodat mense van begrip kennis kan neem

Ayah 52